SKRYF!
Leer ’n skryfmodel wat jou kinders vir die res van hulle lewens met sukses en selfvertroue kan gebruik
Kyk na die video
Groot vraag aan tuisskolers wat bekommerd is dat hulle kinders nie goed genoeg kan skryf nie:
Wat is die enigste verskil tussen tuisskolers wat ʼn skoolverlatingseksamen,
soos Cambridge of die GED,
se opstelle met selfvertroue kan aanpak
(selfs al daag hulle laat op omdat daar ʼn betoging was op pad na die eksamenlokaal)
en benoude, angstige tuisskolers
wat nie ʼn benul het wáár om met ʼn opstel te begin
nie?
As jy raai dis omdat hulle slimmer is, raai jy verkeerd.
As jy raai dis omdat hulle beter taalaanleg het, raai jy verkeerd.
As jy raai dis omdat hulle duur tutors gebruik het, raai jy steeds verkeerd.
Al hierdie dinge kan natuurlik ’n rol speel in hoe goed ’n kind kan skryf ...
maar dis net deel van die antwoord.
As jou kind nie vroeg-vroeg bedrewe raak om sy of haar gedagtes vlot te kan uitdruk
met goeie struktuur en uitstekende styl nie,
gaan natuurlike talent en duur tutors min help.
Johannes en die opstel
(en hoekom ek nou nog koue rillings kry as ek net aan daardie dag dink)
Augustus 2017 moes my seun Johannes op ʼn Saterdagoggend ʼn opstel skryf in ʼn aanlynkursus oor Engelse Letterkunde. Hy was glad nie mal oor dié kursus nie, maar hy moes dit deurkom om eendag ʼn graad te kan kry.
Die Saterdagoggend se onvoorbereide opstel was noodsaaklik om die kursus te slaag. Hy het die vorige aand nog by sy profiel ingegaan en seker gemaak hy weet presies wat om die volgende oggend te verwag.
En net daar, in sy oorgretigheid om goed voorberei te wees, doen hy iets verkeerd. Ons vermoed hy het die eksamen per ongeluk geaktiveer en onwetend die aftelling laat begin ...
Die volgende oggend toe hy sy profiel oopmaak, reg vir aksie, sou hy sien die tyd om dié noodsaaklike eksamen te skryf, het verstryk. Dit het gelyk of al sy harde werk van die afgelope maand en half tevergeefs was.
Toe moes jy ons sien skarrel
My man het kop gehou en voorgestel Johannes skryf vir die dosent ʼn e-pos en vra ʼn tweede kans. Tot dusver het Johannes sy werkstukke getrou en betyds ingedien en miskien, net miskien, sou die dosent hom genadig wees. Hy sou dalk punte verloor, maar sou tog die eksamen kon skryf.
Johannes het die e-pos geskryf en ons het gebid en gehoop en gesweet. ʼn Uur later het die dosent laat weet die eksamen is weer beskikbaar. Ons was verlig, maar die hele insident het Johannes se fokus en selfvertroue geknou.
Hy het net ʼn uur gehad om ʼn sinvolle opstel van 500 woorde te skryf oor die moeilike boek The Road. Ek kon sien my kind was ʼn senuweewrak.
Soveel was daardie oomblik vir my as ma op die spel
Ek het naels gekou terwyl ek gewonder het of hy, nogal in sy tweede taal en na al die drama, ʼn opstel suksesvol sou kon skryf?
Dit het oor meer gegaan as om net hierdie kursus deur te kom. Ek weet immers hoe belangrik skryf is. Ek weet dat as my kind sy gedagtes en idees goed kan uitdruk, dit deure vir hom oopmaak en meer kanse bied om invloed op ander mense te hê.
So baie vrese en verwagtings was vir my opgesluit in daardie enkele uur van opstelskryf.
Na al die oneindige geduld waarmee ek hom klank vir klank, letter vir letter leer lees het, na die duisende boeke wat ek deur die jare vir hom voorgelees het tot my keel hees was, na al die tyd en trane wat ek belê het toe gekies het om ʼn tuisskoler te wees, het ek nie hierdie een soete oomblik van sukses verdien nie?
Ek het verdien om te weet tuisonderrig was die regte keuse omdat dit van my kind ʼn volronde, goedontwikkelde jong volwassene gemaak het wat krisisse soos hierdie kon hanteer.
Ek het sekerlik verdien om ʼn kind te hê wat die nodige woordeskat en skryfvaardigheid het om suksesvol deur die lewe te kan kom.
En ek het verdien om te weet ek het my roeping as ma nagekom deur my kind akademiese sukses te laat smaak.
Sou ek dit kon regkry om al die kritici wat deur die jare oor en oor vir my gesê ek mors my kind se toekoms met tuisskool op hierdie oomblik op hulle neuse kon laat kyk?
Voor ek vir jou vertel wat toe daardie Saterdagoggend gebeur het ...
Die drie hoofredes hoekom jou kinders nog steeds elke sin met "en toe" begin en sonder sin of struktuur aan tjommel as hulle skryf (en hoe hulle nou dadelik daaruit kan ontsnap), is ...
Jy het dit gehaat om oor onderwerpe te skryf waarin jy nie belangstel nie
Toe jy hierdie hele tuisskoolding begin het, het jy jouself beloof dat al die dinge wat jy van skool gehaat het, jy jou kinders sal spaar.
Om opstelle te skryf, was een van hulle. Die wat jy die meeste verpes het, was die opstel wat jy die dag na ʼn heerlike uitstappie moes skryf. Dit was, wat jou betref, nou ʼn goeie manier om ʼn lekker ondervinding heeltemal te bederf.
Jy sal nooit van jou kinders vra om opstelle te skryf oor dinge waarin hulle nie belangstel nie, het jy jou voorgeneem. Of om nie te skryf as hulle nie lus is daarvoor nie.
En in die proses het jy jou kind daarom glad nie geleer hoe om te skryf nie.
Wat jy eintlik nodig het, is:
ʼn Metode wat dit vir jou kinders moontlik maak om juis te skryf oor dinge waarin hulle intens belangstel.
Niemand het jou ooit geleer skryf nie
(nie op ʼn sistematiese manier nie)
Jou herinnering van opstelskryf is dat die juffrou ʼn lysie van onderwerpe aflees en julle ʼn halfuur gee om dit te skryf. Gewoonlik het nie een van die drie onderwerpe jou lus gemaak om te skryf nie.
Halfhartig het jy een gekies en tien minute later besef jy gaan dit nie regkry om twee bladsye daaroor te skryf nie. En dan het jy oorhaastig ʼn ander onderwerp gekies en sin na sin te skribbel.
Nadat jy die vorige keer ʼn groot uittrap in rooi ink van die juffrou gekry het, omdat jy nie paragrawe in jou opstel gehad het nie, het jy hierdie keer darem van paragrawe onthou. Sodra dit vir jou gelyk het of die paragraaf lank genoeg was, het jy ʼn reël oorgeslaan en met ʼn nuwe paragraaf begin. Jy het maar net gehoop sy kom nie agter dat jy nie ʼn benul het hoe om paragrawe te beplan nie.
Met hierdie pynlike herinneringe aan opstelskryf, is dit iets wat jy liewer heeltemal met jou eie kinders vermy.
Wat jy (en jou kinders) eintlik nodig het, is:
ʼn Maklike struktuur wat julle kan help om ʼn opstel moeiteloos en met selfvertroue van nuuts af kan beplan voordat julle begin skryf.
Jy het nie die vaagste benul wat skryfstyl nou eintlik is nie
“Verbeter jou skryfstyl,” is nog een van die opmerkings wat die juffrou gereeld in die kantlyn van jou opstel geskryf het. As skoolkind het jy nie geweet wat op aarde sy daarmee bedoel nie.
Partykeer het sy gekla jou sinne is onvolledig. Dan was hulle weer te kort. En ander kere was hulle nou weer te lank. Wat wou sy hê, het jy moedeloos gewonder.
Wat jy (en jou kinders) eintlik nodig het, is:
ʼn Handvol styltegnieke wat julle kan nadertrek en gebruik soos wat julle dit nodig het.
Die goeie nuus is: dit is moontlik (en makliker as wat jy dink) om jou kinders te leer om goed te skryf en vir die res van hulle lewens al die voordele te ervaar as hulle hul goed kan uitdruk.
As jy tot hier gelees het, weet jy reeds hoe belangrik dit is om jou kinders te leer om goed te kan skryf. Ek hoef jou amper nie eens daaraan te herinner nie.
Maar miskien weet jy nie dat:
- Om te skryf waarin hulle regtig belangstel verreweg die BESTE en vinnigste manier is waarmee jou kinders leer om goed te skryf
- Dit moontlik is om ʼn maklike struktuur aan te leer waarmee hulle kan beplan om oor enige onderwerp te skryf
- Daar uiters aanleerbare styltegnieke bestaan waarmee hulle maklik en vinnig meer woema aan hulle woorde en meer skop aan hulle sinne kan gee.
- Jou kinders kan leer om enige skryfopdrag, ook al loop dinge skeef in ʼn eksamen, met selfvertroue kan aanpak
Al hierdie uitkomste is absoluut binne jou bereik, selfs al is jy self nie ʼn goeie skrywer nie,
maar dit gaan vereis dat jy van nou af ʼn sistematiese, stap-vir-stap-benadering tot skryf begin volg.
Laat ek nou vir jou vertel hoe daardie Saterdag op die ou end vir Johannes afgeloop het.
Na die rampspoedige begin, het die jarelange gebruik van ʼn skryfmodel wat ek vir hom geleer het, ingeskop. Omdat hy presies geweet waar om te begin, raak hy kalm. Hy het begin skryf. En soos wat hy geskryf het, het sy selfvertroue teruggekom.
Hy het ook geweet mens skryf eers, en redigeer later. Eers tydens redigering kyk jy na sulke dinge soos hoe jou sinne begin en of jy dalk iewers 'n vergelyking of 'n metafoor kan inwerk. Omdat hy die skryfmodel so goed geken het, het hy tyd gehad om afwerking ook in te bring.
Op die ou end het hy 80% vir sy opstel gekry.
Nie sleg vir ʼn tweedetaalspreker wat boonop op ʼn baie slegte voet afgeskop het nie.
Ek stel graag bekend:
’n Volledige skryfmodel wat jou kinders vir die res van hulle lewens met selfvertroue en sukses sal kan gebruik.
My inboks is vol van e-posse van ma’s wat radeloos voel as hulle dit nie regkry om hierdie enkele sleutelvaardigheid vir hulle kinders te leer nie.
Ma’s wat voel of hulle hul kinders gefaal het met tuisskool.
Maar ma’s wat weet as hulle net vir hulle kinders kan leer om goed te skryf, so baie ander dinge in plek laat val.
Vir al hierdie ma’s soos jy, verskaf my omvattende skryfkursus
ʼn model wat jou kinders stap vir stap gaan leer hoe om te skryf oor enigiets wat vir hulle interessant is, in enige situasie, al is dit hoe moeilik, en om dit boonop met flair, vernuf en gemak te doen.
Jou instruktrise
Wie is ek om al hierdie dinge vir jou te vertel?
My naam is Marisa Haasbroek. Ek het twee kinders, Johannes (24) en Annamaria (22). Hulle was nooit een dag op skool nie. Alles wat hulle weet, alles wat hulle kan doen, het hulle hulself geleer. Onder my wakende oog natuurlik.
Ek is nou regtig wat mens ’n veteraantuisskoolma kan noem. Deur al die selftwyfel, deur al die gewroeg. Maar ook uiteindelik deur die verligting: tuisonderwys kan werk. Jou kinders kan baie suksesvol wees as jy hulle tuisskool. (Agterna het jy boonop kinders wat van jou hou en jy van hulle.)
Deesdae bly ons as gevolg van my man, Andries se werk in Amerika. Maar ons verlang nog steeds elke liewe dag met stukkende harte na biltong, braaivleis en blatjang. En om Afrikaans oral om jou te hoor. Veral dit.
Johannes is tans op kollege, soos hulle hier in Amerika sê, want hy wil in ’n kommunikasierigting werk. En Annamaria werk as 'n animeerder by Pixar Studios.
Een van my grootste skryfsuksesse was toe ek in 2016 die ATKVeertjie verower het vir my jeugverhaal Iewers vlieg daar fairy dust.
Dis waaruit die volledige kursus bestaan:
1. Jou kinders gaan leer hoe om ʼn opstel aanmekaar te sit
Hulle gaan ʼn model kry wat hulle vir altyd in staat gaan stel om enige inligting vinnig en sinvol te kan omskep in logiese leesbare paragrawe, en van daar af in ʼn samehangende opstel.
Die beste is dat dit stap vir stap aangeleer word. Bietjie vir bietjie sodat die kind nie oorweldig voel nie. Deur te leer om vooraf net ʼn bietjie beplanning te doen, kry jou kinders boonop ʼn baie beter greep op opstelskryf.
Hier is van die stappe hoe jou kind uiteindelik daarby gaan kom:
- Kry ʼn maklik onthoubare en konkrete voorstelling van al die eienskappe wat ʼn goeie paragraaf moet hê. Dis ʼn prentjie wat kinders hulle lewe lank gaan bybly.
- Ontwikkel as’t ware X-straal-oë waarmee jy die struktuur van ander skrywers se werk kan raaksien sodat jy vinniger kan opsom, maar ook gouer kan insien wat die skrywer probeer sê het. Hierdie vaardigheid gee jou kind ʼn voorsprong as dit by leesbegrip kom.
- Leer van 5 oulike maniere om met meer oemf af te skop as jy skryf
- Kry ʼn uiters bruikbare wenk hoe jy jou opstelle onmiddellik meer samehang kan gee, wat seker maak dit wat jy waarlik wou sê word oorgedra.
2. Jou kinders gaan ook ʼn hele gereedskapkissie vol styltegnieke kry
Meer as dertig stylmiddels word een vir een behandel, van vergelykings en metafore, tot die sinvolle gebruik van werkwoordpatrone en bysinne.
Deur soos Johannes die beginsel te leer dat mens eers skryf en later redigeer, word baie van die angs uit skryfwerk weggeneem. As mens nie so te werk gaan nie, raak skryf ʼn bondel take wat jy almal gelyk moet doen en dan voel dit of jy dit net nooit gaan bemeester nie.
Tydens die redigeerfase het die kind nou ʼn lysie van meer as 30 stylmiddels wat hy kan nadertrek en na hartelus kan aanwend. Jou kind gaan die styltegnieke in hierdie kursus leer deur eers nie self te skryf nie, maar deur oulike stories wat aan hom verskaf is reg te dokter met die styltegnieke.
Leer onder andere:
- van ʼn enkele en verskriklike maklike manier om binne minute meer trefkrag aan jou skryfwerk te gee.
- Hoe jy hierdie een styltegniek die wêreld van jou skryfwerk groter kan maak en onmiddellik impak kan gee sodat mense glo jy weet waarvan jy praat
- Hoekom dit nodig is om soms bietjie aan te dik as jy skryf
- Hoe om dit vir jou leser te laat voel of hy dáár, binne-in jou skryfwerk getrek word
- Waar jou sesde sintuig in jou lyf sit en hoe jy hierdie sintuig kan gebruik as jy skryf
3. Kry ʼn model wat kinders kan gebruik om oor enigiets te skryf
Een van die groot voordele van die skryfmodel wat jou kinders gaan leer, is dat dit vir hulle algemene beginsels van skryf leer. As hulle eers eenmaal die model bemeester het, kan hulle dit gebruik waar hulle ook al wil.
Nog ʼn feit om te onthou, is dat alhoewel hulle die model in hulle moedertaal, Afrikaans, aanleer, hulle hierdie skryfvaardigheid net so kan oordra na Engels.
Hulle gaan:
- Die tegnieke oor en oor inoefen, maar elke keer op interessante, vars stories sodat hulle nie verveeld raak nie
- Lyste kry van moontlike onderwerpe om oor te skryf
- Wenke kry hoe om hulle eie skryfonderwerpe te genereer, want onthou as kinders kan skryf waaroor hulle regtig belangstel, hulle die heel vinnigste en maklikste leer
- Die model wat hulle gaan leer, werk net so goed vir toesprake
- Reg aan die begin van die kursus ʼn blitskursussie sommer mondeling doen, wat dadelik hulle selfvertroue gaan verhoog en wys dat hulle skryf maklik kan bemeester.
So pas bygevoeg by SKRYF!
3 baie, baie nuttige
bykomende lesse
Hoe skryf mens ’n beskrywende opstel
vir die Cambridge IGCSE eksamen?
Hierdie bonusles word aangebied deur Truida-Mart Blignaut, 'n Afrikaanse tuisskoolma wie se kinders uitstekend met Cambridge eksamen gevaar het. Sy is ook 'n Cambridge tutor.
Die les bestaan uit ’n klankopname + volledige werkboek + voorbeeldopstel
Hoe skryf mens ’n beredeneerde opstel
vir die GED® eksamen?
Hierdie bonusles is opgestel deur Shirley Erwee. Dis volledig na Afrikaans vertaal en word aangebied deur Marisa Haasbroek.
Die les bestaan uit ’n videoles + volledige werkboek + voorbeeldopstel. Drie bykomende oefentekste is verskaf sodat die tegniek goed ingeoefen kan word.
Danksy hierdie les kan jou kind belangrike skryfvaardighede eers in sy of haar moedertaal inoefen en dit dan in Engels leer toepas.
Die kursus oor die beredeneerde opstel
is ook te koop as 'n losstaande kursus
English version of this course.
Hoe merk ek my kind se werk?
’n Opstel en ’n toespraak word op ’n video nagesien en geëvalueer sodat jy ’n beter idee kan kry van die soort terugvoering wat jy vir jou kind moet gee.
Die twee lesse bestaan elk uit ’n videoles + volledige transkripsie.
“Dit is so maklik om oor te skakel na Engels toe omdat ons ervaring met oolfant se Afrikaanse skryfkursusse so positief en volledig is!” – Adri Hugo
“Ek is so beïndruk met my kinders se ontwikkeling”
“Ek doen jou skryfkursus met my oudste kinders. Hulle is tussen 12 (Claudia) en 15 (Nel) jaar oud. Ek sal graag so voorbarig wil wees en vir jou hul stories oor die boer en die appelboom stuur... Sommer net om bietjie te spog.
Ek is so beïndruk met hulle ontwikkeling... Hier is dit... Geniet dit.”
— Lidette Nieuwoudt
Klik hier en luister hier na Claudia se storie.
Klik hier en luister na Liané se storie.
“Kursusse wat so geskryf is
dat selfs ek dit kan doen”
Ek is so dankbaar vir al Marisa se moeite om hierdie kursusse vir ons aan te bied. Op skool het ek baie goed in Wiskunde en Wetenskap gedoen, maar tale was vir my ’n nagmerrie! Elke oomblik van taalonderrig was vir my absolute straf.
Natuurlik het die vrees vir tale weer by my begin spook toe ek my seun begin tuisskool. Ek het verskeie ‘taalkursusse’ aangekoop – maar ek het my negatiwiteit oor Afrikaanse taalleer op my kind oorgedra.
En toe ontdek ek Marisa se kursusse. Sy het dit só geskryf dat tot ek dit kan doen! Danksy Marisa is my seun op 13 jaar beter in Afrikaans as wat ek in matriek was!
Elke keer as ek Marisa se kursusse doen, is ek van voor af vies dat in my skooldae geen onderwyser die moeite gedoen het om ons te leer HOE om opstelle te skryf nie. Noudat ek leer hoe om dit te doen, kom ek agter dis glad nie so moeilik nie.
Ek en my seun geniet dit nou baie om saam te leer Afrikaans skryf.
— Melanie van Staden
“My dogter mag dalk selfs van skryf begin hou.”
“Ons is nog maar in Afdeling A van Skryf 'n opstel, en moet 'n taak doen waar een van die opdragte is om 'n paragraaf te skryf. My dogter het dadelik die stappe vir 'n paragraaf skryf toegepas, en daarna sê sy verbaas dat sy nie kan glo die paragraaf is haar eie handewerk nie. Sy mag dalk selfs van skryf begin hou.” – Janet Kleynhans
“My dogter werk heeltemal op haar eie”
My dogter Martie werk heeltemal op haar eie deur hierdie kursus. Sy vra my net as sy regtig iets nie verstaan nie. SKRYF! help haar baie.
Ek is ook baie bly oor die nuwe goed wat tot hierdie kursusse gevoeg gaan word. Dis baie sinvol en ek sal dit beslis by my vriende aanbeveel.
— Marietjie Rossouw
“Ek en my kinders is baie beïndruk met die kursus.”
Ek en my kinders is baie beïndruk met die kursus. My twee oudstes is kinestetiese leerders, en my dogter (16) so ver verwyder van 'n skrywer soos Pluto van die son. Sy is 'n boer in murg en been en 'n buite kind wat geen nut sien vir pen en papier en skryf nie. Aanvanklik het sy met 'n redelike dik bek voor die skerm gaan sit om die lesse te kyk, maar tot ons albei se groot verbasing het sy, deur die raad stap vir stap toe te pas nogal 'n heel aanvaarbare paragraaf geskryf die eerste keer en dus van daar af met baie minder moeite die lesse gekyk.
Ouboet (14) was ook maar 'n taai toffie, maar omdat hy weet hy kies 'n rigting waar hy hierdie vaardighede gaan nodig hê, het hy ingespring en begin met die eerste les en weer eens, van die tweede les af was dit baie makliker.
— Lana Maree
“Ek wil ook so mooi in Afrikaans skryf.”
Die mooi beskrywende Afrikaanse woordgebruik in hierdie kursus inspireer my so dat ek as ma sommer ook die kursus wil doen – ek wil ook so mooi beskrywend in Afrikaans skryf!
— Lehett van der Nest
SPESIALE PRYS AS JY DIE TWEE KURSUSSE SAAM KOOP
BETAAL NET R1399
SPAAR R100!
Soos met al my aanlynkursusse het jy ook met hierdie twee kursusse 30 dae om hulle uit te toets en eers te kyk of jy daarvan hou.
Indien nie, kry jy jou geld terug.
Vrae wat gereeld opduik
Ek weet jy loop en tob of jy SKRYF!moet koop,
so kom ek maak dit vir jou makliker
sodat jy die beste besluit
vir jóú omstandighede kan neem.
Jy moet ver weg bly van SKRYF! as:
jy op soek is na ’n kitsoplossing wat jou kinders oornag gaan leer om skrywers te word wat met die Hertzogprys gaan wegstap.
O, ons wens almal dit was so maklik. Maar die feit is, dit is nie.
Die verstandige jy, die verantwoordelike ouer, weet hoe belangrik dit vir jou kinders gaan wees om goed te kan skryf, sodat hulle matriek met vlieënde vaandels kan deurkom. En later, op universiteit, kollege of technikon, en eendag in hulle beroepe sal hulle ook met gemak moet kan skryf.
Daardie wyse jy weet jy gaan so dankbaar wees as jy vroeg begin om ’n sleutelvaardigheid soos skryf vir jou kinders te leer. En dat iets só belangrik jare vat om te bemeester, stap vir stap aangeleer, en ingeoefen moet word.
Wat jy nodig het, is ’n pad met al die nodige padborde en al die vinnige snelweë. En dis presies wat SKRYF! vir jou bied.
As jou kinders reeds goeie opstelle kan skryf. As hulle reeds opstelle kan skryf wat samehang het, paragrawe reg gebruik en onthou om hulle lesers ’n oorsig te gee van wat hulle gaan sê en ook gesê het...
Veels geluk! Jou kinders behoort Cambridge se taalvraestelle of die GED s'n te kan deurkom.
SKRYF! sou hulle kon gehelp het met baie meer soos om hulle sinne op verskillende maniere te begin, werkwoorde te gebruik wat woema het, en sulke dinge soos metafore en vrae vlot in hulle sinne in te vleg.
... maar as jou kinders gereed is om matriek oor ’n paar weke te skryf, is SKRYF! waarskynlik te laat om te doen.
Jy is nie oortuig dat jy met tuisonderrig gaan volhou nie. Jy dink omtrent elke dag daaraan om maar liewer jou kinders terug te sit in die skool. Sodat iemand anders hulle kan leer hoe om behoorlik te skryf.
Niks daarmee verkeerd nie. Die meeste mense verkies daardie roete.
Want om jou kinders te help om deur SKRYF! te werk, gaan werk van jou vereis. Nie te veel nie. En net elke dag ’n bietjie. Maar julle sal dit getrou moet doen. Want dis hoe jy kinders kry wat met stralende gesigte hulle nuwe opstelle en stories vir pa en ouma en al die familie wat kom kuier wil voorlees. Dis ook hoe jy die genot het om te sien hoe rek daardie toehoorders se oë oor die gehalte van jou kinders se skryfwerk.
MAAR ...
As jy ’n regmerkie by ten minste 4 van hierdie 6 boksies kan maak ... dan moet jy dit absoluut vir jouself gun om SKRYF! vir die 30-dae-proeftydperk uit te toets.
□ Jou kinders is vroeg in die laerskool, kan al lees en skryf, en alhoewel jy so pas begin tuisskool het, wil dinge van die begin af reg doen
□ Jy tuisskool nou al ’n rukkie, en jou kinders is dalk al hoërskoolouderdom, maar hulle skryfwerk wil net nie op dreef kom nie
□ Of hulle nou hoërskool- of laerskoolouderdom is, jy is bereid om te sorg dat jou kinders elke dag minstens ’n halfuur lank deur die kursus werk en die oefeninge doen.
□ Om die waarheid te sê, spandeer julle klaar heelwat meer as ’n halfuur per dag aan Afrikaanse skryfwerk, maar dit voel nie regtig of julle vorder nie
□ Jy is opgewonde oor die moontlikhede wat beter skryf vir die res van hulle lewens vir jou kinders gaan beteken. En hoe salig dit gaan wees om kinders te hê wat Afrikaans weer geniet. En jy weet daardie heerlike bonuskursus gaan boonop hiermee help.
En natuurlik ...
□ Jy geniet dit om te sien hoe jou kinders groei en vorder, rustig en op hulle tyd die mense word wat hulle veronderstel is om te wees.
Kon jy minstens vier van die blokkies afmerk? Gun dit dan vir jouself om SKRYF! vir 30 dae op die proef stel.
Ek kan nie wag om jou te help om gelukkige, skrywende kinders te hê nie.
Gaan jy vir jou kinders hierdie gawe van trefsekerheid met skryf gee?
Teen hierdie tyd weet jy nou al dat
die enigste verskil
tussen tuisskolers wat ʼn eksamen, soos Cambridge of die GED, se opstelle met selfvertroue kan aanpak,
En benoude, angstige tuisskolers wat nie ʼn benul het waar om met ʼn opstel te begin nie,
net is
dat die wat suksesvol is ...
ʼn maklike skryfmodel het wat hulle kan gebruik.
In SKRYF! kry jy en jou kinders toegang tot so ʼn skryfmodel.
Een wat hulle in hulle studies, maar ook later in hulle beroepslewe moeiteloos, maar met selfvertroue sal kan toepas.