O8vnkwjqfswbycbziqqu

Koop AL 6 oolfant se kursusse

Spesiale "BLACK FRIDAY" aanbod

Spesiale aanbod vir "Black Friday"

Koop AL oolfant se kursusse en spaar bykans R1500.


Hoe gaan die suksesvolles van 2030 lyk? Hoe maak ek seker my kind is een van hulle?

Die mense wat oor 10 jaar gaan uitstyg gaan hulle wees wat weet hoe om hulleself te leer.

Berei jou kinders voor vir hierdie toekoms deur hulle te tuisskool.


Oolfant se aanlyn kursusse help jou om self ʼn lewenslange leerder te word, sodat jy jou kinders met gemak en sukses in lewenslange leerders kan omskep. So stuur jy hulle met die geweldige voorsprong dat hulle hulself enigiets kan leer die wêreld in. En verseker jy hulle word van suksesvolles van 2030.


Hierdie “Black Friday” aanbod geld net tot middernag van 30 November 2019.


 

Spesiale aanbod is net geldig

tot middernag van 30 November 2019

Totale waarde van die pakket

(saam met die Genot van gedigte) = R 4497


Spaar amper R1500 as jy alles gelyktydig koop

 

Kursusse wat ingesluit is:

Totale waarde: R4497

 


Ek glo tuisskool moet lekkerder en makliker as skool wees.


Maar ek glo ook tuisskool moet beter resultate as skool oplewer. Sommer baie beter.


Omdat ek veral glo tuisskooltaalwerk moet lekkerder en makliker as die skool sʼn wees (maar ook meer effektief) het ek ʼn kursus ontwikkel wat jou as tuisskoolma hiermee help.


15-Minuut-Afrikaans


Dis ’n e-kursus uit die boonste rakke.


“En is 15-Minuut-Afrikaans nie prettig nie! My 10-jarige tweelingseuns, wat altyd wou huil oor taalleerwerkboeke, is nou elke dag baie gretig vir 15-Minuut-Afrikaans. Steeds 'n fees ook na 14 weke!” – Veronica Esterhuyse

“Ons het in Februarie (2018) met 15-Minuut-Afrikaans begin. Ek was op soek na iets wat vir my tienjarige dogter lekker sal wees, haar taalvaardighede sal verbreed en waaraan sy onafhanklik kan werk (Ek het ook 'n 7-jarige en as fisioterapeut werk ek ook 'n paar uur 'n week van die huis af.) Sy sit nou op die oomblik en werk en ek kon nie anders as om 'n dankie boodskap te tik nie, 15-Minuut-Afrikaans is perfek vir haar en sy is MAL daaroor.” – Ilse Viljoen


“15-Minuut-Afrikaans het so wonderlik vir ons gewerk. Dit was klein, kort stukkies om oor te skryf. My seun was teen die einde ook baie trots op die “boek” wat hy geskryf het en dit oor ’n storie wat hy so goed ken en deel van sy versameling bedtyd-stories is waarna hy altyd luister. Daarby is sy herkenning van woordsoorte ongelooflik.

“Glo my, ek beveel 15-Minuut-Afrikaans wyd en syd aan omdat die konsep daarvan vir my so goed werk – dit is kort en kragtig maar daar is ’n daaglikse inoefening van die woordsoorte wat meebring dat die konsepinligting vasgelê word.

“Ek is so bly dat ek die oolfant kursusse ontdek het, want dit is prakties, “hands-on” en effektief.” – Heidi Lamprecht

 


Sinne wat sing is ʼn aanlyn skryfkursus wat uitstekend werk omdat dit

✔️ Die ingewikkelde taak hoe om behoorlik te skryf, stap vir stap vir jou kinders afbreek

✔️ Hulle leer om enige skryftaak met selfvertroue aan te pak, want hulle weet waar om te begin en hoe om aan hulle werk te skaaf

✔️ Kinders wat klaar lief is vir skryf se natuurlike aanvoeling onder hulle bewustelike beheer bring, sodat hulle regtig verstaan wat hulle skryfwerk so goed maak en dit dan kan herhaal

✔️ Vir die kinders wat nie van skryf hou nie so baie wegspringplekke bied wat veroorsaak dat skryfwerk nie meer so moeilik voel nie


“Hierdie kursus het vir my kinders ʼn boksie oopgesluit. Ek is so beïndruk met hulle vordering” sê tuisskoolma, Lidette Nieuwoudt.

Sy gebruik hierdie kursus met drie van haar kinders om hulle voor te berei om die Cambridge eksamens te kan skryf.

 


Kom ons skryf ’n opstel

is vir jou bedoel

as jou kind laat-laerskool- of vroeg-hoërskoolouderdom is

en julle begin dink hoe julle matriek gaan aanpak,

WANT ...

hierdie kursus bied

uitstekende voorbereiding

vir Cambridge, die GED of enige ander formele eksamen of onderwys.


“Ek is so dankbaar vir al Marisa se moeite om hierdie kursusse vir ons aan te bied. Op skool het ek baie goed in Wiskunde en Wetenskap gedoen, maar tale was vir my ’n nagmerrie! Elke oomblik van taalonderrig was vir my absolute straf.

“Natuurlik het die vrees vir tale weer by my begin spook toe ek my seun begin tuisskool. Ek het verskeie ‘taalkursusse’ aangekoop – maar ek het my negatiwiteit oor Afrikaanse taalleer op my kind oorgedra.

“En toe ontdek ek Marisa se kursusse. Sy het dit só geskryf dat tot ek dit kan doen! Danksy Marisa skryf my seun op 13 jaar beter in Afrikaans as wat ek in matriek geskryf het!

“Elke keer as ek Marisa se kursusse doen, is ek van voor af vies dat in my skooldae geen onderwyser die moeite gedoen het om ons te leer HOE om opstelle te skryf nie. Noudat ek leer hoe om dit te doen, kom ek agter dis glad nie so moeilik nie.

“Ek en my seun geniet dit nou baie om saam te leer Afrikaans skryf.

— Melanie van Staden

 


Deur self te leer is die manier waarop die suksesvolste mense in die toekoms sal leer.


En tuisonderrig is die beste manier om jou kinders voor te berei op hierdie toekoms deur hulle die ingesteldheid van 'n lewenslange leerder te gee.


Die aanlyn kursus 21 dae na sukses as tuisskoolma omskep jou in een van daardie selfgedrewe mense deur jou alles te leer wat jy moet weet om wonderlike welslae met tuisonderwys te behaal.


Doen hierdie volledige Afrikaanse kursus teen jou eie tempo. En eindig met soveel die gemoedsrus dat jy presies weet hoe om tuisonderwys suksesvol aan te pak.


“Ek kan net nie beskryf hoeveel rustiger en tevrede ek voel oor die keuse dat ek my kinders gaan tuisonderrig nie nadat ek hierdie kursus gisteraand begin het nie ... en net nie kon ophou nie. Beslis die moeite werd!” - Nadia Coetzer

“Baie dankie vir die werk wat my kinders moet weet. Dankie dat ek kan weet dit is genoeg. Vir die rustigheid van hart. Dankie vir jou bystand en die ekstra webinare. Baie dankie dat my kinders relevante werk doen.” - Hester Ackerman

“21 Dae na sukses as tuisskoolma is 'n lewensveranderende hulpbron op jou voorstoep” – Heleen Venter

 

Ook ingesluit:

Die genot van gedigte

3 oulike videolesse oor 3 Afrikaanse gedigte.


 

Ook ingesluit:



’n Kort aanlyn kursus wat jou gaan wys hoe om

jou eie, indiwiduele spelprogram op te stel

en vir eens en vir altyd die spelmonster te oorwin.



Spel sonder sukkel bestaan uit 10 kort videolesse waar 6 prosesse en 4 stappe behandel word om jou kinders effektief en sonder drama te leer spel.

Vind byvoorbeeld uit:

• Wat die 22 klanke is wat jy in Afrikaans moet ken

• Wat die 600 basiese woorde is wat mens in enige taal moet ken

• Wat is die 10 belangrikste spelreëls in Afrikaans waar die meeste foute voorkom

• Van ’n gratis en effektiewe manier om elektroniese flitskaarte te maak

• Hoe en hoekom jy prentjies moet gebruik

• Waarom die klank van die taal so belangrik is en hoe jy dit moet gebruik

’n Wonderlike werkboek is ook vir jou beskikbaar waarin jy stap vir stap jou eie spelprogram kan begin saamstel.

Ook ingesluit: die eerste 22 sinne, prentjies en klankopnames om jou te help om so vinnig as moontlik aan die gang te kom met jou eie spelprogram.

Jou instruktrise


Marisa Haasbroek
Marisa Haasbroek

Wie is ek om al hierdie dinge vir jou te vertel?

My naam is Marisa Haasbroek. Ek het twee kinders, Johannes (22) en Annamaria (20). Hulle was nooit een dag op skool nie. Alles wat hulle weet, alles wat hulle kan doen, het hulle hulself geleer. Onder my wakende oog natuurlik.

Ek is nou regtig wat mens ’n veteraantuisskoolma kan noem. Deur al die selftwyfel, deur al die gewroeg. Maar ook uiteindelik deur die verligting: tuisonderwys kan werk. Jou kinders kan baie suksesvol wees as jy hulle tuisskool. (Agterna het jy boonop kinders wat van jou hou en jy van hulle.)

Deesdae bly ons as gevolg van my man, Andries se werk in Amerika. Maar ons verlang nog steeds elke liewe dag met stukkende harte na biltong, braaivleis en blatjang. En om Afrikaans oral om jou te hoor. Veral dit.

Johannes is tans op kollege, soos hulle hier in Amerika sê, want hy wil ingenieur word. En Annamaria kry opleiding as animeerder, want sy wil tekenprente maak.

As ek nie cappuccino drink nie, in die wonderlike Smithsonian kunsmuseum in Washington DC rondhang nie of saam met Annamaria en haar nuwe hondjie Hansie (hy is ’n worshondjie en ons eie hansworsie) gaan stap nie, skryf ek graag.

Een van my grootste skryfsuksesse was toe ek in 2016 die ATKVeertjie verower het vir my jeugverhaal Iewers vlieg daar fairy dust.

Lees my gewildste kortverhaal ooit, hier.


As jy nog steeds wik en weeg of jy dit moet waag om te spring vir hierdie ongelooflike


"Black Friday" aanbod


onthou jy word gedek deur ’n spesiale:




Ek wil dit vir jou maklik en lekker maak om self 'n leerder te word

sodat jy jou kinders kan leer om lewenslange leerders te wees

en hulle met DIE GROOTSTE voorsprong van ons tyd die wêreld kan instuur.


Maar as jy binne 30 dae wat jy

hierdie 6 kursusse

gebruik het, nie tevrede is met jou aankoop nie, stuur jy vir my ’n e-pos en ek betaal jou geld vir jou terug.

Sonder dat enige vrae gevra word.

Dis hoeveel vertroue ek het dat hierdie bundel kursusse het.

Begin dadelik!