Kom ons skryf ’n opstel

Leer opsom. Leer skryf. Leer dink.

   Kyk na die video
 

Uitstekende waarde vir geld

Betaal net R700 vir lewenslange toegang

Dis die prys per gesin. Vir twee kinders gaan dit dus net R350 per kind kos. Vir 3 kinders kos dit net R234 per kind.

Skryf moet jou kinders kan skryf.

Hulle moet goed kan skryf om:

matriek deur te kom | verder te studeer | in die meeste beroepe uit te styg

Jy weet deur jou kinders te leer skryf, sit jy hulle op 'n wenpad.

Maar jy bekommer jou dat jy nie weet hoe hulle te leer om goed te skryf nie.

 

Johannes se katastrofiese opstel

Augustus 2017 moes my seun Johannes op 'n Saterdagoggend 'n opstel skryf in 'n aanlynkursus oor Engelse Letterkunde. Hy was glad nie mal oor dié kursus nie, maar hy moes dit deurkom om eendag 'n graad te kan kry.

Die Saterdagoggend se onvoorbereide opstel was verpligtend om die kursus te slaag. Hy het die vorige aand nog by sy profiel ingegaan en seker gemaak hy weet presies wat om die volgende oggend te verwag.

En net daar, in sy oorgretigheid om goed voorberei te wees, doen hy iets verkeerd. Ons vermoed hy het die eksamen per ongeluk geaktiveer en onwetend die aftelling laat begin ...

Die volgende oggend toe hy sy profiel oopmaak, reg vir aksie, sou hy sien die tyd om dié noodsaaklike eksamen te skryf, het verstryk. Dit het gelyk of al sy harde werk van die afgelope maand en half tevergeefs was.

Toe moet jy ons sien skarrel, hoor

My man het kop gehou en voorgestel Johannes skryf vir die dosent 'n e-pos en vra 'n tweede kans. Tot dusver het Johannes sy werkstukke getrou en betyds ingedien. Miskien, net miskien, sou die dosent hom genadig wees. Johannes sou dalk punte verloor, maar sou tog die eksamen kon skryf.

Johannes het die e-pos geskryf en ons het gebid en gehoop en gesweet. ʼn Uur later het die dosent laat weet die eksamen is weer beskikbaar. Ons was verlig, maar die hele insident het Johannes se fokus en selfvertroue verskriklik geknou.

Dis hoe jy skryf al is jou senuwees gáár

Hy het net ʼn uur gehad om ʼn sinvolle opstel oor die moeilike boek The Road te skryf. Ek kon sien my kind was ʼn senuweewrak.

Maar toe onthou hy van ʼn skryfmodel wat ek vir hom geleer het. Omdat hy presies weet waar om te begin, raak hy kalm. Hy begin skryf. En soos wat hy skryf, kom sy selfvertroue terug.

Op die ou end het hy 80% vir sy opstel gekry. Nie sleg vir ʼn tweedetaalspreker wat boonop so sleg afgeskop het nie.

Wens jy jou kinders kon ook hierdie skryfmodel leer?

Vir krisistye, ja!

Maar ook vir enige ander tye wanneer hulle moet opstel skryf

of toespraak maak.

Een wat hulle vir die res van hulle lewens sal kan gebruik.

En kan jou kinders asseblief hierdie skryfmodel net eers in Afrikaans leer, maar dit later maklik kan oordra na hulle Engelse skryfwerk.

 

Stel jou voor hoe salig dit sal wees as jou kinders ...

  • met meer selfvertroue skryf?
  • weet waar om te begin?
  • oor enige onderwerp kan skryf?
  • weet hoe om feite te groepeer
  • weet hoe om idees struktuur te gee?
  • enige ander skryfwerk beter verstaan, omdat hulle die struktuur daarvan kan “sien”
  • met meer begrip lees, omdat hulle geleer het hoe om hulle algemene kennis en gesonde oordeel te gebruik
  • ʼn moeilike stuk vinnig kan opsom en rangskik om dit makliker te leer
  • leer om beter te dink omdat hulle geleer het om feite uit nuwe hoeke te bekyk
  • minder eksamenvrees het, omdat hulle ʼn skryfmodel het waaraan hulle soos ʼn reling kan vashou


  • As dit is wat jy vir jou kinders wil hê, dan is ...

     

    Kom ons skryf ’n opstel

    vir jou bedoel!

    Veral as jou kind laat-laerskool- of vroeg-hoërskoolouderdom is

    en julle begin dink hoe julle matriek gaan aanpak,

    WANT ...

    hierdie kursus bied

    uitstekende voorbereiding

    vir Cambridge, die GED of enige ander formele eksamen of onderwys.

    Waaruit bestaan die kursus?

    11 Video-lesse .+ 3 Werkboeke met:

    Volledige lesse | Leesstukke | Oefeninge | Voorbeelde | Aftiklysies


    Hoe werk dit?

    1. Begin met 'n enkeleparagraaf

    2. Bou geleidelik op na 'n volledige — opstel

    3. Voeg dan 'n tweede leesstuk by en skryf 'n — beter opstel

    4. Vorder uiteindelik tot by — mega-opstel

     

    So pas bygevoeg:

    3 baie, baie nuttige

    bykomende lesse



    Hoe skryf mens ’n beskrywende opstel

    vir die Cambridge IGCSE eksamen?

    Hierdie bonusles word aangebied deur Truida-Mart Blignaut, 'n Afrikaanse tuisskoolma wie se kinders uitstekend met Cambridge eksamen gevaar het. Sy is ook 'n Cambridge tutor.

    Die les bestaan uit ’n klankopname + volledige werkboek + voorbeeldopstel







    Hoe skryf mens ’n beredeneerde opstel

    vir die GED® eksamen?

    Hierdie bonusles is opgestel deur Shirley Erwee. Dis volledig na Afrikaans vertaal en word aangebied deur Marisa Haasbroek.

    Die les bestaan uit ’n videoles + volledige werkboek + voorbeeldopstel. Drie bykomende oefentekste is verskaf sodat die tegniek goed ingeoefen kan word.

    Danksy hierdie les kan jou kind belangrike skryfvaardighede eers in sy of haar moedertaal inoefen en dit dan in Engels leer toepas.



    Die kursus oor die beredeneerde opstel

    is ook te koop as 'n losstaande kursus


    KLIK HIER VIR MEER INLIGTING



    Please click here for the

    English version of this course.



    Hoe merk ek my kind se werk?


    ’n Toespraak word op ’n video nagesien en geëvalueer sodat jy ’n beter idee kan kry van die soort terugvoering wat jy vir jou kind moet gee.

    Dié les bestaan uit ’n videoles + volledige transkripsie.


    “Kursusse wat so geskryf is
    dat selfs ek dit kan doen”

    Ek is so dankbaar vir al Marisa se moeite om hierdie kursusse vir ons aan te bied. Op skool het ek baie goed in Wiskunde en Wetenskap gedoen, maar tale was vir my ’n nagmerrie! Elke oomblik van taalonderrig was vir my absolute straf.

    Natuurlik het die vrees vir tale weer by my begin spook toe ek my seun begin tuisskool. Ek het verskeie ‘taalkursusse’ aangekoop – maar ek het my negatiwiteit oor Afrikaanse taalleer op my kind oorgedra.

    En toe ontdek ek Marisa se kursusse. Sy het dit só geskryf dat tot ek dit kan doen! Danksy Marisa skryf my seun op 13 jaar beter in Afrikaans as wat ek in matriek geskryf het!

    Elke keer as ek Marisa se kursusse doen, is ek van voor af vies dat in my skooldae geen onderwyser die moeite gedoen het om ons te leer HOE om opstelle te skryf nie. Noudat ek leer hoe om dit te doen, kom ek agter dis glad nie so moeilik nie.

    Ek en my seun geniet dit nou baie om saam te leer Afrikaans skryf.

    — Melanie van Staden

    Jou instruktrise


    Marisa Haasbroek
    Marisa Haasbroek

    Wie is ek om al hierdie dinge vir jou te vertel?

    My naam is Marisa Haasbroek. Ek het twee kinders, Johannes (24) en Annamaria (22). Hulle was nooit een dag op skool nie. Alles wat hulle weet, alles wat hulle kan doen, het hulle hulself geleer. Onder my wakende oog natuurlik.

    Ek is nou regtig wat mens ’n veteraantuisskoolma kan noem. Deur al die selftwyfel, deur al die gewroeg. Maar ook uiteindelik deur die verligting: tuisonderwys kan werk. Jou kinders kan baie suksesvol wees as jy hulle tuisskool. (Agterna het jy boonop kinders wat van jou hou en jy van hulle.)

    Deesdae bly ons as gevolg van my man, Andries se werk in Amerika. Maar ons verlang nog steeds elke liewe dag met stukkende harte na biltong, braaivleis en blatjang. En om Afrikaans oral om jou te hoor. Veral dit.

    Johannes is tans op kollege, soos hulle hier in Amerika sê, want hy wil in ’n kommunikasierigting werk. En Annamaria werk as 'n animeerder by Pixar Studios.

    Een van my grootste skryfsuksesse was toe ek in 2016 die ATKVeertjie verower het vir my jeugverhaal Iewers vlieg daar fairy dust.

    Lees my gewildste kortverhaal ooit, hier.


    Soos met al my kursusse kry jy 'n hele dertig dae om te besluit of die kursus vir jou werk of nie.

    Indien nie, kry jy jou geld terug!

    Vrae wat gereeld opduik


    Vir watter ouderdom is die kursus bedoel?
    Enige kind wat al regtig goed kan lees en skryf, sal die kursus kan doen. Maar kinders van so dertien jaar af, sal regtig baat vind daarby.
    Vir watter graad is die kursus bedoel?
    Dis veral gemik op kinders wat amper klaar is met laerskoolwerk of vroeg in die hoërskool is en wat begin gereedmaak om meer formeel te studeer.
    My dogter van tien hou regtig baie van skryf. Is sy reg vir die kursus?
    As sy van skryf hou, sal sy Kom ons skryf ’n opstel baie geniet. Ek stel egter voor dat jy haar vir lank, miskien selfs 'n hele jaar, net paragrawe laat skryf op die model van die kursus. As sy dan bietjie ouer is, kan sy langer opstelle takel. Onthou jy het lewenslank toegang tot hierdie kursus en kan weer en weer daarna terugkeer soos wat die tyd ryp word vir jou kinders.
    Moet ek elke keer 'n nuwe kursus koop vir elkeen van my kinders?
    Nee, glad nie. Die kursus word aan gesinne verkoop. Jy kan dit dus oor en oor gebruik vir elkeen van jou kinders.
    Wat is die verskil tussen Sinne wat sing en Kom ons skryf 'n opstel
    Dink aan 'n huis. Kom ons skryf 'n opstel is die mure, vloer en dak — die basiese struktuur. Sinne wat sing is die teëls, verf en matte — die afwerking.
    Hoe lank neem dit om die kursus te voltooi?
    Dit hang regtig van julleself af. Ouer leerders kan binne tien dae deur die hele kursus draf. Maar om werklik die konsepte te kan toepas, is 'n baie langer reis, wat jare en jare kan neem. Soos om goed klavier te kan speel, is om goed te kan skryf, ’n vaardigheid wat mens oor ’n lang tyd slyp. Kom ons skryf ’n opstel gee egter vir jou kinders 'n model wat hulle skryfwerk baie kan verbeter.

    Begin dadelik!