21 dae na sukses as tuisskoolma + bonusse

Leer só tuisskool dat jy die al vryheid plus die geweldige voorsprong van tuisonderwys kan geniet.

   Kyk na die video

Belangrike vraag aan ma’s:


Was jy dapper genoeg om jou kinders uit die skool te haal?
Maar het jy nog steeds nie selfvertroue dat jy suksesvol kan tuisskool nie?


Sê nou jy kon ’n raamwerk kry?

’n Raamwerk wat jou gaan help om tuisonderrig suksesvol aan te pak!
Sonder die lammakende gevoel
dat jy jou kinders se lewens vir altyd gaan opduiwel ...


Sou jy dan die
vryheid en die vreugde
wat tuisonderwys jou kan bied
met oorgawe kon omhels?



 


Deur suksesvol te tuisskool kan jy jou kinders se lewens vir altyd verander.


Ten goede.

Elke dag hoor mens van robotte en rekenaars wat net al hoe slimmer raak en van ’n werkloosheidsyfer van amper 50% onder jongmense in Suid-Afrika. En jy vra jou af waar gaan jou kind eendag werk kry.

Hoe kan jou kind kennis en vaardighede verwerf wat hom nie net werk kan laat kry nie, maar verkieslik kan laat uitstyg. Omdat tuisonderwys jou in staat stel om onderwys aan te pas totdat dit julle gesin se behoeftes presies pas, kan dit vir jou kind die antwoord wees na ’n goeie toekoms.



Maar die vraag is:

"Hoe maak jy ’n sukses van tuisonderrig?"


As dit vir jou voel of julle net rigtingloos by die huis aanploeter en jy pleinweg aan jouself as ’n slegte ma begin dink ...

of

As dit permanent voel of jy jouself oor tuisonderwys moet verdedig teenoor al die mense om jou ...

of

almal net alewig kyk waar kan hul foutvind met jou kinders en boonop talle foute kry ...


lees verder...



Want wat hier volg, kan maklik een van die keerpunte wees waarna jy oor ’n paar maande met verbasing en geluk terugkyk. Want dis wanneer jou kinders met lus en ywer aan die leer is. En hulle almal verstom met hulle goeie algemene kennis. En met die oulike manier waaroor hulle praat oor alles waarvan julle lees.


Daardie rampspoedige dag by die sielkundige...

My seun Johannes was seker so nege jaar oud toe ons hom deur ’n opvoedkundige sielkundige laat evalueer het. Die rede was omdat hy op daardie stadium nog nie kon lees nie.

Terwyl die sielkundige hom getoets het, het ek en my man in die wagkamer gesit en naels kou oor wat sy gaan sê.

Johannes was toe nog nooit skool toe nie, en dit was my werk, my heel, heel belangrikste werk as tuisskoolma, so het ek gevoel, om hom te leer lees en skryf.


Maar tot dusver wou niks werk nie.

Nie die leesprogram met die groot swart lettertjies nie. Nie die bykomende rekenaarprogram met die oulike karakters nie. Nie lettertjies in versierseltjies of in die sand of in die lug skryf nie. Nie kort woorde oor en oor klank nie. Niks nie.

Dit was die gewone wagkamer wat mens by dokters en tandartse se spreekkamers ook kry. Gemakstoele, kalmerende skilderye in kalmerende kleure, hope tydskrifte met donkieore van baie blaai. Maar omdat dit ’n opvoedkundige sielkundige was, was daar ’n groot speelkas met figuurtjies en ’n huisie en winkels. My dogtertjie, twee jaar jonger as haar boetie, het saamgekom en sy was aan die speel met die figuurtjies.

Maar ek kon nie tot ruste kom nie. Ek het al gesien hoe stap die sielkundige donderweergesig by die kantoor uit en bulder vir my: “Wat dink jy doen jy? Jy is besig om jou kind se hele toekoms op te mors. As jy nie eens jou kind kan leer lees nie, hoe dink jy gaan jy die res vir hom leer? Sit hom dadelik in die skool.”


Wat sy uiteindelik kom sê het, was baie, baie erger.

Want sy het ’n laag van verantwoordelikheid bygevoeg waaraan ek toe nog nie eens mooi gedink het nie.

Sy was baie gaaf en baie simpatiek. Maar sy het my duidelik laat verstaan dat daar ’n probleem was. En dat ek moet werk maak daarvan, want ... en dis hier waar die vuishou in die maag gekom het ... as ’n intelligente kind ver onder sy ware vermoëns presteer, het sy gesê, is dit geweldig sleg vir sy selfbeeld. En dis wat met Johannes aan die gebeur was.

Aan die effek van die mislukking met lees op sy selfkonsep het ek nog nie eens gedink nie. En op daardie oomblik, terwyl my dogtertjie nog lustig met die mensfiguurtjies in die speelkas speel, het ek besef hoe enorm my verantwoordelikheid is om van tuisonderwys ’n sukses te maak.


Ek durf nie met my kinders speel asof hulle poppies is nie. So baie was op die spel.

 

Ek het so hard gewerk as tuisskoolma. Ek was immers bereid om my loopbaan vir my kinders prys te gee. Ek het ure en ure vir hulle voorgelees. En nog verdere ure ingesit om Johannes te leer lees.

Boonop moes ek so baie opgetrekte wenkbroue verduur van mense wat gekant was teen tuisskool. Nogtans was ek dapper genoeg om teen die grein van die samelewing in te gaan. Ek bedoel, hoeveel van ons is braaf genoeg om self ons kinders by die huis te leer? 1%?


Het ek nie net hierdie een klein suksessie verdien van ’n kind kon lees nie? Dis nie asof ek wou gehad het Johannes moes War and Peace op nege al lees nie. Hy moes net maklike storietjies al kon lees.


Was dit soveel gevra?

 

3 Oortuigings oor tuisonderwys

wat daardie dag moes waai


(en die nuwe dinge wat ek moes begin glo ...)



1. Alle kinders moet op ’n spesifieke tyd spesifieke dinge kan doen

Het jou kinders ook so kliniekkaart gekry toe hulle gebore is? As nuwe ma was mens veronderstel om met hierdie kaart (en in my geval was die kaarte so kanariegeelkleur) na ’n kliniek te gaan en dan weeg die suster die baba en gee vir hom inentings.

Agterop die kaart was ’n grafiek wat sy met elke besoek verder moes trek oor hoeveel gewig hy aansit en of hy op die “normale” lyn bly. En dan was daar die sogenaamde mylpale wat hy moes haal: kruip op 10 maande, loop op 13 maande, sê eerste sinnetjies op 18 maande ...

Toe ek daardie dag met Johannes by die opvoedkundige sielkunde was, was die idee dat my kind vir altyd op die grafiek van sy geel kliniekkaart sal moet bly, nog diep in my gesetel. Op ’n jaar kon hy loop, daarom het dit beteken dat hy op nege jaar vlot sou moes lees. Soos enige ander kind.

Wat ek (en jy) eintlik nodig het:

Om te onthou kinders is indiwidue en hulle bly nie so duidelik en netjies op die “normale” grafiek nie. Weet jy dit en glo jy dit, kan dit jou vry maak sodat jy tuisonderwys baie meer kan geniet.



2. Jy moet opgelei wees as ’n onderwys om te kan tuisskool

Om jou kind te onderrig, is belangrike werk. Lewensbelangrike werk. Om iets so belangrik te kan doen, het jy jare en jare se opleiding nodig. Dis wat jy dink.

En jy is net ’n gewone ma. Wat weet jy van pedagogiek? En didaktiek? En epistemologie? En al daardie ander groot woorde wat mense so rondgooi? Jy is hoegenaamd nie toegerus om self jou kind te onderrig nie. So glo jy.


Wat jy eintlik nodig het:

’n Paar eenvoudige beginsels van hoe kinders leer wat jy op jou eie kan toepas sonder om ’n Meestergraad in Opvoedkunde te hê.



3. Tuisonderrig is verskriklike harde werk!

Jy dink aan al die ure en ure wat kinders op harde skoolbanke deurbring. Wat jy self op ’n skoolbank deurgebring het. En dan hoor jy by jou vriendinne van al die ure en ure wat hulle kinders in die middae en aande aan huiswerk moet spandeer. En dan glo jy as jy self onderwys vir jou kinders wil gee, suksesvol wil gee, dit rugbreekwerk gaan beteken.

Skouer aan die wiel. Kneukels wit soos hulle vasberade in vuiste klem. Ysere selfdissipline.

Met roosters. En werkboeke. En leerplanne.

Met vooruitbeplanning. En ’n spesiaal-ingerigte “skool” kompleet met witbord. En pouses. En ’n klok. En toetse en eksamens. En rapporte. En verslae.

En dit terwyl jy met trae kinders sit, wat baie dae net nie lus is vir werk nie.

Dan wil sommer net daar en dan jou kinders in die skool sit en dit kalmpies vir iemand anders oorlaat om vir jou kinders skool te gee.


Wat jy eintlik nodig het:

’n Werkbare en volhoubare plan vir tuisonderwys wat groot resultate gaan verseker, sonder om jou of jou kinders uit te brand.


 


As jy dit tot hier gemaak het...

Weet jy hoe belangrik jou kind se onderwys en opvoeding is sodat hy ’n sukses van sy lewe kan maak.

Dis amper nie nodig om jou daaraan te herinner nie.

Maar miskien besef jy nog nie hierdie eenvoudige waarheid nie: jy hoef net vier basiese goed in plek te kry om ’n reusesukses van tuisonderrig te maak.


’n Reusesukses wat sulke dinge gaan insluit soos:

• Kinders wat van leer hou en gretig is om nog te leer

• Die gevoel dat jy regtig vorder met tuisonderrig

• ’n Salige ontspanne atmosfeer in julle huis

• Tyd om dinge te doen waarvan jy en jou kinders regtig hou

• Die heerlike wete dat jy vir jou kinders die geborge, gelukkige kinderjare gee waarvan jy gedroom het

• Weet wat jou einddoel met tuisonderrig is en aktief op pad is soontoe

• Sien hoe mense se oë rek as hulle jou blinkoogkinders sien wat so entoesiasties praat oor dinge waarin hulle belangstel

Jou instruktrise


Marisa Haasbroek
Marisa Haasbroek

Wie is ek om al hierdie dinge vir jou te vertel?

My naam is Marisa Haasbroek. Ek het twee kinders, Johannes (24) en Annamaria (22). Hulle was nooit een dag op skool nie. Alles wat hulle weet, alles wat hulle kan doen, het hulle hulself geleer. Onder my wakende oog natuurlik.

Ek is nou regtig wat mens ’n veteraantuisskoolma kan noem. Deur al die selftwyfel, deur al die gewroeg. Maar ook uiteindelik deur die verligting: tuisonderwys kan werk. Jou kinders kan baie suksesvol wees as jy hulle tuisskool. (Agterna het jy boonop kinders wat van jou hou en jy van hulle.)

Deesdae bly ons as gevolg van my man, Andries se werk in Amerika. Maar ons verlang nog steeds elke liewe dag met stukkende harte na biltong, braaivleis en blatjang. En om Afrikaans oral om jou te hoor. Veral dit.

Johannes is tans op kollege, soos hulle hier in Amerika sê, want hy wil in ’n kommunikasierigting werk. En Annamaria werk as 'n animeerder by Pixar Studios.

Een van my grootste skryfsuksesse was toe ek in 2016 die ATKVeertjie verower het vir my jeugverhaal Iewers vlieg daar fairy dust.

Lees my gewildste kortverhaal ooit, hier.


 


Wat het vir my en my kinders die verskil gemaak na daardie rampspoedige dag by die opvoedkundige sielkundige?


Wel, meestal het ek anders begin dink oor tuisonderwys


Die sogenaamde skade aan Johannes selfbeeld omdat hy nie dinge kon doen nie, is veroorsaak deur my eie verwagtings. Ek was oortuig dat ’n kind op nege moes kon lees. En toe was ek die een wat hom laat glo het dat daar iets verkeerd met hom is.

Wat ek nodig gehad het toe ek by daardie spreekkamer uitgestap het, was om net rustig te raak oor my kind se vordering.


Ek het geleidelik ook meer geweet oor tuisonderwys


Twee boeke wat ’n groot impak op my gehad het, was How children fail deur John Holt en Better late than early deur die Moores. Danksy hierdie leesstof het ek nuwe dinge geweet oor hoe leer werk.


Maar ek het ook dinge anders begin doen


Ek het besef dat ek my kind se taalvermoë op baie ander maniere mondeling kon versterk, sodat as hy die dag gereed is om te begin lees, hy soos ’n top atleet uit wegspringblokkie kon seil en in ’n baie korter tydjie by die wenpaal kon kom. (Wat terloops presies is wat met Johannes gebeur het. Vandag lees hy vlot en vinnig en graag. In Afrikaans en Engels.)


Sekere dinge moes ek ook aanhou en aanhou doen


Toe Johannes later weer en weer uitdagings teëgekom het, soos wat die lewe maar is, het ek geweet van dinge wat ek en hy weer en weer sou moes doen om sy uiteindelike sukses te verseker. Soos byvoorbeeld die pad wat hy moes loop om beter te raak met Wiskunde. En soos met die lees, snap hy nou skielik net die vak en pak dit nou met soveel selfvertroue aan in sy studies.


En nou het ek al hierdie insig en ervaring wat ek deur soveel pyn en moeite verkry het, verpak tot ’n kursus.


Ek stel graag bekend:

 

21 dae na sukses as tuisskoolma



Nadat ek die afgelope twee jaar honderde e-posse van moedelose ma’s gekry het, wat:

• Oortuig is dat hulle hul kind se toekoms en selfbeeld opduiwel met tuisonderwys


• So oorweldig voel oor hoe hulle tuisonderrig suksesvol moet aanpak dat dit vir hulle voel hulle is alleen op ’n reddingsbootjie in ’n die see en nêrens is daar hulp nie.


• Bang hulle is te dom of weet nie genoeg om te kan tuisskool nie


• In die nag wakker lê omdat hulle kinders nie “op standaard” is nie, want die skoonsuster het hulle neus weer daarin gevryf toe sy by die braai haar kinders se prag rapporte rondgewys het en toe so ewe vra: “En hoe vorder julle outjies, hm?”


Het ek ’n nuwe aanlyn kursus saamgestel, wat maklik is om te gebruik en wat vir jou presies gaan wys wat die dinge is wat jy oor tuisonderwys moet glo, weet, doen en aanhou doen om ’n skittersukses daarvan te maak.

En dit boonop so te doen dat jy en jou kinders die hele leerproses geniet.

"Ek is nie ʼn dag spyt is oor die geld wat ek spandeer het om die kursus aan te koop nie – Jean-marie Koekemoer


Ek wens ek kan oor ʼn “voice note”, foonoproep of selfs in persoon vir jou dankie sê vir die wonderlike 21-dag kursus wat jy beskikbaar gestel het vir nuwe tuisskoolma’s.

Ek het so lank gewonder of ek dit moet aanskaf, maar wat ʼn winskoop, aangesien ek ook die bonuskursusse saam gekry het.

Maar bo dit alles loop my hart oor van dankbaarheid dat die Here jou geplaas het op ʼn plek waar jy vir tuisskool ma’s soos ek ʼn ondersteuning en visie kan gee van hoe tuisskool behoort te wees.

Wil net dankie sê en ook sê dat ek nie ʼn dag spyt is oor die geld wat ek spandeer het om die kursus aan te koop nie. Ek is opgewonde oor die tuisskooltoekoms met my 3 kinders.

Ek luister graag na jou terwyl ek met huistakies besig is en dit verskaf my siel baie vrede.


“Ek kan net nie beskryf hoeveel rustiger en tevrede ek voel oor die keuse dat ek my kinders gaan tuisonderrig nie nadat ek hierdie kursus gisteraand begin het nie ....en net nie kon ophou nie. Beslis die moeite werd!”
- Nadia Coetzer

“Ek is soveel rustiger. Ons skool is baie meer buigbaar en dit wat gedoen word, is genoeg.” - Hester Ackerman


Nadat ek die 21 dae kursus gedoen het, het ek my siening oor Afrikaanse voorafopgestelde materiaal verander. Totaal verander.

Baie dankie vir die werk wat my kinders moet weet. Dankie dat ek kan weet dit is genoeg. Vir die rustigheid van hart. Dankie vir jou bystand en die ekstra webinare. Baie dankie dat my kinders relevante werk doen.

Skool is deesdae net deel van wie ons is, en nie nog ʼn fisiese taak wat gedoen moet word nie.

Ons waardeer dit baie.


“21 Dae na sukses as tuisskoolma is 'n lewensveranderende hulpbron op jou voorstoep”

- Heleen Venter


Enige ma wat beplan om tuisskool te doen of wat alreeds in die tuisskoolbootjie is, kan verseker baat vind by hierdie kursus.

Dit is ‘n keurig beplande en uiteengesette kursus en elke dag se leseenheid bevat selfs aanlyn "links" wat jou met ‘n klikkie na verwante artikels of you-tube video’s of bronne neem.

Dan is daar ook ‘n werkboek waar jy bietjie kan neerpen wat spesifiek op jou kind van toepassing is of wat jou gedagtegang oor die onderwerp is.

Dit is regtig ‘n "alles-in-een", werkbare opleidingskursus, maar nie alleen net opleiding nie, ook aanmoediging, motivering, ondersteuning en sommer gerusstelling van jou vermoë as mamma sowel as onderwyser daarmee saam.

En om mee af te sluit ... drie webinare waar ons persoonlik al te gemaklik kon koppe bymekaar sit of nog vrae vra oor enige faset van die kursus!! Verseker ‘n ware bonus!!

Welgedaan ... dankie vir jou harde werk, Marisa, om ons werk makliker te maak. — Heleen Venter



“Ek lees dit oor en oor!”

- Debbie Schulenburg


As ek nou moet eerlik wees, ek is iemand wat BAIE navorsing doen en nooit iets sommer net aanpak nie. Hierdie tuisskoolreis van ons gesin is deur en deur beplan, bebid en bedink.

Die dag wat ek met die 21 dae kursus begin het, was ek skepties, want ek het baie van die eerste paar dinge reeds geweet. Groot was my verbasing toe ek egter by dele kom waar ek so baie geleer het, en of baie bevestigings gekry het. Ek het die kursus baie geniet, en soms kon ek nie stop by een dag op 'n slag nie. Dit was net vir my te lekker en te interessant.

Ander dae wat ek minder tyd gehad het, het ek egter net my een daggie gedoen en steeds genoeg daaruit gekry om vir 24 uur daaroor te kon wonder en dink. Volgens my kan mens nooit te veel inligting hê nie, en daarom dink ek hierdie is 'n kursus wat elke tuisskoolma moet aanpak. Dit is in lekker grootte bythappies opgedeel, en veral vir mammas met klein kindertjies is daar BAIE planne en idees.

Baie dankie vir die moeite waarmee jy die kursus aangepak en beplan het. Dankie vir jou tyd met die navorsing, die ekstra bronne was vir my heerlik. Ek lees dit oor en oor. Ek kan nie wag om alles te gebruik in 2019 nie. Debbie Schulenburg



“Ek beveel hierdie kursus aan vir enige mamma!”

- Rina du Plessis

Alhoewel ons nog aan die begin van ons tuisskool-ervaring staan, was hierdie kursus vir my die wonderlikste bevestiging van dit wat ek reeds diep in my hart gewéét het: tuisonderwys is die BESTE ding wat ek vir my kinders kan doen, omdat ek dan aan elkeen van ons drie kinders se (baie unieke!) behoeftes kan voldoen.

Dit het my ook oortuig dat juis ék die beste persoon is om dit vir hulle te doen. Met die moed om minder te werk, gereeld aanpassings te maak, en met ons hand in dié van ons Heer, weet ek dat ons nou 'n sukses van ons tuisonderwys-reis sal maak.

In die toekoms sal ek sommer nog gereeld terugkeer na die hulpbronne en raad wat Marisa in die kursus ingebou het.

Ek beveel hierdie kursus aan vir enige mamma, of jy nou eers begin en of jy al goed op pad is en dalk voel dat die wiele van die wa sommer in die modder vasgeval het – hierdie kursus sal jou ook help! - Rina du Plessis


“Hierdie kursus het my hele denkrigting oor die onderrig van my kinders verander!”

- Berna Robertson

Ek het op Marisa “afgekom” op die internet nadat my tannie vir my ’n skakel aangestuur het van een van Marisa se onderhoude wat op YouTube gelaai is. Ons was en is besig om tuisskoolonderrig te ondersoek en my dankbaarheid was so groot toe ons op Marisa Haasbroek afkom! Sy is ’n ongelooflike bron van kennis en iemand wat jou tot kalmte bring en mens herinner – net die basiese is nodig.

Ons het nog nie dit wat ons in 21 dae na sukses as tuisskoolma geleer het, toegepas nie, want ons kinders is maar 4 en 2 jaar oud, maar dit het vir my ’n uitstekende rigtingwyser gegee oor hoe ek sal begin, indien ons die tuisskoolonderrigpad stap.

Dit het my ook laat besef dat minder meer is en ons nie onnodig druk op onsself moet sit en ons kinders vir ure en hope inligting hoef te laat leer, net omdat ons dit vergelyk met die res van die kinders wat in die skool is nie.

Hierdie kursus het my denkrigting heeltemal verander. Dit het my laat besef dat onderrig glad nie hoef te wees soos volgens die gewone tradisionele skole nie en daarvoor is ek baie dankbaar!

“Ons kan hierdie kursus baie sterk aanbeveel vir enige tuisskoler of voornemende tuisskoler.” - Steven en Rista Bampa


Ons het die 21-dae tuisskool kursus baie geniet. Dit was baie volledig, prakties en interessant.

Ons haal gereeld die statistieke (dag 13 gaan oor die sosialisering van tuisskolers) aan vir mense wat nog benoud voel oor tuisskool.

Ek het die meeste gehou van die feite wat weergegee word sonder dat mens in enige rigting gedruk word. Die kursus het mooi verduidelik van die verskillende metodes van tuisskool, die verskillende opsies vir matriek en so meer. Dit was heerlik om vir 'n slag net al die metodes te hoor sonder die "jy-moet-maar-eerder-nie-dit-doen-nie"-kaart wat gespeel word.

Daar was ook so baie bykomende inligting en skakels om te volg.

Dis hoe die kursus lyk:

Kom ek verduidelik net eers vir jou in watter formaat die lesse vir jou beskikbaar is:

  • 21 Kort videolesse
  • Hou jy meer van luister sodat jy kan aangaan met ander werk? Ek het die lesse ook vir jou as klankopnames beskikbaar gestel.
  • En as jy ’n leser is, kan jy ook net die hele transkripsie lees eerder as om na die les te kyk of dit te luister. Die uitgeskryfde les is ook baie nuttig as jy later vinnig iets wil naslaan.
  • Jy kan ’n werkboek uitdruk wat jy kan deurwerk. Ek wil jou aanmoedig om dit te doen, want as jy elke dag die vrae antwoord en jou lysies maak, gaan jy aan die einde van die 21 dae jou eie tuisskoolplan opgestel hê.
  • En o ja, daar is ook ’n eenbladsy-opsomming van elke les, sodat jy met eenoogopslag kan sien waaroor dit gaan.
  • Verder is daar ook skakels na ekstra lees- en kykstof as jy belangstel.
  • Die belangrikste is: met hierdie kursus is daar vir jou ’n maklike roetekaart wat jy stap vir stap kan volg om jou te lei tot by die punt waar jy ’n suksesvolle tuisskoolma is.
 

Kom ons kyk nou wat jy in elkeen van die vier dele gaan leer


In Deel I gaan jy hoor van twee belangrike dinge wat jy oor tuisonderwys moet glo.

Dis vreeslik belangrik dat jy hierdie twee dinge glo om met gerustheid en vertroue voort te kan gaan met tuisonderrig. Na hierdie deel gaan jy vir altyd anders oor tuisonderrig dink en dit gaan jou sukses as tuisskoolma soveel makliker maak.

Jy gaan leer hoe om op te hou om jou keuse om te tuisskool te verdedig en ook om op te hou stres oor tuisonderwys.

Leer onder andere:

  • Wie die heel belangrikste persoon is wat jy moet oortuig dat tuisskool kan werk
  • Hoe jy jou maklik teen inmenging van die staat kan verskans
  • Die dilemmas waarmee skole sit



In Deel II gaan jy leer van dinge wat jy van onderwys, en spesifiek van tuisonderwys, moet weet.


Dis dinge wat jou lewe sommer makliker en jou kinders se leerervaring baie lekkerder en baie meer effektief kan maak.

Hierdie afdeling gaan klaarspeel met jou vrees dat jy ’n opgeleide onderwyser moet wees om suksesvol te kan tuisskool.

Jy gaan hoor:

  • hoekom jou kinders net twee dinge hoef te leer
  • van die ses maniere waarop jy tuisonderrig kan aanpak
  • hoe ontwerperonderwys regtig lyk
  • hoekom jy nooit vir jou kind die antwoord moet gee nie
  • wat steierwerk is en hoe belangrik dit is dat jy dit gee
  • dat kinders nie soos wurms is nie
  • wat “konsolidasie” nou eintlik is
  • en nog baie meer ...


In Deel III gaan jy begin doen.

Jy gaan jou eie, eerste tuisskoolplan opstel wat haalbaar is, maar wat nog steeds heerlik is om uit te voer.

In hierdie afdeling gaan jy begin voel hoe vryheid en bemagtiging proe om regtig jou eie ding te kan doen en groot sukses daarmee te behaal.

Van die dinge waarvan jy gaan leer, is:

  • om te delf na die REGTE rede waarom jy tuisskool
  • watter eienskappe en vaardighede jou kinders ’n voorsprong kan gee in die wêreld van 21ste eeu
  • maniere hoe jou kinders hulle “skoolloopbaan” formeel kan afsluit
  • die suksesresep wat jy moet volg wat gaan verseker jy hou vol met tuisonderwys en behaal reuseresultate
  • hoe om vir jou ’n sosiale netwerk op te bou


Deel IV: leer om aan te hou

In hierdie deel gaan jy hoor hoe jy van die begin af jou tuisskoolplan so kan opstel dat jy en jou kinders dit kan volhou, selfs al loop alles nie altyd lekker nie of as julle probleme teëkom.

Iets wat GAAN gebeur, omdat dit is hoe die lewe werk.

Jy gaan hoor hoekom stokkiesdraai ’n goeie ding is om energie en momentum te kan behou. En jy gaan ’n stap-vir- stap-plan kry wat julle kan volg as jou kinders met iets misluk.

Vind uit:

        • wat gebeur het toe skole in Texas hulle pouses drie keer langer gemaak het
        • hoekom verveling noodsaaklik is vir kreatiwiteit
        • wat presies trefsekerheid is en hoekom dit lewensbelangrik vir jou kinders en vir jou is
        • wie die spil is waarom tuisonderwys nou eintlik draai


En dan... die bonuslesse

Daar is ook 14 bonuslesse oor allerhande interessante onderwerpe wat jou gaan help om 'n uithaler tuisskoolma te word.

Byvoorbeeld:


1. Hoe jy jou kind help om massas feite op oulike maniere te onthou

2. Hoe om jou kind se vordering op 'n beter manier te evalueer

3. Hoe jy jou eie kop moet regkry as jy suksesvol wil tuisskool

 

SPESIALE AANBOD


KRY HIERDIE 2 HEERLIKE BONUSKURSUSSE GRATIS



5 Lesse: 3 oor gedigte, 2 oor 'n bekende sprokie


Hierdie kursus gee jou kind hope kanse om te oefen om te skryf.

Probeer byvoorbeeld ’n eie gedig skryf.


Waarde van hierdie bonuskursus = R299

Maar jy kan dit gratis en verniet kry


Met hierdie kursus bou jy geleidelik jou eie spelprogram op.

Kry ook gratis toegang tot hierdie oulike spelkursus en raak vir eens en vir altyd die spelmonster baas.


Waarde van hierdie bonuskursus = R299

Maar jy kan dit gratis en verniet kry




Gaan skryf sommer nou in om nie die amper R600 se

bonuskursusse mis te loop nie.

 

As jy nog steeds wik en weeg of jy dit moet waag om vir


21 Dae na sukses as tuisskoolma


in te skryf, onthou jy word gedek deur ’n spesiale:


Ek wil dit vir jou moontlik maak om die program uit te probeer en te voel hoe salig dit is om as tuisskoolma van stres na sukses, van bekommerd na bemagtig te beweeg.

Maar as jy binne 30 dae wat jy


21 Dae na sukses as tuisskoolma


gebruik het, nie drasties meer selfvertroue het om tuisonderrig aan te pak nie, stuur jy vir my ’n e-pos en ek betaal jou geld vir jou terug. Sonder dat enige vrae gevra word.

Dis hoeveel vertroue ek het dat hierdie kursus jou hele kyk na en aanpak van tuisonderrig kan verander.



Vrae wat gereeld opduik


Ek is nie ’n opgeleide onderwyser(es) nie, gaan ek dit regkry om my kind self te onderrig?
Jy kan jou kind self onderrig en baie suksesvol ook, selfs as is jy nie ’n juffrou nie. Om die waarheid te sê, baie keer is dit die opgeleide onderwysers wat die meeste sukkel om by tuisonderwys aan te pas. Tuisonderwys is ’n vryer manier van leer, maar een wat baie meer effektief is, want jy volg die kind en nie die kurrikulum nie. In 21 dae na sukses as tuisskoolma wys vir jou presies hoe om dit te doen.
Tuisonderwys klink na sulke verskriklike harde werk. Ek sien nie kans om alles self te doen nie.
Wat daarvan as ek vir jou sê die meeste skoolkinders werk heeltemal te hard. Hulle werk boonop aan die verkeerde goed. In 21 dae na sukses as tuisskoolma gee ek voorbeelde waar minder werk juis beter resultate gee. Ek gee ook vir jou ’n paar sleutelbeginsels van hoe leer werk. En ons werk veral aan hoe jy dink oor tuisonderwys, wat alles vir jou gaan verander. Om jou kinders op te voed is belangrik en natuurlik is dit harde werk, maar as jy ’n stelsel het wat jou help voel dat julle regtig vorder, gaan dit jou en jou kinders motiveer om vol te hou en deur te druk. En jy gaan die vrugte pluk van gelukkige kinders, wat graag leer en met wie jy boonop baie goed klaarkom. Oor en oor die moeite werd.
Ek het nie tyd om deur ’n hele lang kursus te gaan nie. Weet jy hoe besig is ek?
21 dae na sukses as tuisskoolma is doelbewus opgestel vir besige ma’s wat baie balle in die lug moet hou. Die lesse is kort en kragtig. Vir jou gerief is hulle in kyk- , luister of leesformaat . Saam met die werk wat jy self moet doen om jou eie plan uit te werk, gaan dit jou elke dag net so ’n halfuurtjie vat. En dit vir net 21 dae. Daarna gaan jy ’n raamwerk hê om tuisonderwys suksesvol aan te pak.
Sê nou maar ek het nog vrae?
Dis waarvoor die drie webinare is. Daar gaan jy tyd kry om vrae te kom vra en enige probleme wat jy het, uit te stryk. Nadat jy deur al die stof is en die werkboek ingevul het, gaan jy soveel meer moed hê vir die hele tuisskoolproses.
Ek het nie geld om vir die kursus te betaal nie
Dink ’n bietjie wat skoolgeld elke maand kos. Selfs al is jou kind in ’n staatskool. Of dink aan wat jy tutors moet betaal om seker te maak jou kind kry die regte onderwys. Wat is die tarief daarvoor op die oomblik? Maklik R150 per uur, nie waar nie? As jy so daarna kyk, is 21 dae na sukses as tuisskoolma ’n winskoop. Onthou ook, dis die prys per gesin. Jy kan dus die beginsels wat jy hier gaan leer oor en oor toepas vir elke kind. Verder het jy lewenslank toegang en kan die inligting weer en weer bekyk as jy wil. Daarby is daar ook die drie webinare nadat jy die kursusinhoud deurgewerk het, waar ek gaan seker maak jy verstaan hoe om tuisskool reg aan te pak. As mens dit oor ’n jaar vat, werk die prys werk uit op minder as R170 per maand. Dit gaan nie eens betaal vir ’n uitete vir jou en jou man nie.
Sê net gou weer vir my wat kry ek alles as ek vandag inskryf?
Met graagte. Jy kry onmiddellik en lewenslank toegang tot 21 lesse oor tuisonderwys. Dit gaan oor dinge wat jy moet glo, weet, doen en aanhou doen om van tuisonderwys ’n sukses te maak. Die lesse is beskikbaar as video’s, klankopnames en transkripsies. Vir elke les is daar ook ’n eenbladsy-PDF wat vir jou ’n vinnige oorsig oor die les gee. Daar is ook ’n werkboek, wat jy kan aflaai en uitdruk en invul om geleidelik jou eie tuisonderrigplan op te stel. Jy kry ook onmiddellik toegang tot die drie reeds opgelaaide webinare. Nadat jy deur die 21 lesse gewerk het, sal jy uitgenooi word na tien webinare waar bykomende idees geleer gaan word en waar jy ook vrae kan vra oor die proses. Jy moet verkieslik die webinare bywoon as hulle aangebied word, maar opnames gaan ook vir jou beskikbaar wees.
 

Twyfel jy nog steeds?


Jy is gereed om die vryheid en vreugde wat tuisonderwys jou kan bied deur

21 dae na sukses as tuisskoolma

te smaak as:

  • Jy tuisonderwys ernstig oorweeg, maar nie weet waar om daarmee te begin nie en wil doodseker maak jy doen dit van die begin af op die regte manier
  • Jy al ’n rukkie tuisskool, maar dit vir jou voel of julle nêrens kom nie omdat jy nie ’n behoorlike plan het nie.
  • Jy tans ’n bokskurrikulum gebruik, graag jou eie ding wil doen, maar nie genoeg selfvertroue het om dit te doen nie
  • Jy reeds die kopskuif gemaak het dat tuisonderwys baie beter kan wees as skoolonderwys en jy opgewonde is om in 21 dae na sukses as tuisskoolma te leer presies hoe om dit te doen.
  • Jy iemand is wat jou kinders se belange op die hart dra en bereid is om self verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle onderwys. Om die waarheid te sê, doen jy dit reeds deur hulle vir ure en ure met hulle huiswerk of die kurrikulumverskaffer se werkopdragte te help.
  • Jy nie lus is vir afgewaterde leerplanne en een-grootte-pas-almal soort onderwys wat jy weet jou kinders nie behoorlik gaan toerus vir die 21ste eeu se uitdagings nie.
  • Jy uitsien om ’n werkbare tuisskoolplan uit te werk, wat tuisonderwys dadelik lekkerder en meer sinvol vir julle gaan maak.
  • Jy weet jy het 30 dae om te besluit of die program vir jou werk en regtig daarna weet wat is die regte dinge wat jy moet glo, weet, doen en aanhou doen om ’n rasende sukses van tuisonderrig te kan maak.
 

Onthou jy die vraag waarmee ons hierdie hele gesprek begin het?


Gestel jy kon ’n raamwerk kry om te weet hoe om tuisonderrig suksesvol aan te pak, sou jy dan die vryheid en die vreugde wat tuisonderwys jou kan bied met oorgawe omhels?



Jy KAN nou hierdie vraag met selfvertroue antwoord.

Want as jy inskryf vir


21 Dae na sukses as tuisskoolma


gaan jy presies so ’n raamwerk kry.


Jy gaan daarna die regte goed glo, weet, doen en aanhou doen om van tuisonderwys ’n reusesukses te kan maak.

Met die gemoedsrus dat jou kinders se onderrig uitstekend vorder.

En die vreugde dat hulle boonop gelukkige kinders ook is.

 


Betaal net R2000 vir 21 lesse

+

14 bykomende webinare

+

Spel sonder sukkel

(Waarde R299)

+

Stories en gedigte

(Waarde R299)

Begin dadelik!