3-in-1-Afrikaans

5 kursusse gee 1 wonderlike resultaat — skrywende kinders op wie jy kan trots wees

 

Wat sal jy sê as ek vir jou sê om jouself elke dag

vir 15 tot 30 minute op papier uit te druk

hierdie hele lange lys voordele inhou?

In navorsing wat in verskillende lande met verskillende groepe gedoen is, is dit oor en oor bewys.

Dis wat gereeld skryf alles vir jou kan beteken:

1. Mense wat gereeld oor hulle lewens skryf, is geestelik en fisies gesonder
2. Hulle gaan minder gereeld dokter toe
3. Ook sielkundig is hulle beter daaraan toe
4. Hulle het beter weerstand teen siektes
5. Hulle kry vinniger werk as hulle hul werk verloor
6. Hulle kry hoër punte op universiteit
7. Hulle ly minder aan depressie
8. Hulle ly minder aan angs

Sielkundiges reken dis omdat hierdie skrywende siele geleer het om ’n samehangende lewenstorie vir hulleself te kan vertel. Met die geskryf leer hulle om doelwitte te stel en om slegte dinge wat in die verlede met hulle gebeur het, te verwerk.

Dink jy nie hierna dis noodsaaklik dat jy jou kind van jongsaf gewoond maak aan skryf nie?

Om vinnig en vlot te leer skryf, is die beste geskenk wat jy ooit vir jou kind sal kan gee.

Beter skryf beteken ook beter beroepsukses

Maar daar is meer as net sielkundige en fisiese voordele verbonde aan skryf. Om goed en reg te kan skryf, kan jou kind se toekoms maak of breek.

Die taalnasiener Grammarly het in 2013 ʼn honderd LinkedIn profiele ontleed en agtergekom dat die ouens wat kan spel en weet hoe om kommas te gebruik, het ’n baie groter kans op bevordering as die wat vrot skryf.

 

Ek stel graag bekend:

3-in-1-Afrikaans

Prys as jy elke kursus afsonderlik sou koop:

15-Minuut-Afrikaans: R699

Sinne wat sing: R799

Kom ons skryf 'n opstel: R700

Waarde van die gratis bonuskursus Die genot van gedigte: R299

Waarde van die gratis bonuskursus: Spel sonder sukkel: R299

TOTAAL: R2796


Koop al 5 kursusse op een slag en betaal net R1999.

Jy kry dus amper R800 se waarde gratis by!

 

Hierdie 5 kursusse is ingesluit:


Wat sê ma's oor 15-Minuut-Afrikaans?

“En is 15-Minuut-Afrikaans nie prettig nie! My 10-jarige tweelingseuns, wat altyd wou huil oor taalleerwerkboeke, is nou elke dag baie gretig vir 15-Minuut-Afrikaans. Steeds 'n fees ook na 14 weke!” – Veronica Esterhuyse

“Ons het in Februarie (2018) met 15-Minuut-Afrikaans begin. Ek was op soek na iets wat vir my tienjarige dogter lekker sal wees, haar taalvaardighede sal verbreed en waaraan sy onafhanklik kan werk (Ek het ook 'n 7-jarige en as fisioterapeut werk ek ook 'n paar uur 'n week van die huis af.) Sy sit nou op die oomblik en werk en ek kon nie anders as om 'n dankie boodskap te tik nie, 15-Minuut-Afrikaans is perfek vir haar en sy is MAL daaroor.” – Ilse Viljoen


“15-Minuut-Afrikaans het so wonderlik vir ons gewerk. Dit was klein, kort stukkies om oor te skryf. My seun was teen die einde ook baie trots op die “boek” wat hy geskryf het en dit oor ’n storie wat hy so goed ken en deel van sy versameling bedtyd-stories is waarna hy altyd luister. Daarby is sy herkenning van woordsoorte ongelooflik.

“Glo my, ek beveel 15-Minuut-Afrikaans wyd en syd aan omdat die konsep daarvan vir my so goed werk – dit is kort en kragtig maar daar is ’n daaglikse inoefening van die woordsoorte wat meebring dat die konsepinligting vasgelê word.

“Ek is so bly dat ek die oolfant kursusse ontdek het, want dit is prakties, “hands-on” en effektief.” – Heidi Lamprecht

Wat sê ma's oor Sinne wat sing?




“Dit is so maklik om oor te skakel na Engels toe omdat ons ervaring met oolfant se Afrikaanse skryfkursusse so positief en volledig is!” – Adri Hugo

Wat sê ma's oor Kom ons skryf 'n opstel?


“Ons is nog maar in Afdeling A van Skryf 'n opstel, en moet 'n taak doen waar een van die opdragte is om 'n paragraaf te skryf.

“My dogter het dadelik die stappe vir 'n paragraaf skryf toegepas, en daarna sê sy verbaas dat sy nie kan glo die paragraaf is haar eie handewerk nie. Sy mag dalk selfs van skryf begin hou.” – Janet Kleynhans

 

GRATIS BONUSKURSUS INGESLUIT

Ingesluit by 3-in-1-Afrikaans


Die genot van gedigte

4 oulike videolesse oor 4 Afrikaanse gedigte.



 

Ook ingesluit:



’n Kort aanlyn kursus wat jou gaan wys hoe om

jou eie, indiwiduele spelprogram op te stel

en vir eens en vir altyd die spelmonster te oorwin.



Spel sonder sukkel bestaan uit 10 kort videolesse waar 6 prosesse en 4 stappe behandel word om jou kinders effektief en sonder drama te leer spel.

Vind byvoorbeeld uit:

• Wat die 22 klanke is wat jy in Afrikaans moet ken

• Wat die 600 basiese woorde is wat mens in enige taal moet ken

• Wat is die 10 belangrikste spelreëls in Afrikaans waar die meeste foute voorkom

• Van ’n gratis en effektiewe manier om elektroniese flitskaarte te maak

• Hoe en hoekom jy prentjies moet gebruik

• Waarom die klank van die taal so belangrik is en hoe jy dit moet gebruik

’n Wonderlike werkboek is ook vir jou beskikbaar waarin jy stap vir stap jou eie spelprogram kan begin saamstel.

Ook ingesluit: die eerste 22 sinne, prentjies en klankopnames om jou te help om so vinnig as moontlik aan die gang te kom met jou eie spelprogram.

Jou instruktrise


Marisa Haasbroek
Marisa Haasbroek

Wie is ek om al hierdie dinge vir jou te vertel?

My naam is Marisa Haasbroek. Ek het twee kinders, Johannes (24) en Annamaria (22). Hulle was nooit een dag op skool nie. Alles wat hulle weet, alles wat hulle kan doen, het hulle hulself geleer. Onder my wakende oog natuurlik.

Ek is nou regtig wat mens ’n veteraantuisskoolma kan noem. Deur al die selftwyfel, deur al die gewroeg. Maar ook uiteindelik deur die verligting: tuisonderwys kan werk. Jou kinders kan baie suksesvol wees as jy hulle tuisskool. (Agterna het jy boonop kinders wat van jou hou en jy van hulle.)

Deesdae bly ons as gevolg van my man, Andries se werk in Amerika. Maar ons verlang nog steeds elke liewe dag met stukkende harte na biltong, braaivleis en blatjang. En om Afrikaans oral om jou te hoor. Veral dit.

Johannes is tans op kollege, soos hulle hier in Amerika sê, want hy wil in ’n kommunikasierigting werk. En Annamaria werk as 'n animeerder by Pixar Studios.

Een van my grootste skryfsuksesse was toe ek in 2016 die ATKVeertjie verower het vir my jeugverhaal Iewers vlieg daar fairy dust.

Lees my gewildste kortverhaal ooit, hier.


As jy nog steeds wik en weeg of jy dit moet waag om te spring vir hierdie


ongelooflike aanbod


onthou jy word gedek deur ’n spesiale:




Ek wil dit vir jou maklik en lekker maak om self 'n leerder te word

sodat jy jou kinders kan leer om lewenslange leerders te wees

en hulle met DIE GROOTSTE voorsprong van ons tyd die wêreld kan instuur.


Maar as jy binne 30 dae wat jy

hierdie 5 kursusse

gebruik het, nie tevrede is met jou aankoop nie, stuur jy vir my ’n e-pos en ek betaal jou geld vir jou terug.

Sonder dat enige vrae gevra word.

Dis hoeveel vertroue ek het dat hierdie bundel kursusse het.

Vrae wat gereeld opduik


Sê nou maar ek is nie tevrede met my aankoop nie?
Dan kry jy jou geld terug. Hierdie kursusse het ’n 30-dae-geld-terug-waarborg.
Vir hoe lank het ek toegang?
Hoe klink lewenslank vir jou? En onthou, jy kan ALLES aflaai en vir altyd veilig op jou eie rekenaar bêre.
Moet ek vir elkeen van my kinders die kursusse nuut aankoop?
Nee, die prys is per gesin. Jy kan dit dus oor en oor gebruik. Enige opdaterings en byvoegings kry jou ook gratis by.

Begin dadelik!