Raak die beredeneerde opstel baas

Leer en oefen die stappe om 'n goeie beredeneerde opstel in die GED® eksamen te skryf

   Kyk na die video
 

Om 'n beredeneerde opstel te skryf kan uitdagend wees.

Veral as jy nie vaardig genoeg is om dit oortuigend te doen nie.


Wat maak 'n beredeneerde opstel so uitdagend?


Jy moet vir jou gehoor wys dat jy 'n kant kan kies in 'n omstrede onderwerp.

En dan moet jy 'n oortuigende argument bou om jou standpunt te regverdig.

Jy moet jou lesers in formele, professionele taalgebruik wys dat jou keuse die geloofwaardigste posisie is.

En jy moet dit baseer op die getuienis wat aangebied is.


 
  • Hoe skryf jy ’n beredeneerde opstel met selfvertroue?
  • Hoe kies jy ’n kant? Watter kriteria moet jy gebruik?
  • Hoe vind jy bewyse?
  • Hoe oorreed jy jou leser?
  • Hoe maak jy seker jou argument is logies en oortuigend?
 

Vir die meeste van ons is die blote gedagte om so ’n opdrag te takel vreesaanjaend.

Die meeste studente het nie ’n benul hoe lyk ’n goeie opstel nou eintlik nie. Hulle weet ook nie hoe so ’n beredeneerde opstel beoordeel word nie en selfs al weet hulle, kom die meeste studente die vaardighede kort om ’n goeie punt hiervoor te verdien.

As hy deurmekaar aangebied word, val ’n beredeneerde opstel plat. Die meeste studente spring heen en weer tussen die twee uitgangspunte en kry dit nie reg om duidelik standpunt in te neem ten gunste van een kant of die ander nie.

Hulle verbind nie hulle idees met mekaar nie en bied hulle ook nie ’n logiese volgorde aan nie.

’n Beredeneerde opstel is nie dieselfde as ’n verhalende opstel of ʼn navorsingsverslag nie. Die beredeneerde opstel het sekere sleutelelemente nodig, waarsonder die ander soort opstelle maklik kan klaarkom.


Hoe skryf jy ’n skitterende beredeneerde opstel?

 

Beredeneerde opstelle leer jou uitmuntend debatteer.

Hulle leer jou om wat jy lees en die bewyse wat aangebied word te bevraagteken.

Hulle dwing hou om te dink oor standpunte wat mag verskil van jou eie.


Is jy in staat om ’n beredeneerde opstel te skryf wat ’n standpunt ondersteun wat lynreg indruis met jou eie mening en oortuigings oor die onderwerp?


Dis presies wat nodig is as jy goed wil vaar met hierdie soort opstel.


Hoe doen jy dit?


Hoe verhoed jy dat jou eie gevoelens en opinies jou oordeel vertroebel en jou argument verswak?

 

Beredeneerde opstelle leer jou om vaardighede te ontwikkel om nuwe inligting voortdurend te bevraagteken en op te weeg.

Hulle help jou om kritiese denke te ontwikkel, iets wat noodsaaklik is vir sukses met die GED® maar ook met die lewe.


Die meeste van ons is nooit geleer nie hoe om goeie opstelle te skryf nie, wat staan nog vaardighede soos:

• ontleding
• kritisering
• vergelyking of
• kontrastering

wat nodig is om ’n goeie beredeneerde opstel aanmekaar te sit.


Ons het nie die gereedskap nie.


Ons het nie ’n plan nie.


Ons het nie die vaagste benul nie.

 

Die e-kursus


Raak die beredeneerde opstel baas


is die oplossing wat jy nodig het.

 


Hierdie kursus is opgestel deur Shirley Erwee, ‘n tuisskoolma wat ander tuisskolers baie suksesvol help om voor te berei vir die GED®.


Marisa Haasbroek het alles vertaal om dit vir Afrikaanse tuisskolers makliker te maak om langer in Afrikaans te kan tuisskool.


Danksy hierdie Afrikaanse kursus kan jou kind hierdie sleutelvaardigheid eers in sy of haar moedertaal baasraak, voordat julle oorskakel na Engels.


Please click here

if you want to buy

the English version of this course!

 

1.

In 'n videoles word daar eers gesels oor die algemene beginsels van so 'n beredeneerde opstel.



2.

Daarna word stap vir stap (en steeds op video) gedemonstreer hoe mens so 'n opstel skryf deur twee voorbeeldtekste teen mekaar op te weeg soos wat dit in die eksamen verwag word.



3.


Daarna kan studente die werkboek en nog drie stelle oefentekste gebruik om hierdie soort beredeneerde opstelle goed in te oefen.


 

Dis alles ingesluit by die kursus


1. Volledige aflaaibare videoles (ongeveer 30 minute lank)

2. Volledige transkripsie van die les

3. Die voorbeeldopstel + die tekste wat gebruik is

4. 'n Werkboek waar die proses stap vir stap geoefen kan word

5. Nog 3 stelle oefentekste

6. 'n Lys van nuttige woorde wat gebruik kan word in sulke opstelle

7. 'n Diagram met 'n donkiebruggie om te onthou watter vrae gevra moet word as sulke tekste beoordeel word

Jou instruktrise


Marisa Haasbroek
Marisa Haasbroek

Wie is ek om al hierdie dinge vir jou te vertel?

My naam is Marisa Haasbroek. Ek het twee kinders, Johannes (24) en Annamaria (22). Hulle was nooit een dag op skool nie. Alles wat hulle weet, alles wat hulle kan doen, het hulle hulself geleer. Onder my wakende oog natuurlik.

Ek is nou regtig wat mens ’n veteraantuisskoolma kan noem. Deur al die selftwyfel, deur al die gewroeg. Maar ook uiteindelik deur die verligting: tuisonderwys kan werk. Jou kinders kan baie suksesvol wees as jy hulle tuisskool. (Agterna het jy boonop kinders wat van jou hou en jy van hulle.)

Deesdae bly ons as gevolg van my man, Andries se werk in Amerika. Maar ons verlang nog steeds elke liewe dag met stukkende harte na biltong, braaivleis en blatjang. En om Afrikaans oral om jou te hoor. Veral dit.

Johannes is tans op kollege, soos hulle hier in Amerika sê, want hy wil in ’n kommunikasierigting werk. En Annamaria werk as 'n animeerder by Pixar Studios.

Een van my grootste skryfsuksesse was toe ek in 2016 die ATKVeertjie verower het vir my jeugverhaal Iewers vlieg daar fairy dust.

Lees my gewildste kortverhaal ooit, hier.


 

Meer hulp nodig met skryfwerk?

Gaan kyk dan gerus na my volledige skryfkursus SKRYF!

Onthou, hierdie les oor die beredeneerde opstel is gratis ingesluit by SKRYF!



KLIK HIER VIR MEER

INLIGTING OOR SKRYF!

Vrae wat gereeld opduik


Wanneer begin en eindig die kursus?
Die kursus begin onmiddellik en eindig nooit. Jy doen dit absoluut teen jou eie pas. Jy kan ook oor en oor na die les kyk en kan die werkboek en al die ander dokumente net soveel keer aflaai as wat jy nodig vind.
Vir hoe lank het ek toegang tot die kursus?
Vir altyd. As jy eenmaal ingeskryf het vir die kursus het jy lewenslank toegang. Ook tot enige opdaterings.
Wat gebeur as ek ontevrede is met die kursus?
Ek wil glad nie ontevrede studente hê nie. As jy ontevrede is met jou aankoop, laat weet jy my binne 30 dae daarvan en jy kry 'n volle terugbetaling. En dis gewaarborg. .
 

“Ek dink hierdie soort beredeneerde opstelle behoort verpligtend te wees vir enige tuisskoler en nie net vir diegene wat die GED® eksamen wil skryf nie.

“Dit leer ons kinders hoe om voortdurend vrae te vra en na te dink oor inligting wat verskaf word en om altyd bewyse te soek vir menings wat aangebied word.

“As ek die dinge sien wat gepubliseer word en wat aanlyn in die media gesê word, besef ek al hoe meer watter belangrike vaardighede hierdie is.” - Shirley Erwee

Begin dadelik!



GED® is ’n geregistreerde handelsmerk van die American Council on Education (ACE) en word uitsluitlik deur GED ® Testing Service LLC onder lisensie geadministreer.

Hierdie lesmateriaal word nie onderskryf en is ook nie goedgekeur deur ACE of GED ® Testing Service nie.