Jy bekommer jou dat jou kinders hulle lus en liefde om in Afrikaans te skryf, gaan verloor.
Handboek op handboek wat jy tot dusver probeer het, het nie juis gehelp nie, want dit was so verskriklik baie werk.
Jou kinders wil nie in Afrikaans werk nie en jy moet soebat en dreig dat hulle skryf.
Jy weet om goed te skryf is vreeslik belangrik as jou kinders eendag suksesvol wil wees. Die twyfel begin in jou hart opborrel...
Is ek besig om my kinders se toekoms op te duiwel?
Hoe sal dit voel as ...
... skoonma se oë rek oor die spogsinne waarmee jou kinders vorendag kom?
... jou kinders gretig is om in Afrikaans te skryf, weet waar om te begin en weet hoe om hulle eie werk na te gaan en te verbeter?
... jou kind koeltjies vir jou vriende verduidelik wat ’n metafoor en wat onomatopee is?
Jy kan ook hierdie soort van sukses smaak as jy Afrikaanse skryfwerk op ’n ander manier aanpak.
Sinne wat Sing ...
’n e-kursus wat Afrikaanse skryfwerk vir jou en jou kinders ’n louter plesier maak.
’n Tevrede ouma aan die woord ...
My kleindogter het nie te goed gevaar in die eksamen nie. Sy het die vakansie by Ouma kom kuier en hulp gevra.
Ek het op die minikursus Woorde met Woema* afgekom. Vir die res van die vakansie het sy ’n speletjie daarvan gemaak het om woemawoorde te soek en te gebruik.
Die skole het weer begin en sy het met trots haar boekverslag en Afrikaanse mondeling vir Ouma kom wys. Die grootste verandering is dat sy nie meer opsien om Afrikaans te doen nie, maar dit nou geniet.
*Woorde met Woema is die gratis miniweergawe van Sinne wat Sing
- Kinders oefen eers om prettige storietjies, wat reeds geskryf is, met nuwe skryftegnieke te verbeter
- ’n Hele 33 sulke tegnieke word behandel
- ʼn Uitdrukbare werkboek, waarin na hartelus aantekeninge gemaak kan word, is ingesluit
- In 5 ekstra lesse word van die tegnieke opnuut gedemonstreer en ingeoefen, sodat jou kinders dit waarlik kan bemeester
- Aftiklysies maak dit maklik om tegnieke op eie skryfwerk toe te pas
- Voorstelle van interessante idees en onderwerpe om self oor te skryf, word gegee
- Woordelyste dien as ’n wegspringplek en gee inspirasie
- In die luukser weergawes van die kursus het intekenare opsies om per e-pos persoonlike terugvoering oor opstelle te kry
Sinne wat Sing:
- Bestaan uit 35 videolesse met volledige transkripsies, waarlik in-diepte-opleiding
- Leer jou kinders stap vir stap van al die konsepte sonder om hulle te oorweldig.
• beter woorde te kies • beeldspraak te gebruik
• nie al hulle sinne ewe lank te maak nie • meer gevoelvol te skryf • hoe om aanhalings, dialoog & vrae in hulle skryfwerk te gebruik
“Ek is so beïndruk met my kinders se ontwikkeling”
“Ek doen jou skryfkursus met my oudste kinders. Hulle is tussen 12 (Claudia) en 15 (Nel) jaar oud. Ek sal graag so voorbarig wil wees en vir jou hul stories oor die boer en die appelboom stuur... Sommer net om bietjie te spog.
Ek is so beïndruk met hulle ontwikkeling... Hier is dit... Geniet dit.”
— Lidette Nieuwoudt
Klik hier en luister hier na Claudia se storie.
Klik hier en luister na Liané se storie.
“Ek het ’n ander kind,” laat weet dié tevrede ma
My dogter is as leergestremd deur ’n sielkundige gediagnoseer. In graad 2 is sy ’n “spesiale klas” gesit. Sy het elke jaar in die laerskool deurgekom, maar dis omdat ek haar gehelp het om alles soos ’n papegaai te leer.
Toe sy hoërskool toe moes gaan, het sy erg uit die bus geval en so begin sukkel dat sy van selfmoord begin praat het en gesê het sy “haat haar lewe.” Ek het toe besef my kind is nie vir hoofstroomskool gemaak nie en het besluit om haar te tuisskool. Maar ek het dit met ’n swaar hart aangepak, want hoe kan ek, wat ’n leek is, my kind leer?
Die artikels wat ek op oolfant.com ontdek het, was soos manna uit die hemel vir my sukkelende kind. Vir die eerste keer in haar lewe maak sy ’n boek klaar en begin spontaan met die volgende een. Sy raak mal daaroor om mondelings dinge uit te redeneer.
Die gratis minikursus Woorde met Woema* het haar so geïnspireer dat sy haar eie dagboek begin het, waarin sy skryf, maar ook sketse maak. Dis ’n pragtige stuk werk. Die waarheid is dat ek nou ’n ander kind het. Almal vra my wat het met haar gebeur. - AP
*Woorde met Woema is ’n gratis miniweergawe van Sinne wat Sing
Jy kan rustig die kursus uittoets en eers besluit of jy daarvan hou.
As jy binne 30 dae vind dat dit nie vir jou gesin werk nie, kry jy jou geld terug. Gewaarborg.
Elke gesin het ook lewenslank toegang tot die Sinne wat Sing en kan dit oor en oor gebruik.
Meer gebruikers wat in hulle noppies is
Wian Oosthuizen (12)
Wian (12) het Woorde met Woema* pas voltooi. Wat ’n verfrissende nuwe uitkyk om kinders te leer om interessante “lewende” stories te skryf.
Die video’s van elke les is lekker kort, maar dra die inligting helder oor. Die fokus is werklik om kinders te leer om met woorde te skilder.
As ons ’n nuwe generasie skrywers in Afrikaans wil hê, gaan hierdie kursus beslis bydra tot wonderlike stories vir die toekoms. — Hannelie Oosthuizen
“Lekker min skryfwerk, perfek vir onwillige seuntjies"
Ek het die gratis minikursus, Woorde met Woema*, aangepak saam met my 10- en 8-jarige seuns ... wat nie gewoonlik lus is vir skryf nie en gewoonlik poog om gedagtes so kort en kripties as moontlik neer te pen.
Die kursus was baie goed uiteengesit en die opdragte was kort en doenbaar vir elkeen van ons.
My oudste seun se gesig het behoorlik begin blom toe hy agterkom dat hy met die drie stappe sommer in ’n japtrap beter woorde kon kies om sodoende meer te sê met minder woorde. Dit beteken mos minder skryfwerk!
Ons kan ook almal goeie, beskrywende sinne identifiseer terwyl ek vir hulle voorlees uit hul gunsteling avontuurverhale.
Die kursus is dus maklik uitvoerbaar en kan met min moeite toegepas word ... selfs deur onwillige seuntjies! — Die Fouries
Miah Meyer (10)
Die Meyer gesin het in Augustus Woorde met Woema* op oolfant.com raakgeloop...
En wat 'n vreugde! Die twee dogters, Cara (14) en Miah (10) is besig om in Mamma se besiger tye hul eie stories te skryf.
Met die ontdekking van oolfant.com het daar nie net vir Mamma 'n ekstra hulpmiddel bygekom met ondersteuningsbriewe nie, maar ook hierdie oulike videolesse met 'n drukbare werkboek en ondersteuningsmateriaal klaar uitgewerk!
Vir enige tuisskoolmamma, en selfs net die mamma wat buite skool-ure ekstra hulp nodig het met kleingoed se skryfvernuf, is hierdie 'n wenner.
Marisa se aanbieding is duidelik, op die man af, kort genoeg vir kort aandagspanne, en volledig genoeg vir diegene wat ekstra moeite wil doen. – Die Meyers van die Bo-Karoo
Die Cloete-gesin
Die lessies is kort, maar kragtig — soos my seunskind daarvan hou. Marisa verduidelik die konsep eenvoudig en verstaanbaar, gebaseer op ʼn kort storie.
Die oefening wat die student dan doen, is lank genoeg om die konsep toe te pas, maar kort genoeg sodat hy nie belangstelling verloor nie. Na elke lessie het dieselfde basiese storie ’n heel ander smaak, net omdat daar verskillende tegnieke toegepas is. Ek was self verbaas oor die eindresultaat en het nuwe hoop vir my seun se skryfontwikkeling.
Ek is oortuig dat hierdie die fondasie was vir goeie doelgerigte verdere ontwikkeling. Dit sal moontlik wees omdat die begrippe maklik toegepas kan word op enige sin.
Die aftiklysie is ’n handige manier om die student te herinner wat om te doen.
Woorde met Woema* was ’n baie positiewe ervaring vir ons en ek kan dit sterk aanbeveel. — Elizabeth Cloete
*Woorde met Woema is ’n gratis miniweergawe van Sinne wat Sing
Meer tyd nodig om te besluit?
Toets die konsep eers met dié gratis minikursus uit:
Woorde met Woema is ’n miniweergawe
van Sinne wat Sing.
Die korter kursus gee jou ’n goeie idee wat om te verwag.
Jou instruktrise
Wie is ek om al hierdie dinge vir jou te vertel?
My naam is Marisa Haasbroek. Ek het twee kinders, Johannes (24) en Annamaria (22). Hulle was nooit een dag op skool nie. Alles wat hulle weet, alles wat hulle kan doen, het hulle hulself geleer. Onder my wakende oog natuurlik.
Ek is nou regtig wat mens ’n veteraantuisskoolma kan noem. Deur al die selftwyfel, deur al die gewroeg. Maar ook uiteindelik deur die verligting: tuisonderwys kan werk. Jou kinders kan baie suksesvol wees as jy hulle tuisskool. (Agterna het jy boonop kinders wat van jou hou en jy van hulle.)
Deesdae bly ons as gevolg van my man, Andries se werk in Amerika. Maar ons verlang nog steeds elke liewe dag met stukkende harte na biltong, braaivleis en blatjang. En om Afrikaans oral om jou te hoor. Veral dit.
Johannes is tans op kollege, soos hulle hier in Amerika sê, want hy wil in ’n kommunikasierigting werk. En Annamaria werk as 'n animeerder by Pixar Studios.
Een van my grootste skryfsuksesse was toe ek in 2016 die ATKVeertjie verower het vir my jeugverhaal Iewers vlieg daar fairy dust.