Spel sonder sukkel

Leer reg spel. Op die regte manier.

   Kyk na die video
 

Spel jou kinders

BEROERD?

 

Sal dit nie wonderlik wees nie as jy kon uitvind hoe om op spelling

• op die regte manier te begin leer

• op die regte plek daarmee te begin

• op die regte dinge te fokus?


 

Jy weet dat om goed te kan skryf en reg te kan spel is verskriklik belangrik vir jou kind se toekoms.

Jy het al gehoor navorsing wys dat mense met goeie taalgebruik beter poste kry en meer bevordering.

Dis wat jy graag vir jou kind wil gee, maar ...


As jy self nie eens weet waar om te begin nie

As jy self nie watwonders spel nie

As spelling soos Kilimanjaro voel wat julle net nie kan oor nie


Hoe doen jy dit?

 

Lees asseblief verder.


Want wat hier volg kan die sukkel

vir altyd

vir jou uit spelling haal.

 

Ek hoef jou nie weer te herinner watter goeie indruk dit maak as jou kind goed kan spel nie.

Nie net vandag op familie en vriende nie, maar ook eendag op ’n werkgewer.


Mag ek nou onomwonde vir jou sê:

jou kinders kan goed leer spel.

En met baie minder pyn as wat jy vermoed.

Jou instruktrise


Marisa Haasbroek
Marisa Haasbroek

Wie is ek om al hierdie dinge vir jou te vertel?

My naam is Marisa Haasbroek. Ek het twee kinders, Johannes (24) en Annamaria (22). Hulle was nooit een dag op skool nie. Alles wat hulle weet, alles wat hulle kan doen, het hulle hulself geleer. Onder my wakende oog natuurlik.

Ek is nou regtig wat mens ’n veteraantuisskoolma kan noem. Deur al die selftwyfel, deur al die gewroeg. Maar ook uiteindelik deur die verligting: tuisonderwys kan werk. Jou kinders kan baie suksesvol wees as jy hulle tuisskool. (Agterna het jy boonop kinders wat van jou hou en jy van hulle.)

Deesdae bly ons as gevolg van my man, Andries se werk in Amerika. Maar ons verlang nog steeds elke liewe dag met stukkende harte na biltong, braaivleis en blatjang. En om Afrikaans oral om jou te hoor. Veral dit.

Johannes is tans op kollege, soos hulle hier in Amerika sê, want hy wil in ’n kommunikasierigting werk. En Annamaria werk as 'n animeerder by Pixar Studios.

Een van my grootste skryfsuksesse was toe ek in 2016 die ATKVeertjie verower het vir my jeugverhaal Iewers vlieg daar fairy dust.

Lees my gewildste kortverhaal ooit, hier.


 

Ek stel graag bekend:

’n Kort aanlyn kursus wat jou gaan wys hoe om

jou eie, indiwiduele spelprogram op te stel

en vir eens en vir altyd die spelmonster te oorwin.

Ek het in 2021 van die oolfant kursusse aangekoop. Ons gaan nog 15 Minuut Afrikaans later in die jaar aanpak, maar het vir eers met spelling begin.

Net hiervoor is dit die geld en moeite werd! My oudste het met tweeklanke gesukkel en nou lees en spel hy dit soveel beter! My jongste is so trots op homself elke keer wanneer hy als reggespel het! Dit is wonderlik om sy selfvertroue te sien groei! Hul geniet die sinnetjies wat ek opgemaak het, soos Stoute Oupa kou sy mou en dit help hul die sinne gou te memoriseer.

Ek laat die twee hul sinnetjies self korrigeer. Partykeer kom hulle hul foute agter nog voordat hul kans gekry het om die kaartjies na te gaan. Maar gewoonlik is hul spelling uitmuntend! Baie dankie vir jou kursus!

- Natasha Allison

 

Spel sonder sukkel bestaan uit 10 kort videolesse waar 6 prosesse en 4 stappe behandel word om jou kinders effektief en sonder drama te leer spel.

Vind byvoorbeeld uit:

• Wat die 22 klanke is wat jy in Afrikaans moet ken

• Wat die 600 basiese woorde is wat mens in enige taal moet ken

• Wat is die 10 belangrikste spelreëls in Afrikaans waar die meeste foute voorkom

• Van ’n gratis en effektiewe manier om elektroniese flitskaarte te maak

• Hoe en hoekom jy prentjies moet gebruik

• Waarom die klank van die taal so belangrik is en hoe jy dit moet gebruik

’n Wonderlike werkboek is ook vir jou beskikbaar waarin jy stap vir stap jou eie spelprogram kan begin saamstel.

Ook ingesluit: die eerste 22 sinne, prentjies en klankopnames om jou te help om so vinnig as moontlik aan die gang te kom met jou eie spelprogram.

 

Soos al my kursusse het Spel sonder sukkel ook ’n 30-dae-geld-terug-waarborg.

As jy nie tevrede is met die program nie, stuur jy binne 30 dae na jou aankoop vir my ’n e-pos en ek betaal jou geld vir jou terug. Sonder dat enige vrae gevra word.

Dis hoeveel vertroue ek het dat Spel sonder sukkel jou regtig gaan help met spelling.

Vrae wat gereeld opduik


Hoe lank neem dit om deur die kursus te werk?
Die videolesse is kort en bondig en is bedoel om die nodige konsepte so gou as moontlik aan jou te verduidelik. Saam is hulle so net oor 70 minute lank. Die werk om jou eie spelprogram te bou, is egter iets wat maande en selfs jare kan neem om af te handel. Die doel van die program is om vir jou ’n stuk gereedskapstuk te gee om eers makliker woorde, maar uiteindelik enige spelwoord, selfs die heel moeilikstes, vir altyd reg te leer spel.
Is die kursus geskik vir enige ouderdom?
Ja, dit leer jou basiese beginsels oor hoe mens memoriseer. Jy moet net jou tegnieke aanpas met kinders wat jonger is as 8 agt. Maar daaroor kry jy ook leiding in die kursus.
Is hierdie kursus 'n rekenaarkursus?
Die video’s kan jy op jou rekenaar kyk, maar daar is ook transkripsies beskikbaar wat jy kan uitdruk en lees. Die werkboek moet uitdruk en op papier voltooi.
Werk die kinders op ’n rekenaar
As jy die elektroniese flitskaartprogram wat ek voorstel gaan gebruik, ja, dan werk die kinders op ʼn rekenaar of op hulle selfone. Maar jy kan die beginsels in hierdie kursus net so goed toepas deur kartonflitskaartjies te maak.
Vir hoe lank het ek toegang tot die kursus?
Lewenslank. Die prys van die kursus is ook per gesin.
Sê net gou vir my wat kry ek alles as ek vandag inskryf?
Graag. Jy kry 10 videolesse + hulle transkripsies. Verder ook die werkboek wat jy stap vir stap lei deur die proses om jou eie spelprogram wat uniek aan julle gesin is op te stel.
 

Onthou jy dat ek aan die begin gevra het of jy moed sou kon skep dat die probleem met spelling vir altyd kon verdwyn as jy net ’n manier kon kry om jou kinders stap vir stap te leer om beter te spel?

Nou kan jy hierdie vraag antwoord. En met selfvertroue.

Want Spel sonder sukkel is presies so ’n stelsel wat jou in staat gaan stel om die goeie gewoonte om reg te spel baie makliker vir jou kinders te leer.

En die gemoedsrus dat jy hulle help met hierdie belangrike sleutelvaardigheid.

 

Voor jy Spel sonder sukkel koop ... lees eers hier


Jy is baie, baie welkom om Spel sonder sukkel as ’n alleenstaande kursus te koop, maar het jy geweet Spel sonder sukkel is outomaties ingesluit by die taalkursus 15-Minuut-Afrikaans.


In 15-Minuut-Afrikaans leer kinders vir 30 weke lank op ’n prettige manier van woordsoorte en bou hulle woordeskat uit. Maar in 15-Minuut-Afrikaans gaan jou kinders ook elke dag te doene kry met baie van die begrippe wat noodsaaklik is vir goeie spelling, soos wat vokale en konsonante is en hoe om woorde in lettergrepe te verdeel.


As jy twee vlieë met een hou wil doodslaan,

gaan loer gou wat 15-Minuut-Afrikaans jou alles bied.



KLIK HIER vir meer inligting oor 15-Minuut-Afrikaans

Begin dadelik!