PRIVAATHEIDSBELEID

Oolfant.com en Marisa Haasbroek (hierna verwys as “ek”) respekteer jou privaatheid en is daartoe verbind om dit te beskerm deur middel van hierdie privaatheidsbeleid.

Hierdie privaatheidsbeleid reguleer jou toegang tot en gebruik van oolfant.com, insluitende enige inhoud, funksies en dienste wat of deur oolfant.com (die "webwerf") of deur ander platforms wat oolfant.com gebruik, aangebied word, hetsy dit as 'n gas of 'n geregistreerde gebruiker.

Wanneer jy toegang tot die webwerf verkry en dit gebruik, word sekere inligting oor jou insamel, op outomatiese maniere, maar ook deur vrywillige aksies wat jy mag neem. Hierdie beleid is van toepassing op inligting wat ek versamel op die webwerf en in e-pos, teks of ander elektroniese boodskappe tussen jou en die webwerf.

Lees asseblief die privaatheidsbeleid noukeurig voordat jy die webwerf begin gebruik. Deur gebruik te maak van die webwerf of deur te klik dat jy die gebruiksvoorwaardes aanvaar wanneer hierdie opsie vir jou beskikbaar gestel word, stem jy in en aanvaar jy al die beplaings van hierdie privaatheidsbeleid. As jy nie saamstem met privaatheidsbeleid nie, moet jy die webwerf asseblief nie gebruik nie.

INLIGTING WAT EK OOR JOU VERSAMEL

Wanneer jy toegang tot die webwerf verkry, sal ek sekere inligting oor jou tydens jou besoek uitvind.

Inligting wat jy aan my verskaf. Die webwerf bied verskeie plekke vir gebruikers om inligting te verskaf. Ek versamel inligting van gebruikers deur die vorms wat hulle op die webwerf in te vul, deur kontakvorms, meningsopnames, as jy na onderwerpe soek, kommentaar wat jy lewer of ander terugvoer, en inligting wat verskaf word wanneer 'n produk of diens via die webwerf en ander platforms wat gebruik word, bestel word.

Ek gebruik inligting wat jy aan my verskaf om die aangevraagde produk en/of diens te lewer en sodat ek beter aanbiedings, promosies en inligting aan jou kan verskaf.

Inligting wat ek deur outomatiese data-insamelingstegnologie versamel. Soos wat jy op my webwerf navigeer, kan ek outomatiese data-insamelingstegnologieë gebruik, insluitend Google Analytics, om sekere inligting oor jou toerusting, optrede en patrone te versamel. Dit bevat gewoonlik inligting oor jou ligging, hoe jy die webwerf gebruik en enige kommunikasie tussen jou rekenaar en my webwerf. Ek samel onder meer inligting in oor die soort rekenaar wat jy gebruik, jou internetkonneksie, jou IP-adres, jou bedryfstelsel en die blaaier wat jy gebruik.

Die inligting wat ek outomaties versamel, word gebruik vir statistiese data en sal nie persoonlike inligting insluit nie. Ek gebruik hierdie data om my webwerf en my produkaanbod te verbeter. Die persoonlike inligting wat jy vrywillig verskaf, kan deur my stelsels geassosieer word met die outomaties-versamelde inligting oor jou.

GEBRUIK VAN KOEKIES EN PIEKSELS

Nes ander kommersiële webwerwe, gebruik my webwerf 'n soort tegnologie met die naam "cookies" asook bedienerlogs om inligting te versamel oor hoe my webwerf gebruik word. Inligting wat ingesamel word deur koekies en bedienerlogboeke, kan die datum en tyd van besoeke, die gekose bladsye, die tyd wat op my webwerf bestee word, insluit, asook die webwerwe wat voor en net na die besoek aan my webwerf plaasgevind het, sowel as jou IP-adres.

'n Koekie is 'n baie klein teksdokument, wat dikwels 'n anonieme unieke identifiseerder bevat. As jy 'n webwerf besoek, vra die rekenaar van die webwerf jou rekenaar om toestemming te gee om hierdie lêer te bêre in 'n deel van jou hardeskyf wat spesifiek vir koekies aangewys is. Elke webwerf kan 'n eie koekie na jou blaaier stuur as jou blaaier se voorkeure dit toelaat, maar (om jou privaatheid te beskerm) kan jou blaaier net 'n webwerf toelaat om toegang te verkry tot die koekies wat dit reeds aan jou gestuur het en nie ook die koekies wat jy deur ander webwerwe gestuur het nie.

Ek behou die reg voor om tegnologiese ekwivalente van koekies te gebruik, insluitende sosiale media-pieksels. Hierdie pieksels (in Engels “pixels”) laat sosiale media-webwerwe toe om besoekers na eksterne webwerwe te spoor sodat 'n gebruiker dan spesifieke advertensieboodskappe kan sien. Ek behou die reg voor om hierdie pieksels te gebruik in ooreenstemming met die beleid van die verskillende sosiale media-webwerwe.

DERDE-PARTY-GEBRUIK VAN KOEKIES

Sekere inhoud of toepassings, insluitend advertensies, op die webwerf word deur derde partye bedien, insluitend adverteerders, advertensienetwerke en bedieners, inhoudverskaffers en aansoekverskaffers. Hierdie derde partye kan koekies slegs of in kombinasie met webbakens of ander opsporingstegnologie gebruik om inligting oor jou te versamel wanneer jy my webwerf gebruik. Die inligting wat hulle versamel, kan geassosieer word met jou persoonlike inligting; of hulle kan inligting oor persoonlike aktiwiteite oor jou aanlynaktiwiteite oor tyd en oor verskillende webwerwe en ander aanlyndienste versamel. Hulle kan hierdie inligting gebruik om jou te voorsien van spesifieke advertensies of inhoud wat aansluit by jou persoonlike belangstellings.

Ek beheer nie die opsporingstegnologieë van hierdie derde partye of hoe dit gebruik mag word nie. As jy enige vrae het oor 'n advertensie of ander gerigte inhoud, moet jy die verantwoordelike diensverskaffer direk kontak.

E-POSINLIGTING

As jy verkies om via e-pos met my te kommunikeer, mag ek die inhoud van jou e-posboodskappe, jou e-posadres en my antwoorde bêre. Ek verskaf dieselfde beskermingsmaatreëls vir hierdie elektroniese kommunikasie as wat ek gebruik vir inligting wat ek aanlyn, per pos of per telefoon ontvang. Dit geld ook wanneer jy registreer vir my webwerf, met jou e-posadres inteken deur enige van my vorms of een van my produkte koop. Vir verdere inligting, sien die onderstaande e-posbeleid.

E-POSBELEID

Ek is daartoe verbind om jou e-posadres vertroulik te hou. Ek verkoop of verhuur nie my intekeninglyste aan derde partye nie en sal jou e-posadres nie aan derde partye bekend maak nie, behalwe soos toegelaat in die afdeling met die titel Openbaarmaking van jou inligting.

Alle e-posse wat van my organisasie gestuur word, sal duidelik meld van wie die e-pos is en ook duidelike inligting hê hoe om die sender te kontak. Daarbenewens sal alle e-posboodskappe ook beknopte inligting bevat oor hoe jy jou van my poslys kan verwyder sodat jy geen verdere e-poskommunikasie van my ontvang nie.

My e-posse bied gebruikers die geleentheid om af te teken deur op die “teken af” of “unsubcribe” skakel onderaan al my e-posse te klik.

Gebruikers wat nie meer my nuusbrief of promosiemateriaal wil ontvang nie, kan dit staak deur op die “unsubscribe” skakel in die e-pos te klik.

HOE EN WAAROM EK JOU INLIGTING VERSAMEL

Ek versamel jou inligting om jou deelname aan die aktiwiteite wat jy kies, vas te stel en te ondersteun. As jy 'n lêer of ander hulpbron aflaai, inteken op my nuusbrief, en/of een van my kursusse koop, versamel ek jou inligting. Ek gebruik hierdie inligting om jou voorkeure vas te stel en jou op hoogte te hou van die produkte en dienste wat jy gekies het en enige verwante produkte en/of dienste. As besoeker aan hierdie webwerf kan jy deelneem aan die meeste aktiwiteite sonder om persoonlike inligting te verskaf. Dit is slegs wanneer jy hulpbronne wil aflaai en/of produkte wil aankoop dat jy nodig het om inligting te verskaf.

As jy buite die Europese Unie is en kies om hulpbronne te ontvang, deel te neem aan enige gratis opleidingsprogramme, registreer vir 'n webinaar of enige van my produkte wil aankoop, skryf ek jou outomaties in om my gratis e-pos nuusbrief te ontvang. As jy nie hierdie nuusbrief wil ontvang nie, kan jy enige tyd afteken. Ek sluit 'n "unsubscribe" skakel onderaan elke e-pos wat ek stuur. As jy ooit probleme het om af te teken, kan jy 'n e-pos na [email protected] stuur en versoek om nie meer toekomstige e-posse te ontvang nie.

As jy in die Europese Unie is en kies om gratis gratis hulpbronne te ontvang, deel te neem aan enige gratis opleidingsprogram, te registreer vir 'n webinaar, of enige van my kursusse aankoop, sal ek jou slegs inskryf om my gratis e-nuusbrief te ontvang as jy dit bevestig. As jy nie hierdie nuusbrief wil ontvang nie, kan jy enige tyd uitteken. Ek sluit 'n "unsubscribe" skakel onderaan elke e-pos wat ek stuur. As jy ooit probleme het om af te teken, kan jy 'n e-pos na [email protected] stuur en versoek om nie meer toekomstige e-posse te ontvang nie.

HOE EK DIE INLIGTING WAT JY VERSKAF GEBRUIK

Ek gebruik persoonlike inligting om my webwerf en die inhoud daarvan aan jou te verskaf, jou te voorsien van inligting oor aanbiedings wat ek oor my produkte en dienste het, inligting te verskaf oor jou intekening en produkte, om 'n kontrak tussen jou en my te kan uitvoer, ter wille van die administrasie van my besigheidsaktiwiteite, vir die verskaffing van kliëntediens, en om ander items en dienste aan my kliënte en voornemende kliënte te kan verskaf.

Van tyd tot tyd MAG ek die inligting wat jy aan MY verskaf, gebruik om inligting oor my produkte sowel as promosies aan jou te wys wat volgens jou persoonlike eienskappe, belangstellings en aktiwiteite opgestel is.

OPENBAARMAKING VAN JOU INLIGTING

As 'n algemene reël verkoop of verhuur ek nie enige inligting wat outomaties of deur jou vrywillige optrede versamel word nie.

Ek mag jou persoonlike inligting openbaar aan my diensverskaffers om my dienste aan jou te kan verskaf.

Ek mag jou persoonlike inligting openbaar maak aan 'n derde party, insluitende 'n prokureur of versamelingsagentskap, wanneer dit nodig is om my diensbepalings of enige ander ooreenkoms tussen jou en my te handhaaf.

Ek mag jou inligting verskaf aan enige opvolger in geval van 'n samesmelting, herstrukturering, herorganisasie, ontbinding of ander verkoop of oordrag van my besigheid se bates.

Ek mag inligting bekend maak wanneer ek wettiglik verplig word om dit te doen, met ander woorde wanneer ek in goeie trou glo dat die wet dit vereis of vir die beskerming van my regte of wanneer dit deur 'n hof of ander regeringsinstansie afgedwing word .

HOE BESKERM EK JOU INLIGTING EN VEILIGE INFORMASIE-OORDRAGTE?

Ek gebruik kommersieel aanvaarbare metodes om die veiligheid van die inligting wat jy aan my verskaf, sowel as die inligting wat ek versamel, outomaties te verseker. Dit sluit in die gebruik van standaardsekuriteitsprotokolle en om slegs met betroubare derdepartyverkopers te werk. E-pos word nie as 'n veilige medium van kommunikasie erken nie. Om hierdie rede versoek ek jou om nie per e-pos privaat inligting aan my te stuur nie. Dit is egter wel moontlik, maar jy doen dit op eie risiko. Sommige van die inligting waarvoor jy deur my webwerf of ander platforms wat ek gebruik, kan inskryf, kan veilig deur middel van 'n veilige medium bekend as “Secure Sockets Layer” of SSL gestuur word. Kredietkaartinligting en ander sensitiewe inligting word nooit per e-pos oorgedra nie.

Ek mag sagtewareprogramme gebruik om opsommingstatistieke te maak, wat gebruik word vir sulke doeleindes soos om die aantal besoekers aan die verskillende afdelings van my webwerf te bepaal, watter inligting die meeste aftrek kry, om tegniese ontwerpspesifikasies te bepaal en om vas te stel waar daar probleme met my stelselprestasie is.

Vir die beveiliging van die webwerf en om te verseker dat hierdie diens vir alle gebruikers beskikbaar bly, gebruik ek sagtewareprogramme om netwerkverkeer te moniteer om ongemagtigde pogings om inligting op te laai of te verander of skade te veroorsaak, te identifiseer.

BELEIDSVERANDERINGE

Dis my beleid om enige veranderinge in my privaatheidsbeleid op hierdie bladsy te publiseer. As ek wesenlike veranderings aanbring oor hoe ek die persoonlike inligting van my gebruikers hanteer, sal ek jou per e-pos in kennis stel deur die e-posadres in jou rekening en/of deur middel van 'n kennisgewing op die tuisblad van die webwerf. Die datum waarop die privaatheidsbeleid laas hersien is, verskyn onderaan hierdie bladsy. Jy is verantwoordelik om te verseker dat ek 'n aktiewe en aflewerbare e-posadres vir jou het, en om gereeld my webwerf te besoek en hierdie privaatheidsbeleid te raadpleeg vir enige veranderinge.

BESOEKERS SE SOGENAAMDE GDPR-REGTE

As jy binne die Europese Unie is, is jy geregtig op sekere inligting en het jy onder die Algemene Databeskermingsregulasie sekere regte. Daardie regte sluit in:

Ek behou enige inligting wat jy kies om aan my te voorsien tot die vroegste van: (a) jy my versoek om die inligting te skrap, (b) ek besluit om nie langer my bestaande dataverskaffers te gebruik nie, of (c) ek besluit dat die waarde om die data te behou nie opweeg teenoor die risiko om dit te behou nie.

Jy het die reg tot toegang tot jou data wat ek stoor en die reg om regstellings aan jou persoonlike data aan te bring of om dit te verwyder.

Jy het die reg om te vra vir beperkings op die verwerking van jou data.

Jy het die reg om beswaar te maak teen die verwerking van jou data en die reg op die oordraagbaarheid daarvan.

In soverre jy toestemming verleen het vir die verwerking van jou persoonlike data, het jy die reg om daardie toestemming te eniger tyd te onttrek, sonder om die wettigheid van die verwerking te beïnvloed van die toestemming wat jy vantevore gegee het.

Jy het die reg om 'n klagte in te dien by 'n toesighoudende owerheid wat jurisdiksie het oor kwessies wat verband hou met die Algemene Databeskermingsregulasie.

Ek benodig slegs die inligting wat redelikerwys vereis word om 'n kontrak met jou te sluit. Ek sal nie vereis dat jy toestemming gee vir enige onnodige verwerking as 'n voorwaarde om 'n kontrak met my te sluit nie.

TREE MET MY IN VERBINDING

Ek verwelkom jou vrae of kommentaar rakende my privaatheidsbeleid:

Marisa Haasbroek
1111 Soho Ct
CROFTON
Maryland
VSA
21114

E-posadres: [email protected]

Geldig vanaf 21 Mei 2018

© 2018 Marisa Haasbroek