Fj1bpjlpsrafk6zyg0xk

SKRYF!

’n Skryfmodel wat jou kinders vir die res van hulle lewens met selfvertroue kan gebruik

   Kyk na die video   Skryf in vir die kursus

Johannes en die opstel

Augustus 2017 moes my seun Johannes op ʼn Saterdagoggend ʼn opstel skryf in ʼn aanlynkursus oor Engelse Letterkunde. Hy was glad nie mal oor dié kursus nie, maar hy moes dit deurkom om eendag ʼn graad te kan kry.

Die Saterdagoggend se onvoorbereide opstel was noodsaaklik om die kursus te slaag. Hy het die vorige aand nog by sy profiel ingegaan en seker gemaak hy weet presies wat om die volgende oggend te verwag.

En net daar, in sy oorgretigheid om goed voorberei te wees, doen hy iets verkeerd. Ons vermoed hy het die eksamen per ongeluk geaktiveer en onwetend die aftelling laat begin ...

Die volgende oggend toe hy sy profiel oopmaak, reg vir aksie, sou hy sien die tyd om dié noodsaaklike eksamen te skryf, het verstryk. Dit het gelyk of al sy harde werk van die afgelope maand en half tevergeefs was.

Toe moes jy ons sien skarrel

My man het kop gehou en voorgestel Johannes skryf vir die dosent ʼn e-pos en vra ʼn tweede kans. Tot dusver het Johannes sy werkstukke getrou en betyds ingedien en miskien, net miskien, sou die dosent hom genadig wees. Hy sou dalk punte verloor, maar sou tog die eksamen kon skryf.

Johannes het die e-pos geskryf en ons het gebid en gehoop en gesweet. ʼn Uur later het die dosent laat weet die eksamen is weer beskikbaar. Ons was verlig, maar die hele insident het Johannes se fokus en selfvertroue geknou.

Hy het net ʼn uur gehad om ʼn sinvolle opstel van 500 woorde te skryf oor die moeilike boek The Road. Ek kon sien my kind was ʼn senuweewrak.

’n Skryfmodel wat werk

Maar toe skop die jarelange gebruik van ʼn skryfmodel wat ek vir hom geleer het, in. Omdat hy presies weet waar om te begin, raak hy kalm. Hy begin skryf. En soos wat hy skryf, kom sy selfvertroue terug.

Hy het ook geweet mens skryf eers, en redigeer later. Eers tydens redigering kyk jy na sulke dinge soos hoe jou sinne begin en jy dalk iewers 'n vergelyking of 'n metafoor kan inwerk. Omdat hy die skryfmodel so goed geken het, het hy tyd gehad om ook hier afwerking in te bring.

Op die ou end het hy 80% vir sy opstel gekry. Nie sleg vir ʼn tweedetaalspreker wat boonop op ʼn baie slegte voet afgeskop het nie.

Wat van jou kinders?

Wil jy hê jou kinders moet ook so ʼn model hê waarheen hulle altyd kan terugkeer vir enige opstel wat hulle ooit in hulle lewens moet skryf? Of vir enige toespraak wat hulle moet maak?

In daardie geval, is hierdie twee kursusse perfek vir jou.

 

As jy ’n huis gebou het, was

Kom ons skryf ’n opstel

die basiese struktuur — die fondasie, dak en mure

Sinne wat sing

is die afwerking — die verf, matte en teëls.



.









.

Sinne wat sing

&

Kom ons skryf ’n opstel

is soos twee beste vriende. Saam-saam kan hulle jou kind leer om skitterend en met baie minder van ’n gesukkel te skryf.

 

Kan jy jou indink
hoe gemaklik &
met hoeveel selfvertroue
jou kinders sal kan skryf
na hulle vir so twee jaar
op hierdie maniere
leer werk het?




“Kursusse wat so geskryf is
dat selfs ek dit kan doen”

Ek is so dankbaar vir al Marisa se moeite om hierdie kursusse vir ons aan te bied. Op skool het ek baie goed in Wiskunde en Wetenskap gedoen, maar tale was vir my ’n nagmerrie! Elke oomblik van taalonderrig was vir my absolute straf.

Natuurlik het die vrees vir tale weer by my begin spook toe ek my seun begin tuisskool. Ek het verskeie ‘taalkursusse’ aangekoop – maar ek het my negatiwiteit oor Afrikaanse taalleer op my kind oorgedra.

En toe ontdek ek Marisa se kursusse. Sy het dit só geskryf dat tot ek dit kan doen! Danksy Marisa is my seun op 13 jaar beter in Afrikaans as wat ek in matriek was!

Elke keer as ek Marisa se kursusse doen, is ek van voor af vies dat in my skooldae geen onderwyser die moeite gedoen het om ons te leer HOE om opstelle te skryf nie. Noudat ek leer hoe om dit te doen, kom ek agter dis glad nie so moeilik nie.

Ek en my seun geniet dit nou baie om saam te leer Afrikaans skryf.

— Melanie van Staden

 


Klik op die prentjies hieronder en vind uit presies waaroor gaan elkeen van die twee kursusse.

Kursusse wat ingesluit word by die betaling



SKRYF: Sinne wat Sing
Leer hoe om met selfvertroue te skryf. Stap vir stap.
Marisa Haasbroek
R600
SKRYF: Kom ons skryf ’n opstel
Leer opsom. Leer skryf. Leer dink.
Marisa Haasbroek
R499

Oorspronklike prys: R1,099


 

SPESIALE PRYS AS JY DIE TWEE KURSUSSE SAAM KOOP


BETAAL NET R999


SPAAR R100!

 

ONTHOU OOK!

Jy kan presies hierdie selfde manier van doen
net so oordra na julle Engelse werk.

Die 5-paragraaf-opstel is ook ʼn uitstekende basis
vir die skryf van enige toesprake.

Jy het lewenslange toegang tot die 2 kursusse
en kan dit weer en weer nadertrek
soos wat jou kinders ryp word
vir die verskillende aspekte daarvaan.

Jou instruktrise


Marisa Haasbroek
Marisa Haasbroek

Wie is ek om al hierdie dinge vir jou te vertel?

My naam is Marisa Haasbroek. Ek het twee kinders, Johannes (21) en Annamaria (19). Hulle was nooit een dag op skool nie. Alles wat hulle weet, alles wat hulle kan doen, het hulle hulself geleer. Onder my wakende oog natuurlik.

Ek is nou regtig wat mens ’n veteraantuisskoolma kan doen. Deur al die selftwyfel, deur al die gewroeg. Maar ook uiteindelik deur die verligting: tuisonderwys kan werk. Jou kinders kan baie suksesvol wees as jy hulle tuisskool. (Agterna het jy boonop kinders wat van jou hou en jy van hulle.)

Deesdae bly ons as gevolg van my man, Andries se werk in Amerika. Maar ons verlang nog steeds elke liewe dag met stukkende harte na biltong, braaivleis en blatjang. En om Afrikaans oral om jou te hoor. Veral dit.

Johannes is tans op kollege, soos hulle hier in Amerika sê, want hy wil ingenieur word. En Annamaria kry opleiding as animeerder, want sy wil tekenprente maak.

As ek nie cappuccino drink nie, in die wonderlike Smithsonian kunsmuseum in Washington DC rondhang nie of saam met Annamaria en haar nuwe hondjie Hansie (’n worshondjie ons eie hansworsie) gaan stap nie, skryf ek graag stories. Lees my gewildste kortverhaal ooit, hier.


 

Soos met al my aanlynkursusse het jy ook met hierdie twee kursusse 30 dae om hulle uit te toets en eers te kyk of jy daarvan hou.

Indien nie, kry jy jou geld terug.

Vrae wat gereeld opduik


Vir watter graad is die kursus bedoel?
Die twee kursusse gaan die beste werk vir kinders wat laat in die laerskool of vroeg in die hoërskool is. Dit bied uitstekende voorbereiding vir matriek, deur Cambridge óf die GED.
Vir watter ouderdom gaan die twee kursusse die beste werk?
Vir kinders wat al goed kan lees en skryf. Jonger kinders gaan net stadiger deur die twee kursusse werk en ouer kinders vinniger.
Moet ek afsonderlike kursusse vir elkeen van my kinders koop>
Nee, die prys is per gesin. Jy kan dit dus oor en oor gebruik soos wat jou kinders ryp word daarvoor.
Vir hoe lank het ek toegang tot die kursusse?
Lewenslank. Alles is aflaaibaar en jy kan die leermateriaal op jou eie rekenaar bêre as jy dit verkies..
Ek is self nie veel van ’n skrywer nie. Gaan ek regkom met die kursus?
Jy gaan verstom wees om uit te vind hoeveel makliker dit is om te skryf as jy ’n model het wat jy kan volg. En verder as jy nodig gereedskap het om wat jou kinders geskryf het saam met hulle reg te dokter.
Hoekom die vreeslik klem daarop om goed te kan skryf?
Al hoe meer mense begin besef dat om hulle vlot op papier te kan uitdruk belangriker is as om eindelose sinne van lydend na bedrywend te verander. Of om lyste en lyste idiome en verkleinwoorde uit hulle koppe te leer. Vir verreweg die meeste mense is al die soorte bywoorde wat mens kry by die een oor in en die ander een uit. Maar hulle sal waarskynlik vir die res van hulle beroepslewe moet onthou hoe struktureer mens ’n stuk skryfwerk. Stel jou voor jou kind skryf elke week ’n opstel. As julle net 40 weke per jaar skoolwerk doen, beteken dit 40 opstelle per jaar. Sy gaan mos baie meer leer van skryf (en van dink!) as sy dit doen. En onthou, met hierdie model van SKRYF! tot jou beskikking, kan jy jou kind oor enige onderwerp van julle keuse laat skryf. Ook in ander vakke. Gestel jou kind skryf vir Biologie ’n opstel oor die verskil tussen plante en diere. Hy gaan die basiese konsepte van Biologie mos baie beter begryp as wanneer hy net feite uit een of ander handboek uit sy kop geleer het. Skryf leer jou kind dink. En om te kan dink, is een van die beste maniere om seker te maak hy gaan nog ’n werk hê as robotte al die ander mense se werk begin oorneem.
Is die kursus nie verskriklik baie werk nie?
My leuse was nog altyd: stap vir stap. Bietjie vir bietjie. As die paadjie tot by matriek vir jou lank en steil voel, moet jy aan SKRYF! dink as trappies en relings wat jou gaan help om baie makliker tot heelbo te kom. Jou kinders hoef aanvanklik nie veel meer as ’n halfuur per dag aan SKRYF! te spandeer nie. Maar is dit nou ’n halfuur wat vir die res van hulle lewens ’n verskil gaan maak. Onthou, jy doen SKRYF! absoluut teen jou eie pas. As jy langer wil stilstaan by sekere aspekte kan jy dit doen. En jy kan weer en weer terugkeer na lesse as jy dit nodig vind.
Ek het nog nooit vantevore ’n aanlynkursus gekoop nie. Gaan my kinders op ’n rekenaar moet werk?
Die werkboeke word in PDF formaat aan jou verskaf. Jy laai dit op jou eie rekenaar af en druk dit dan uit. Dis waarin jou kinders die werk gaan doen. Die videolesse is ook aflaaibaar. Jy kan dus die video's op ’n geheuestokkie laai en selfs in julle sitkamer op ’n groot TV skerm kyk, as julle dit verkies en julle TV dit kan doen. Maar julle kan die video's ook op ’n rekenaar kyk. As jy die videolesse eenmaal afgelaai het, is ’n internetverbinding nie meer nodig nie. Met SKRYF! kan jy dus jou bonusdatapakkette goed benut en die hele kursus aflaai op tye wanneer internetdata vir jou goedkoper is. En onthou, minute nadat jy jou kursus aangekoop het, kan jy daaruit begin werk. Jy hoef nie vir die pos te wag om handboeke vir jou af te lewer nie.

Begin dadelik!