Pfionmlsthyzy6rgolfy

SKRYF! + Bonusse

Leer hoe om skitterend te skryf. Stap vir stap. Van sin tot opstel.

   Kyk na die video


Groot vraag aan tuisskolers wat bekommerd is dat hulle kinders nie goed genoeg kan skryf nie:


Wat is die enigste verskil tussen tuisskolers wat ʼn skoolverlatingseksamen,

soos Cambridge of die GED,

se opstelle met selfvertroue kan aanpak

(selfs al daag hulle laat op omdat daar ʼn betoging was op pad na die eksamenlokaal)

en benoude, angstige tuisskolers

wat nie ʼn benul het wáár om met ʼn opstel te begin nie?

 

As jy raai dis omdat hulle slimmer is, raai jy verkeerd.


As jy raai dis omdat hulle beter taalaanleg het, raai jy verkeerd.


As jy raai dis omdat hulle duur tutors gebruik het, raai jy steeds verkeerd.



Al hierdie dinge kan natuurlik ’n rol speel in hoe goed ’n kind kan skryf ...

maar dis net deel van die antwoord.


As jou kind nie vroeg-vroeg bedrewe raak om sy of haar gedagtes vlot te kan uitdruk
met goeie struktuur en uitstekende styl nie,
gaan natuurlike talent en duur tutors min help.

Johannes en die opstel

(en hoekom ek nou nog koue rillings kry as ek net aan daardie dag dink)

Augustus 2017 moes my seun Johannes op ʼn Saterdagoggend ʼn opstel skryf in ʼn aanlynkursus oor Engelse Letterkunde. Hy was glad nie mal oor dié kursus nie, maar hy moes dit deurkom om eendag ʼn graad te kan kry.

Die Saterdagoggend se onvoorbereide opstel was noodsaaklik om die kursus te slaag. Hy het die vorige aand nog by sy profiel ingegaan en seker gemaak hy weet presies wat om die volgende oggend te verwag.

En net daar, in sy oorgretigheid om goed voorberei te wees, doen hy iets verkeerd. Ons vermoed hy het die eksamen per ongeluk geaktiveer en onwetend die aftelling laat begin ...

Die volgende oggend toe hy sy profiel oopmaak, reg vir aksie, sou hy sien die tyd om dié noodsaaklike eksamen te skryf, het verstryk. Dit het gelyk of al sy harde werk van die afgelope maand en half tevergeefs was.

Toe moes jy ons sien skarrel

My man het kop gehou en voorgestel Johannes skryf vir die dosent ʼn e-pos en vra ʼn tweede kans. Tot dusver het Johannes sy werkstukke getrou en betyds ingedien en miskien, net miskien, sou die dosent hom genadig wees. Hy sou dalk punte verloor, maar sou tog die eksamen kon skryf.

Johannes het die e-pos geskryf en ons het gebid en gehoop en gesweet. ʼn Uur later het die dosent laat weet die eksamen is weer beskikbaar. Ons was verlig, maar die hele insident het Johannes se fokus en selfvertroue geknou.

Hy het net ʼn uur gehad om ʼn sinvolle opstel van 500 woorde te skryf oor die moeilike boek The Road. Ek kon sien my kind was ʼn senuweewrak.

Soveel was daardie oomblik vir my as ma op die spel

Ek het naels gekou terwyl ek gewonder het of hy, nogal in sy tweede taal en na al die drama, ʼn opstel suksesvol sou kon skryf?

Dit het oor meer gegaan as om net hierdie kursus deur te kom. Ek weet immers hoe belangrik skryf is. Ek weet dat as my kind sy gedagtes en idees goed kan uitdruk, dit deure vir hom oopmaak en meer kanse bied om invloed op ander mense te hê.

So baie vrese en verwagtings was vir my opgesluit in daardie enkele uur van opstelskryf.

 

Na al die oneindige geduld waarmee ek hom klank vir klank, letter vir letter leer lees het, na die duisende boeke wat ek deur die jare vir hom voorgelees het tot my keel hees was, na al die tyd en trane wat ek belê het toe gekies het om ʼn tuisskoler te wees, het ek nie hierdie een soete oomblik van sukses verdien nie?


Ek het verdien om te weet tuisonderrig was die regte keuse omdat dit van my kind ʼn volronde, goedontwikkelde jong volwassene gemaak het wat krisisse soos hierdie kon hanteer.


Ek het sekerlik verdien om ʼn kind te hê wat die nodige woordeskat en skryfvaardigheid het om suksesvol deur die lewe te kan kom.


En ek het verdien om te weet ek het my roeping as ma nagekom deur my kind akademiese sukses te laat smaak.

Sou ek dit kon regkry om al die kritici wat deur die jare oor en oor vir my gesê ek mors my kind se toekoms met tuisskool op hierdie oomblik op hulle neuse kon laat kyk?

Voor ek vir jou vertel wat toe daardie Saterdagoggend gebeur het ...

 

Die drie hoofredes hoekom jou kinders nog steeds elke sin met "en toe" begin en sonder sin of struktuur aan tjommel as hulle skryf (en hoe hulle nou dadelik daaruit kan ontsnap), is ...

Jy het dit gehaat om oor onderwerpe te skryf waarin jy nie belangstel nie

Toe jy hierdie hele tuisskoolding begin het, het jy jouself beloof dat al die dinge wat jy van skool gehaat het, jy jou kinders sal spaar.

Om opstelle te skryf, was een van hulle. Die wat jy die meeste verpes het, was die opstel wat jy die dag na ʼn heerlike uitstappie moes skryf. Dit was, wat jou betref, nou ʼn goeie manier om ʼn lekker ondervinding heeltemal te bederf.

Jy sal nooit van jou kinders vra om opstelle te skryf oor dinge waarin hulle nie belangstel nie, het jy jou voorgeneem. Of om nie te skryf as hulle nie lus is daarvoor nie.

En in die proses het jy jou kind daarom glad nie geleer hoe om te skryf nie.


Wat jy eintlik nodig het, is:

ʼn Metode wat dit vir jou kinders moontlik maak om juis te skryf oor dinge waarin hulle intens belangstel.


Niemand het jou ooit geleer skryf nie
(nie op ʼn sistematiese manier nie)

Jou herinnering van opstelskryf is dat die juffrou ʼn lysie van onderwerpe aflees en julle ʼn halfuur gee om dit te skryf. Gewoonlik het nie een van die drie onderwerpe jou lus gemaak om te skryf nie.

Halfhartig het jy een gekies en tien minute later besef jy gaan dit nie regkry om twee bladsye daaroor te skryf nie. En dan het jy oorhaastig ʼn ander onderwerp gekies en sin na sin te skribbel.

Nadat jy die vorige keer ʼn groot uittrap in rooi ink van die juffrou gekry het, omdat jy nie paragrawe in jou opstel gehad het nie, het jy hierdie keer darem van paragrawe onthou. Sodra dit vir jou gelyk het of die paragraaf lank genoeg was, het jy ʼn reël oorgeslaan en met ʼn nuwe paragraaf begin. Jy het maar net gehoop sy kom nie agter dat jy nie ʼn benul het hoe om paragrawe te beplan nie.

Met hierdie pynlike herinneringe aan opstelskryf, is dit iets wat jy liewer heeltemal met jou eie kinders vermy.


Wat jy (en jou kinders) eintlik nodig het, is:

ʼn Maklike struktuur wat julle kan help om ʼn opstel moeiteloos en met selfvertroue van nuuts af kan beplan voordat julle begin skryf.


Jy het nie die vaagste benul wat skryfstyl nou eintlik is nie

“Verbeter jou skryfstyl,” is nog een van die opmerkings wat die juffrou gereeld in die kantlyn van jou opstel geskryf het. As skoolkind het jy nie geweet wat op aarde sy daarmee bedoel nie.

Partykeer het sy gekla jou sinne is onvolledig. Dan was hulle weer te kort. En ander kere was hulle nou weer te lank. Wat wou sy hê, het jy moedeloos gewonder.


Wat jy (en jou kinders) eintlik nodig het, is:

ʼn Handvol styltegnieke wat julle kan nadertrek en gebruik soos wat julle dit nodig het.

 

Die goeie nuus is: dit is moontlik (en makliker as wat jy dink) om jou kinders te leer om goed te skryf en vir die res van hulle lewens al die voordele te ervaar as hulle hul goed kan uitdruk.

As jy tot hier gelees het, weet jy reeds hoe belangrik dit is om jou kinders te leer om goed te kan skryf. Ek hoef jou amper nie eens daaraan te herinner nie.


Maar miskien weet jy nie dat:

  • Om te skryf waarin hulle regtig belangstel verreweg die BESTE en vinnigste manier is waarmee jou kinders leer om goed te skryf
  • Dit moontlik is om ʼn maklike struktuur aan te leer waarmee hulle kan beplan om oor enige onderwerp te skryf
  • Daar uiters aanleerbare styltegnieke bestaan waarmee hulle maklik en vinnig meer woema aan hulle woorde en meer skop aan hulle sinne kan gee.
  • Jou kinders kan leer om enige skryfopdrag, ook al loop dinge skeef in ʼn eksamen, met selfvertroue kan aanpak


Al hierdie uitkomste is absoluut binne jou bereik, selfs al is jy self nie ʼn goeie skrywer nie,
maar dit gaan vereis dat jy van nou af ʼn sistematiese, stap-vir-stap-benadering tot skryf begin volg.

Laat ek nou vir jou vertel hoe daardie Saterdag op die ou end vir Johannes afgeloop het.

Na die rampspoedige begin, het die jarelange gebruik van ʼn skryfmodel wat ek vir hom geleer het, ingeskop. Omdat hy presies geweet waar om te begin, raak hy kalm. Hy het begin skryf. En soos wat hy geskryf het, het sy selfvertroue teruggekom.

Hy het ook geweet mens skryf eers, en redigeer later. Eers tydens redigering kyk jy na sulke dinge soos hoe jou sinne begin en of jy dalk iewers 'n vergelyking of 'n metafoor kan inwerk. Omdat hy die skryfmodel so goed geken het, het hy tyd gehad om afwerking ook in te bring.

Op die ou end het hy 80% vir sy opstel gekry.

Nie sleg vir ʼn tweedetaalspreker wat boonop op ʼn baie slegte voet afgeskop het nie.

 

Ek stel graag bekend:

 

 

’n Volledige skryfmodel wat jou kinders vir die res van hulle lewens met selfvertroue en sukses sal kan gebruik.


My inboks is vol van e-posse van ma’s wat radeloos voel as hulle dit nie regkry om hierdie enkele sleutelvaardigheid vir hulle kinders te leer nie.

Ma’s wat voel of hulle hul kinders gefaal het met tuisskool.

Maar ma’s wat weet as hulle net vir hulle kinders kan leer om goed te skryf, so baie ander dinge in plek laat val.

Vir al hierdie ma’s soos jy, verskaf my omvattende skryfkursus

ʼn model wat jou kinders stap vir stap gaan leer hoe om te skryf oor enigiets wat vir hulle interessant is, in enige situasie, al is dit hoe moeilik, en om dit boonop met flair, vernuf en gemak te doen.

Jou instruktrise


Marisa Haasbroek
Marisa Haasbroek

Wie is ek om al hierdie dinge vir jou te vertel?

My naam is Marisa Haasbroek. Ek het twee kinders, Johannes (22) en Annamaria (20). Hulle was nooit een dag op skool nie. Alles wat hulle weet, alles wat hulle kan doen, het hulle hulself geleer. Onder my wakende oog natuurlik.

Ek is nou regtig wat mens ’n veteraantuisskoolma kan noem. Deur al die selftwyfel, deur al die gewroeg. Maar ook uiteindelik deur die verligting: tuisonderwys kan werk. Jou kinders kan baie suksesvol wees as jy hulle tuisskool. (Agterna het jy boonop kinders wat van jou hou en jy van hulle.)

Deesdae bly ons as gevolg van my man, Andries se werk in Amerika. Maar ons verlang nog steeds elke liewe dag met stukkende harte na biltong, braaivleis en blatjang. En om Afrikaans oral om jou te hoor. Veral dit.

Johannes is tans op kollege, soos hulle hier in Amerika sê, want hy wil ingenieur word. En Annamaria kry opleiding as animeerder, want sy wil tekenprente maak.

As ek nie cappuccino drink nie, in die wonderlike Smithsonian kunsmuseum in Washington DC rondhang nie of saam met Annamaria en haar nuwe hondjie Hansie (hy is ’n worshondjie en ons eie hansworsie) gaan stap nie, skryf ek graag.

Een van my grootste skryfsuksesse was toe ek in 2016 die ATKVeertjie verower het vir my jeugverhaal Iewers vlieg daar fairy dust.

Lees my gewildste kortverhaal ooit, hier.


Dis waaruit die volledige kursus bestaan:


1. Jou kinders gaan leer hoe om ʼn opstel aanmekaar te sit

Hulle gaan ʼn model kry wat hulle vir altyd in staat gaan stel om enige inligting vinnig en sinvol te kan omskep in logiese leesbare paragrawe, en van daar af in ʼn samehangende opstel.

Die beste is dat dit stap vir stap aangeleer word. Bietjie vir bietjie sodat die kind nie oorweldig voel nie. Deur te leer om vooraf net ʼn bietjie beplanning te doen, kry jou kinders boonop ʼn baie beter greep op opstelskryf.

Hier is van die stappe hoe jou kind uiteindelik daarby gaan kom:

  • Kry ʼn maklik onthoubare en konkrete voorstelling van al die eienskappe wat ʼn goeie paragraaf moet hê. Dis ʼn prentjie wat kinders hulle lewe lank gaan bybly.
  • Ontwikkel as’t ware X-straal-oë waarmee jy die struktuur van ander skrywers se werk kan raaksien sodat jy vinniger kan opsom, maar ook gouer kan insien wat die skrywer probeer sê het. Hierdie vaardigheid gee jou kind ʼn voorsprong as dit by leesbegrip kom.
  • Leer van 5 oulike maniere om met meer oemf af te skop as jy skryf
  • Kry ʼn uiters bruikbare wenk hoe jy jou opstelle onmiddellik meer samehang kan gee, wat seker maak dit wat jy waarlik wou sê word oorgedra.



2. Jou kinders gaan ook ʼn hele gereedskapkissie vol styltegnieke kry

Meer as dertig stylmiddels word een vir een behandel, van vergelykings en metafore, tot die sinvolle gebruik van werkwoordpatrone en bysinne.

Deur soos Johannes die beginsel te leer dat mens eers skryf en later redigeer, word baie van die angs uit skryfwerk weggeneem. As mens nie so te werk gaan nie, raak skryf ʼn bondel take wat jy almal gelyk moet doen en dan voel dit of jy dit net nooit gaan bemeester nie.

Tydens die redigeerfase het die kind nou ʼn lysie van meer as 30 stylmiddels wat hy kan nadertrek en na hartelus kan aanwend. Jou kind gaan die styltegnieke in hierdie kursus leer deur eers nie self te skryf nie, maar deur oulike stories wat aan hom verskaf is reg te dokter met die styltegnieke.

Leer onder andere:

  • van ʼn enkele en verskriklike maklike manier om binne minute meer trefkrag aan jou skryfwerk te gee.
  • Hoe jy hierdie een styltegniek die wêreld van jou skryfwerk groter kan maak en onmiddellik impak kan gee sodat mense glo jy weet waarvan jy praat
  • Hoekom dit nodig is om soms bietjie aan te dik as jy skryf
  • Hoe om dit vir jou leser te laat voel of hy dáár, binne-in jou skryfwerk getrek word
  • Waar jou sesde sintuig in jou lyf sit en hoe jy hierdie sintuig kan gebruik as jy skryf



3. Kry ʼn model wat kinders kan gebruik om oor enigiets te skryf

Een van die groot voordele van die skryfmodel wat jou kinders gaan leer, is dat dit vir hulle algemene beginsels van skryf leer. As hulle eers eenmaal die model bemeester het, kan hulle dit gebruik waar hulle ook al wil.

Nog ʼn feit om te onthou, is dat alhoewel hulle die model in hulle moedertaal, Afrikaans, aanleer, hulle hierdie skryfvaardigheid net so kan oordra na Engels.

Hulle gaan:

  • Die tegnieke oor en oor inoefen, maar elke keer op interessante, vars stories sodat hulle nie verveeld raak nie
  • Lyste kry van moontlike onderwerpe om oor te skryf
  • Wenke kry hoe om hulle eie skryfonderwerpe te genereer, want onthou as kinders kan skryf waaroor hulle regtig belangstel, hulle die heel vinnigste en maklikste leer
  • Die model wat hulle gaan leer, werk net so goed vir toesprake
  • Reg aan die begin van die kursus ʼn blitskursussie sommer mondeling doen, wat dadelik hulle selfvertroue gaan verhoog en wys dat hulle skryf maklik kan bemeester.
 

So pas bygevoeg by SKRYF!

3 baie, baie nuttige

bykomende lesse



Hoe skryf mens ’n beskrywende opstel

vir die Cambridge IGCSE eksamen?

Hierdie bonusles word aangebied deur Truida-Mart Blignaut, 'n Afrikaanse tuisskoolma wie se kinders uitstekend met Cambridge eksamen gevaar het. Sy is ook 'n Cambridge tutor.

Die les bestaan uit ’n klankopname + volledige werkboek + voorbeeldopstel







Hoe skryf mens ’n beredeneerde opstel

vir die GED® eksamen?

Hierdie bonusles is opgestel deur Shirley Erwee. Dis volledig na Afrikaans vertaal en word aangebied deur Marisa Haasbroek.

Die les bestaan uit ’n videoles + volledige werkboek + voorbeeldopstel. Drie bykomende oefentekste is verskaf sodat die tegniek goed ingeoefen kan word.

Danksy hierdie les kan jou kind belangrike skryfvaardighede eers in sy of haar moedertaal inoefen en dit dan in Engels leer toepas.



Die kursus oor die beredeneerde opstel

is ook te koop as 'n losstaande kursus


KLIK HIER VIR MEER INLIGTING



Please click here for the English version

of this course.





Hoe merk ek my kind se werk?


’n Opstel en ’n toespraak word op ’n video nagesien en geëvalueer sodat jy ’n beter idee kan kry van die soort terugvoering wat jy vir jou kind moet gee.

Die twee lesse bestaan elk uit ’n videoles + volledige transkripsie.


 

SPESIALE AANBOD


KRY HIERDIE 2 HEERLIKE BONUSKURSUSSE GRATIS BY AS JY SKRYF! KOOP



5 Lesse: 3 oor gedigte, 2 oor 'n bekende sprokie


Hierdie kursus gee jou kind hope kanse om te oefen om te skryf.

Probeer byvoorbeeld ’n eie gedig skryf.


Waarde van hierdie bonuskursus = R299

Maar jy kan dit gratis en verniet kry


Met hierdie kursus bou jy geleidelik jou eie spelprogram op.

Kry ook gratis toegang tot hierdie oulike spelkursus en raak vir eens en vir altyd die spelmonster baas.


Waarde van hierdie bonuskursus = R299

Maar jy kan dit gratis en verniet kry




Gaan skryf sommer nou in en kry R600 se

bonuskursusse gratis by.

 

Dis wat hierdie kursus dus eintlik werd is:

SKRYF! Volledige skryfprogram = R1399
Bonusles oor Cambridge opstel = R250
Bonusles oor die GED® opstel= R250
Bonuslesse oor nagesiende werk = R250
SPEL SONDER SUKKEL = R299
STORIES EN GEDIGTE= R299

TOTALE WAARDE = R2747

MAAR JY BETAAL NET R1399


Dubbel die waarde. Helfte die prys.

“Ek is so beïndruk met my kinders se ontwikkeling”


“Ek doen jou skryfkursus met my oudste kinders. Hulle is tussen 12 (Claudia) en 15 (Nel) jaar oud. Ek sal graag so voorbarig wil wees en vir jou hul stories oor die boer en die appelboom stuur... Sommer net om bietjie te spog.

Ek is so beïndruk met hulle ontwikkeling... Hier is dit... Geniet dit.”

— Lidette Nieuwoudt



Klik hier en luister hier na Claudia se storie.


Klik hier en luister na Liané se storie.


Klik hier en luister na Nel se storie.

“Kursusse wat so geskryf is
dat selfs ek dit kan doen”

Ek is so dankbaar vir al Marisa se moeite om hierdie kursusse vir ons aan te bied. Op skool het ek baie goed in Wiskunde en Wetenskap gedoen, maar tale was vir my ’n nagmerrie! Elke oomblik van taalonderrig was vir my absolute straf.

Natuurlik het die vrees vir tale weer by my begin spook toe ek my seun begin tuisskool. Ek het verskeie ‘taalkursusse’ aangekoop – maar ek het my negatiwiteit oor Afrikaanse taalleer op my kind oorgedra.

En toe ontdek ek Marisa se kursusse. Sy het dit só geskryf dat tot ek dit kan doen! Danksy Marisa is my seun op 13 jaar beter in Afrikaans as wat ek in matriek was!

Elke keer as ek Marisa se kursusse doen, is ek van voor af vies dat in my skooldae geen onderwyser die moeite gedoen het om ons te leer HOE om opstelle te skryf nie. Noudat ek leer hoe om dit te doen, kom ek agter dis glad nie so moeilik nie.

Ek en my seun geniet dit nou baie om saam te leer Afrikaans skryf.

— Melanie van Staden

“My dogter werk heeltemal op haar eie”

My dogter Martie werk heeltemal op haar eie deur hierdie kursus. Sy vra my net as sy regtig iets nie verstaan nie. SKRYF! help haar baie.

Ek is ook baie bly oor die nuwe goed wat tot hierdie kursusse gevoeg gaan word. Dis baie sinvol en ek sal dit beslis by my vriende aanbeveel.

— Marietjie Rossouw


“Ek en my kinders is baie beïndruk met die kursus.”


Ek en my kinders is baie beïndruk met die kursus. My twee oudstes is kinestetiese leerders, en my dogter (16) so ver verwyder van 'n skrywer soos Pluto van die son. Sy is 'n boer in murg en been en 'n buite kind wat geen nut sien vir pen en papier en skryf nie. Aanvanklik het sy met 'n redelike dik bek voor die skerm gaan sit om die lesse te kyk, maar tot ons albei se groot verbasing het sy, deur die raad stap vir stap toe te pas nogal 'n heel aanvaarbare paragraaf geskryf die eerste keer en dus van daar af met baie minder moeite die lesse gekyk.

Ouboet (14) was ook maar 'n taai toffie, maar omdat hy weet hy kies 'n rigting waar hy hierdie vaardighede gaan nodig hê, het hy ingespring en begin met die eerste les en weer eens, van die tweede les af was dit baie makliker.

— Lana Maree

“Ek wil ook so mooi in Afrikaans skryf.”

Die mooi beskrywende Afrikaanse woordgebruik in hierdie kursus inspireer my so dat ek as ma sommer ook die kursus wil doen – ek wil ook so mooi beskrywend in Afrikaans skryf!

— Lehett van der Nest

Begin dadelik!



 

NOG GOEIE NUUS!

Jy kan presies hierdie selfde manier van doen
net so oordra na julle Engelse werk.

Die 5-paragraaf-opstel is ook ’n uitstekende basis
vir die skryf van enige toesprake.

Jy het lewenslange toegang tot die 3 kursusse
en kan dit weer en weer nadertrek
soos wat jou kinders ryp word
vir die verskillende aspekte daarvaan.

En word enige toevoegings of verbeterings aangebring?
Jy kry dit gratis by en hoef nooit weer vir die kursusse te betaal nie.

 

Soos met al my aanlynkursusse het jy ook met hierdie twee kursusse 30 dae om hulle uit te toets en eers te kyk of jy daarvan hou.

Indien nie, kry jy jou geld terug.

Vrae wat gereeld opduik


Ek is self nie veel van ’n skrywer nie. Gaan ek regkom?
Jy gaan verstom wees om uit te vind hoeveel makliker dit is om te skryf as jy ’n model het wat jy kan volg. En verder: hierdie kursus gee vir jou al die nodige gereedskap om jou kinders te leer hoe om hulle skryfwerk reg te dokter.
Is om te leer skryf genoeg werk om formeel vir Afrikaans te doen?
’n Baie redelike vraag! Twee van die grootste verskaffers van ’n matriekopsie, Cambridge en die GED®, verwag vir die taaldeel van matriek NET van kinders om ’n opstel te kan skryf. Al hoe meer mense begin besef dat om hulle vlot op papier te kan uitdruk belangriker is as om eindelose sinne van lydend na bedrywend te verander. Of om lyste en lyste idiome en verkleinwoorde uit hulle koppe te leer. Vir verreweg die meeste mense is al die soorte bywoorde wat mens kry by die een oor in en die ander een uit. Maar hulle sal waarskynlik vir die res van hulle beroepslewe moet onthou hoe struktureer mens ’n stuk skryfwerk. Stel jou voor jou kind skryf elke week ’n opstel. As julle net 40 weke per jaar skoolwerk doen, beteken dit 40 opstelle per jaar. Sy gaan mos baie meer leer van skryf (en van dink!) as sy dit doen.
Is SKRYF! nie verskriklik baie werk nie?
My leuse was nog altyd: stap vir stap. Bietjie vir bietjie. As die paadjie tot by matriek vir jou lank en steil voel, moet jy aan SKRYF! dink as trappies en relings wat jou gaan help om baie makliker tot heelbo te kom. Jou kinders hoef aanvanklik nie veel meer as ’n halfuur per dag aan SKRYF! te spandeer nie. Maar is dit nou ’n halfuur wat vir die res van hulle lewens ’n verskil gaan maak. Onthou, jy doen SKRYF! absoluut teen jou eie pas. As jy langer wil stilstaan by sekere aspekte kan jy dit doen. En jy kan weer en weer terugkeer na lesse as jy dit nodig vind.
Ek het nog nooit vantevore ’n aanlynkursus gekoop nie. Gaan my kinders op ’n rekenaar moet werk?
Die werkboeke word in PDF formaat aan jou verskaf. Jy laai dit op jou eie rekenaar af en druk dit dan uit. Dis waarin jou kinders die werk gaan doen. Die videolesse is ook aflaaibaar. Jy kan dus die video's op ’n geheuestokkie laai en selfs in julle sitkamer op ’n groot TV skerm kyk, as julle dit verkies en julle TV dit kan doen. Maar julle kan die video's ook op ’n rekenaar kyk. As jy die videolesse eenmaal afgelaai het, is ’n internetverbinding nie meer nodig nie. Met SKRYF! kan jy dus jou bonusdatapakkette goed benut en die hele kursus aflaai op tye wanneer internetdata vir jou goedkoper is. En onthou, minute nadat jy jou kursus aangekoop het, kan jy daaruit begin werk. Jy hoef nie vir die pos te wag om handboeke vir jou af te lewer nie.
Vir watter ouderdom is SKRYF! bedoel?
Enige kind wat al taamlik goed kan lees en skryf, sal dit kan doen. Gewoonlik is dit so teen nege jaar. Die inhoud van die kursus kan baie goed aangepas word by verskillende ouderdomme.
Hoe weet mens waar om te begin?
Ek het vir SKRYF! ’n video bygevoeg waarin ek presies verduidelik waar jy moet begin om maksimale waarde uit die twee kursusse te haal. In die video maak ek ook die onderskeid tussen die werkswyse vir jonger kinders en dan die een vir ouer kinders. Daar is ook ’n bonusvideo waarin ek verduidelik hoe mens ’n toespraak skryf met die hulp van die twee kursusse. Die video gee jou ’n goeie idee hoe jy uiteindelik die materiaal in die kursus oor en oor sal kan gebruik. Jy gaan ondersteuning kry as jy hierdie kursusse gebruik. Al die pad. As ek sien daar is aspekte waarmee mense sukkel, voeg ek materiaal by. Ekstra oefeninge. Nog video's wat beter verduidelik. En onthou as jy eenmaal ingeskryf is vir SKRYF! het jy vir altyd toegang tot die kursus, sonder dat jy ekstra hoef te betaal. Ook die bygewerkte stof.
Kan jy net weer vir my sê presies wat kry ek as ek betyds inskryf?
'tuurlik. :) Eerstens kry jy lewenslange toegang tot my twee skryfkursusse: Kom ons skryf ’n opstel en Sinne wat sing. Maar verder is daar tot en met die afsnytyd van die spesiale aanbod ook die gratis bonus Gedigte & stories + Spel sonder sukkel ingesluit.
Is dit regtig risikovry om hiervoor in te skryf?
Ja, daar is ’n 30-dae-geld-terug-waarborg. As jy voel die kursusse bied nie wat ek belowe het nie, kry jy jou geld terug. Boonop kan jy al die kursusmateriaal hou. As jy wil, is ek verder bereid om ’n uur saam met jou oor die telefoon te spandeer om uit te vind wat verkeerd geloop het dat die kursusse nie vir jou gewerk het nie. (Maar net as jy wil.)

Begin dadelik!