Dis al halftwee die middag en jou kinders is moedeloos, bleek van die moegheid en nog nie klaar met hulle Afrikaanse werk nie.
En jy sê vir jouself dis mos nie hoekom ek begin tuisskool het nie ...
Sal dit nie lekker wees om vir jou kinders Afrikaans te leer op ’n manier wat doenbaar en lekker is, maar wat tog hulle taalkennis en -vernuf op ’n stewige fondament plaas nie?
Hoe sal dit voel as jou kinders ...
... gretig is om hulle Afrikaanse werk te doen?
... op eie stoom hulle Afrikaanse werk aanpak en boonop in ’n japtrap afhandel?
... gemotiveer is om self te begin dagboek hou net omdat hulle skryf so geniet? Of spontaan hulle eie stories begin skryf?
... jou skeptiese vriende en familie beïndruk met die spogsinne waarmee hulle vorendag kom?
... woorde soos metafoor, onomatopee, behaaglik of poegaai met selfvertroue kan gebruik?
Spaar R99. Betaal net R1399 vir albei kursusse.
2-in-1 Afrikaans is ’n volledige pakket wat Afrikaanse taalleer en skryfwerk netjies vir jou saamvat
1. Die taalleer: 15-Minuut-Afrikaans
2. Die skryfwerk: Sinne wat Sing
Hoe werk die twee kursusse?
En die resultaat?
Kinders wat Afrikaans geniet.
Kinders wat weer graag in Afrikaans skryf.
Dis wat mense sê wat reeds die kursusse gebruik
Ek gebruik Woorde met Woema met al 4 my kinders — 2 seuns
van 15 en dogters van 13 en 10. Hul het maar almal ’n traagheid vir Afrikaans
skryf, maar ek kan reeds sien hoe die wenke hulle weer lus maak om hul
Afrikaanse skryfwerk na 'n volgende vlak te neem. EK het sommer dadelik
ingeskryf op jou volledige kursus en sien geweldig uit na die resultate wat dit
gaan oplewer.
WD, tuisskoolma
Ek laat hulle Sinne wat Sing heeltemal onafhanklik doen danksy die video's en voorbeelde in werkboeke.
15-Minuut-Afrikaans doen ons só: Ek lees die sinne as diktasie voor, dan is spel sommer ingewerk. Dan merk hulle die woordsoorte op daardie sinne. Hulle maak beurte om hulle woordsoorte te noem wat gemerk is en ons bespreek dit volgens onderwysgids verder.
Ek dink hulle snap die werk beter as ek en sal my wen as ons toets sou skryf! — Herculeen, tuisskoolma van die Karoo
ʼn Tuisskoolma gee op Facebook terugvoer nadat haar kinders met die gratis minikursus begin het.
Die eerste dag skryf sy:
My meisiekind (10) kan baie goed lees en skryf maar verstaan nie die idee om ’n prent te skilder met woorde nie. My seun (13) kan amper nie lees of skryf nie. Hy het nie ’n liefde daarvoor nie. Al twee is nou besig met die eerste les. My seun het al nou die sinne twee keer verbeter. My meisiekind het begin besef sy kan verf met woorde. Dit is net les 1. Dankie vir dit.
Die volgende dag skryf sy:
Wel vandag was les 2... My seun is siek. Keel en koors. Maar die les wil hy doen. Hy wil ook nie stop by die vier sinne nie. Hy wil die storie klaar skryf. Ek het hom gelos. Siek of nie hy is nog opgewonde. My meisiekind se gevoelens is nie verf nie, maar sy pak les 2. Ek gaan doen huiswerk en loer ek by die kamer in. Hier sit sy op haar bed. Eers is die skaap “sad” toe “bad” toe “mad”. Sy speel lekker met die emosies. More is les 3. Al twee wou sommer vandag dit doen maar ma het nee gesê ...
Wie is ek om al hierdie dinge vir jou te vertel?
My naam is Marisa Haasbroek. Ek het twee kinders, Johannes (21) en Annamaria (19). Hulle was nooit een dag op skool nie. Alles wat hulle weet, alles wat hulle kan doen, het hulle hulself geleer. Onder my wakende oog natuurlik.
Ek is nou regtig wat mens ’n veteraantuisskoolma kan noem. Deur al die selftwyfel, deur al die gewroeg. Maar ook uiteindelik deur die verligting: tuisonderwys kan werk. Jou kinders kan baie suksesvol wees as jy hulle tuisskool. (Agterna het jy boonop kinders wat van jou hou en jy van hulle.)
Deesdae bly ons as gevolg van my man, Andries se werk in Amerika. Maar ons verlang nog steeds elke liewe dag met stukkende harte na biltong, braaivleis en blatjang. En om Afrikaans oral om jou te hoor. Veral dit.
Johannes is tans op kollege, soos hulle hier in Amerika sê, want hy wil ingenieur word. En Annamaria kry opleiding as animeerder, want sy wil tekenprente maak.
As ek nie cappuccino drink nie, in die wonderlike Smithsonian kunsmuseum in Washington DC rondhang nie of saam met Annamaria en haar nuwe hondjie Hansie (hy is ’n worshondjie en ons eie hansworsie) gaan stap nie, skryf ek graag.
Een van my grootste skryfsuksesse was toe ek in 2016 die ATKVeertjie verower het vir my jeugverhaal Iewers vlieg daar fairy dust.
Jy kan rustig die kursus uittoets en eers besluit of jy daarvan hou.
As jy binne 30 dae vind dat dit nie vir jou gesin werk nie, kry jy jou geld terug. Gewaarborg.
Elke gesin het ook lewenslank toegang tot die 2-in-1-Afrikaans en kan dit oor en oor gebruik.
Jy doen die twee kursusse absoluut teen jou eie pas, wat dit baie aanpasbaar maak by jou behoeftes.
Jy kan aanhou sukkel en as jy weer wil hê jou kinders moet Afrikaans skryf, moet jy aanpor en aanpor en met jou kinders raas om hulle aan die skryf te kry.
Jy kan aanhou voel tuisskool is verskriklike harde werk, en so stres dat jy selfs tou opgooi met tuisskool.
Of jy kan 2-in-1-Afrikaans vandag koop en weet hoe voel dit om: