15-Minuut-Afrikaans

Net 'n kwartiertjie elke dag met dié taalkursus, en oor 30 weke verstom jou kinders almal met hulle kennis van Afrikaans. NUUT: Spel sonder sukkel bygevoeg

   Kyk na die video

Begin dadelik!



 


Moeilike vraag aan ma’s wat nog steeds sit en wroeg

hoe om taalonderrig vir hulle kinders

op ’n interessante, maar tog effektiewe manier aan te bied ...



As daar ’n stap-vir-stap manier was

wat nie te lank vat nie

en wat jy elke dag kon volg,

sou jy dan die selfvertroue gehad het

om Afrikaans met nuwe lus en moed te pak?

 

Hier is die rede waarom enigiets anders as ’n opgewonde “ja” op daardie vraag jou lewe as tuisskoolma baie moeiliker kan maak.



Goeie taalvaardigheid en Wiskunde vorm die twee pilare waarop jy jou kind se hele onderwyssukses bou.

Wat hier volg, kan beteken dat jy oor ’n paar maande terugkyk en gelukkige kinders sien wat anders dink oor een van daardie pilare – taalwerk en skryfwerk.


Miskien gaan dit met jou soos wat dit met Heidi Lamprecht gegaan het.

Sy skryf:

My dierbare seun haat skryf en as hy vir jou net EEN woord kan gee, sal hy. Daarby is sy handskrif iets vreeslik. Ek vermoed maar dat sy lae spiertonus ʼn groot rol speel plus dit vat te veel “effort” vir hom.


Heidi het geweet hoe belangrik dit is dat haar seun wel taalwerk doen en dat hy ook elke dag skryf. Hy het ook ’n jonger boetie wat nog in ʼn hoofstroomskool is en Heidi kon sien hoeveel werk die elke dag in die skool doen.


Dis sulke tye wat selftwyfel aan elke tuisskoolma begin knaag.

  • Doen ek genoeg?
  • Doen ek die regte dinge?
  • Is ek besig om my kind se toekoms op te duiwel?
 

Ma’s soos Heidi (ma’s soos jy!) is klaar ontsettend dapper om téén die stroom van die samelewing te gaan en te tuisskool.

Sulke ma’s het klaar bewys dat hulle die durf en deursettingsvermoë het om vir hulle kinders ontwerperonderwys te gee.

Hulle is klaar oorgehaal om vir hulle kinders net die beste te bied.



Hoekom sukkel so baie van hulle dan as dit by die dag tot dag se uitvoer van tuisonderwys kom?

Hoekom hou hulle nie vol met taalonderrig nie?


Hoekom bly dit ’n gedreig en ’n gesoebat om jou kind so ver te kry om Afrikaans te kom doen?

 

Die drie redes waarom taalonderrig vir die meeste ma’s net sug en sukkel beteken:


:

1. Diep in jou hart dink jy eintlik taalleer is sinloos


Jy het herinneringe van eindelose sinnetjies wat jy vir Afrikaanse huiswerk van lydend na bedrywend moes oorskryf.

Lyste en lyste spelwoorde en idiome wat jy uit jou kop moes leer – baie waarvan jy vandag nog steeds nie kan spel en nooit gebruik nie.

Moeilike begrippe (attributiewe adjektiewe, predikaat, adjunkte) wat jy moes leer en wat jy nog nooit weer in jou lewe teëgekom het het nie.


Wat jy en jou kinders nodig het, is NET GENOEG.


Net genoeg kennis van die struktuur van taal sodat julle dit effektief kan gebruik. Want dit is immers waaroor taalonderrig gaan – om van mense goeie gebruikers van die taal te maak.




2. Jy dink taalleer is vervelig


En geen wonder nie!

Jy het dit altyd in brokkies en stukkies geleer.

Voorbeeldsinne hier, ʼn los paragraaf daar.

Dit het boonop nooit onderwerpe gebruik wat vir jou interessant was nie.


Wat jy en jou kinders nou nodig het, is ’n manier van leer wat taal interessant aanbied. En boeiend!


’n Manier van leer wat rekening hou met die manier waarop ons almal taal in die eerste plek aangeleer het, sonder om die duisende oefeninge te doen.




3. Jy dink taalleer moet ure en ure vat


Jy dink aan al die baie periodes Afrikaans wat jy self op skool gehad het.

Al die onderafdelings van die vak.

Die dikke handboek.

En dan wonder jy of jy ook ure en ure moet spandeer daaraan.


Wat jy en jou kinders eintlik nodig het, is om elke bietjie taalwerk elke dag getrou te doen.

 

Die goeie nuus is dat daar wel ’n manier is om vir jou kinders

net genoeg taalleer

op ’n interessante en boeiende manier te leer

sonder dat die ure en ure hoef te vat.

Hoor ’n bietjie wat sê Heidi Lamprecht oor wat verder met hulle gebeur het:


15-Minuut-Afrikaans het so wonderlik vir ons gewerk. Dit was klein, kort stukkies om oor te skryf. Ek kon met tyd wel ’n verbetering in my seun se skrif optel. Ek weet my dierbare kind sal seker nooit ’n prys vir skoonskrif wen nie, maar ek is so trots op hom.

Hy was teen die einde ook baie trots op die “boek” wat hy geskryf het en dit oor ’n storie wat hy so goed ken en deel van sy versameling bedtyd-stories is waarna hy altyd luister.

Daarby is sy herkenning van woordsoorte ongelooflik. Met tye is hy beter as ek. Hy sit sy broer wat ’n jaar jonger is en in ’n hoofstroomskool is, ore aan as dit by die afbreek van ’n sin in woordsoorte kom. Om nie te praat van sy kennis van homonieme en homofone nie.

Glo my, ek beveel 15-Minuut-Afrikaans wyd en syd aan omdat die konsep daarvan vir my so goed werk – dit is kort en kragtig maar daar is ’n daaglikse inoefening van die woordsoorte wat meebring dat die konsepinligting vasgelê word.

Ek is so bly dat ek die oolfant kursusse ontdek het, want dit is prakties, “hands-on” en effektief.

 

Ek stel jou ook graag bekend aan:

15-Minuut-Afrikaans



Net 'n kwartiertjie elke dag met hierdie stap-vir-stap taalkursus, en oor 30 weke verstom jou kinders almal met hulle kennis van Afrikaans.

Jou instruktrise


Marisa Haasbroek
Marisa Haasbroek

Wie is ek om al hierdie dinge vir jou te vertel?

My naam is Marisa Haasbroek. Ek het twee kinders, Johannes (24) en Annamaria (22). Hulle was nooit een dag op skool nie. Alles wat hulle weet, alles wat hulle kan doen, het hulle hulself geleer. Onder my wakende oog natuurlik.

Ek is nou regtig wat mens ’n veteraantuisskoolma kan noem. Deur al die selftwyfel, deur al die gewroeg. Maar ook uiteindelik deur die verligting: tuisonderwys kan werk. Jou kinders kan baie suksesvol wees as jy hulle tuisskool. (Agterna het jy boonop kinders wat van jou hou en jy van hulle.)

Deesdae bly ons as gevolg van my man, Andries se werk in Amerika. Maar ons verlang nog steeds elke liewe dag met stukkende harte na biltong, braaivleis en blatjang. En om Afrikaans oral om jou te hoor. Veral dit.

Johannes is tans op kollege, soos hulle hier in Amerika sê, want hy wil in ’n kommunikasierigting werk. En Annamaria werk as 'n animeerder by Pixar Studios.

Een van my grootste skryfsuksesse was toe ek in 2016 die ATKVeertjie verower het vir my jeugverhaal Iewers vlieg daar fairy dust.

Lees my gewildste kortverhaal ooit, hier.


15-Minuut-Afrikaans is so ’n prettige kursus


“En is 15-Minuut-Afrikaans nie prettig nie! My 10-jarige tweelingseuns, wat altyd wou huil oor taalleerwerkboeke, is nou elke dag baie gretig vir 15-Minuut-Afrikaans. Steeds ʼn fees ook na 14 weke!” – Veronica Esterhuyse

Hierdie Afrikaanse kursus is een waarin ons baie leer
en waarvan my kinders hou

Riana Joubert, Saoedi-Arabië, tuisskoolma van Danae (12) en Waldo (10).

Ons bly al jare in Riyadh, Saoedi Arabië. Ek bestel altyd my handboeke al in Oktober en dan word dit by my ouers in Suid-Afrika afgelewer. Elke jaar sit ek met die probleem watter Afrikaans gaan ons die keer probeer. Ek kon tot dusver net nie iets vind nie wat ek voel die begrippe mooi verduidelik sodat ons genoeg leer én waarvan my kinders hou nie. Om nie eers te praat van iets wat nie te veel skryfwerk is vir my seun nie!

Tot en met graad drie kry jy ordentlike Afrikaanse programme, maar van daar is dit slegs boeke (met spelfoute in!) wat net nie vir ons werk nie. Toe ons laas jaar in Suid-Afrika kuier, hoor ek by ’n vriendin van 15-Minuut-Afrikaans. Ek was baie opgewonde en het dadelik navraag gedoen. Die res is geskiedenis. Ons gebruik 15-Minuut-Afrikaans en geniet dit.

Nadat ons week 2 gedoen het, raak my 10 jarige seun die volgende kwyt: “Mamma, hierdie nuwe Afrikaans is gelukkig nie baie skryfwerk nie, maar ek leer tog baie. Ek dink ek hou daarvan.”

Dis ’n groot kompliment, want in sy tien jaar het hy nog nooit van tale gehou nie!


’n Kursus wat vir my tyd spaar

Heidi Gouws, tuisskoolma van Silverton, Pretoria

My vier kinders is agt, nege, tien en twaalf jaar oud. Hulle is baie uiteenlopend, maar elkeen van hulle het my hulp nog baie nodig met boekwerk. 15-Minuut-Afrikaans werk perfek vir my, want ek kan drie uit die vier gelyk die klassie gee en dit help geweldig.


My dogtertjie geniet die storie baie

Michelle Calitz

My dogtertjie is tien en ons geniet 15-Minuut-Afrikaans en vind altwee baat daarby. Ons trek nou by week 7. Ek het vir haar ’n gewone lyntjiesboek gekoop waarin sy elke Vrydag al vyf sinne skryf soos wat die paragrawe moet wees en dit vorm “die storieboek” vir haar. Sy geniet die storiegedeelte en lees sommer met tye vir haar sewejarige boetie uit die “storieboek”en kan nou nie wag vir volgende week se storie nie.



Dankie, dankie baie! Ons is mal oor 15-Minuut-Afrikaans


Ilse Viljoen se tweetjies

Ons het aan die begin van 2018 begin tuisskool. My dogter was tot einde graad 3 in 'n hoofstroomskool, maar dit het al hoe "slegter" met haar begin gaan. Sy is nou 10 jaar oud.

Ons het in Februarie met 15-Minuut-Afrikaans begin. Ek was op soek na iets wat vir haar sal lekker wees, haar taalvaardighede sal verbreed en waaraan sy onafhanklik kan werk (Ek het ook 'n 7-jarige en as fisioterapeut werk ek ook 'n paar uur 'n week van die huis af.)

Sy sit nou op die oomblik en werk en ek kon nie anders as om 'n dankie boodskap te tik nie, 15-Minuut-Afrikaans is perfek vir haar en sy is MAL daaroor.

Eerstens oor die "storie" wat sy besig is om te skryf. Dit pla haar nie dat dit gaan lank vat nie — sy kan 5 ure aaneen Lego bou...

Tweedens die woordeboek wat sy so aanmekaar sit. Sy is net so mal daaroor. Dit is iets nuuts wat sy leer gebruik het en die manier waarop dit gedoen word.

Ek het in pediatriese neurologie gespesialiseer, en 10 jaar in die veld gewerk, voordat ons plaas toe getrek het, en die manier waarop hierdie program werk, maak vir my so baie sin.

Dus dankie, dankie baie! Ons is mal oor 15-Minuut-Afrikaans en sal êrens in volgende jaar met Sinne wat sing ook begin. – Ilse Viljoen


15-Minuut-Afrikaans was presies wat ons nodig gehad het

My seun van 10 is verlede jaar gediagnoseer met disleksie, nadat ek ’n groot stryd gehad het om hom te leer lees en ek natuurlik myself en hierdie tuisskool-ding begin betwyfel het. Hy is ’n vreeslike leergierige seun met die vermoë om te onthou soos ’n olifant. Ek en my man het van hy klein was besluit om hom te tuisskool, en ons besef dat dit maar net die Here se plan was, want hy sou nie die nodige hulp gekry het in ’n skool nie.

Die vroutjie wat die toetse gedoen het, het voorgestel ek doen net 1 sinnetjie op ’n dag met hom en fokus op net 1 woord. Ek het net voor ons hom laat toets het 15-Minuut-Afrikaans aangekoop en dit was vir my (en my seun) so wonderlik dat dit presies was wat hy nodig gehad het! Hy het kans gesien vir elke dag se bietjie en hy het dit werklik geniet.

Ek is so trots op my seun wat van ’n seun wat niks wil skryf nie verander het in ’n seun wat sommer ’n hele opstelletjie geskryf het oor die geskiedenis wat ons Woensdag gedoen het (ek het net gevra vir 3 goeie sinne). Ek kan nie wag om te sien wat hy nog vir my gaan optower nie. — Vidette Pretorius


Die kursus is so kort en kragtig!

My twee oudstes (10 en 12 jaar) doen 15-Minuut-Afrikaans en dit is regtig baie oulik! Veral vir my oudste seun wat aandagafleibaarheidsindroom (ADHD) het. Die “net 15 minute help baie, want dit is so kort en kragtig. — Drieka Jordaan


Die klein bietjies op ’n slag werk vir ons

Karen Badenhorst van Jan Kempdorp, tuisskool ’n agtienjarige, sestienjarige en dertienjarige al vir twaalf jaar.

Ons is nog op 'n vrolike pas met die lesse besig! Ek so verbaas oor hoe positief my seun (13) is. Hy is een van daardie klassieke tuisskoolseuns wat om de dood nie wou lees nie en skryf nog minder. Hy is meer op die huis se dak en in die motorhuis besig as agter enige boek. En toe kom 15-Minuut-Afrikaans se lesse oor ons pad en ek vra hom of ons dit kan probeer, net om die basiese van moedertaal te leer ken. Hy stem in en ons is nou by week 4!

Wat ’n vreugde ... 15-Minuut-Afrikaans se resep werk verseker, net klein bietjies op 'n slag. Dit maak hom nie moedeloos nie en hy is so positief (en ek so verlig!).

Sy sussie (16) het besluit om ook die lesse te doen en Maandae doen sy sommer die hele week s'n net vir haar eie verryking.


As natuurwetenskaplike is enige taalinsette
in my huis baie gaaf

Wanda Rossouw, tuisskoolma saam met haar man Deon. Wanda bly in Groblershoop in die Noordkaap en haar twee kinders (11, 12) is van altyd af getuisskool.

As ’n natuurwetenskaplike kon ek nog nooit die sin van taalleer insien nie. Jare gelede het ek besluit as mens nie tale gaan swot nie, jy op skool maar bloot deur die taalkunde moet kom. My eie belangstelling lê glad nie by taal nie. Ek moet plakkate teen die mure opsit dat ek net kan onthou wat is 'n “noun” of ’n “adverb” nou weer.

My elfjarige dogtertjie is egter ’n ander storie. Ek het haar hier in graad twee rond geleer van woordsoorte en sy onthou die definisies nou nog perfek. Sy skryf ook die lieflikste sinne vol beskrywende woorde wat ek in die woordeboek moet opkyk.

So in my huis is enige taalinsette gaaf, want dit kom glad nie natuurlik soos Wiskunde en ander natuurwetenskappe na my toe nie. Ek is ook glad nie kreatief met enige lesse nie. Daarom is ek so dankbaar vir 15-Minuut-Afrikaans.


Baie trots op die voorblad wat hy self geskep het


“Ek wil graag met jou 'n prentjie deel wat my 10 jarige seun, Adriaan, geteken het as sy voorblad vir sy 15-Minuut- Afrikaans boek. Hy is baie trots dat ek hierdie prentjie vir jou aanstuur.” - Sinet Venter.

In hierdie kursus met sy dertig lesse is 'n jaar se Afrikaanse taalwerk netjies vir jou verpak.

Dis die beste om aan 15-Minuut-Afrikaans as iets soos tande borsel te dink – ’n aktiwiteit wat julle elke dag moet doen. As jy en jou kinders die werk gereeld doen, sal jy sommer gou-gou sien hoe jou kinders beter spel, beter skryf en beter Afrikaans praat.

Deur elke dag net met een sinnetjie te werk en dit oor te skryf, gaan jou kinders geweldig baie leer. Hulle gaan onder andere die volgende leer:

  • hoe om leestekens reg te gebruik
  • hoe om die verskillende woordsoorte uit te ken
  • hoe om beter te spel
  • klinkers en medeklinkers uitken
  • woorde in lettergrepe leer klap (so waardevol vir spelling)
  • ten minste 150 nuwe woorde
  • woordstamme (nog ’n waardevolle wenk vir beter spelling)
  • beter leer skryf deur op te let na werkwoorde met woema en bywoorde en byvoeglike naamwoorde met byt

Die kursus bestaan uit die volgende:

  • ’n werkboek
  • 3 volledige onderwysersgidse

Al die werk is klaar vir jou gedoen. Al wat jy hoef te doen, is om die handboeke af te laai.

En geen gewag vir die pos om op te daag nie. Oomblikke nadat jy gekoop het, is die inhoud vir jou beskikbaar.

Die werkboek moet jy uitdruk (dis omtrent 100 A4-bladsye), maar die onderwysersgidse kan jy van jou rekenaar af gebruik as jy dit verkies. Dit staan jou natuurlik vry om wel die drie gidse ook uit te druk (elkeen van hulle is omtrent 150 bladsye).

En as jy van mooi boeke hou, is daar pragtige volkleurvoorblaaie beskikbaar!

Vir die hele kursus gebruik jy net een storie Die klein kleremakertjie word koning, wat ook by die kursus ingesluit is.

Die laaste twee lesse het videolesse by, waarin die storie ontleed en verduidelik word.


 

DAAR IS


BAIE MEER ...

 

In die NOTAS AAN DIE ONDERWYSER is daar wenke vir ekstra inhoud waaroor jy met jou kinders kan gesels as jy wil, soos waar sekere Afrikaanse woorde vandaan kom.

TAALPRAATJIES bevat ekstra idees vir gesprekke en speletjies oor taal. Soos om die woorde in lettergrepe te verdeel, te praat oor spelreëls of die “vervang met” speletjie te speel, wat jou kinders wonderlike insig in die struktuur van die taal gee. Hierdie is bykomende werk wat sommer mondeling gedoen word, maar wat vir jou kind ’n ryke ervaring van taalleer gee.


Hier is ’n ekstra bonus


Daar is drie vars hersieningstories vir jou beskikbaar wat jy kan gebruik om seker te maak jou kind kan die verskillende woordsoorte eien. Die idee is om hulle te gebruik aan die einde van Week 8, Week 16 en Week 24.


En hier is nog een


Elke week is daar ook ’n blokkiesraaisel beskikbaar waar jou kind sekere sleutelaspekte wat die week behandel is op ’n prettige manier kan inoefen. Die blokkiesraaisels is in die werkboek en die oplossing daarvan in jou onderwysersgidse.


Die unieke voordeel van ’n aanlyn kursus


Jy word nie op jou eie gelaat as jy hierdie kursus gebruik nie. Deur die loop van die eerste twintig weke sal jy ook gereeld e-posse kry wat vir jou bykomende raad, wenke, inligting en inspirasie gaan gee om die meeste uit jou kursus te haal.

Daar is ook oral plekke in die kursus waar jy vrae kan vra en kommentaar kan lewer.

En onthou, ek is net ’n e-pos ver as jy verdere navrae het.

 

EN DAAR IS


SELFS MEER ...

GRATIS BYGEVOEG BINNE-IN 15-MINUUT-AFRIKAANS


’n Kort aanlyn kursus wat jou gaan wys hoe om

jou eie, indiwiduele spelprogram op te stel

en vir eens en vir altyd die spelmonster te oorwin.



Spel sonder sukkel bestaan uit 10 kort videolesse waar 6 prosesse en 4 stappe behandel word om jou kinders effektief en sonder drama te leer spel.

Vind byvoorbeeld uit:

• Wat die 22 klanke is wat jy in Afrikaans moet ken

• Wat die 600 basiese woorde is wat mens in enige taal moet ken

• Wat is die 10 belangrikste spelreëls in Afrikaans waar die meeste foute voorkom

• Van ’n gratis en effektiewe manier om elektroniese flitskaarte te maak

• Hoe en hoekom jy prentjies moet gebruik

• Waarom die klank van die taal so belangrik is en hoe jy dit moet gebruik

’n Wonderlike werkboek is ook vir jou beskikbaar waarin jy stap vir stap jou eie spelprogram kan begin saamstel.

Ook ingesluit: die eerste 22 sinne, prentjies en klankopnames om jou te help om so vinnig as moontlik aan die gang te kom met jou eie spelprogram.

 

Kry twee gratis lesse as jy net eers 'n idee wil kry hoe dit werk


In die gratis kursus BEGIN HIER met tuisonderwys gratis & verniet is daar vir jou twee gratis lesse van 15-Minuut-Afrikaans beskikbaar.


Klik op die prentjie hieronder, skryf in vir die gratis kursus en laai die lesse af. Hulle is heelbo in die kursus.


Of KLIK HIER vir toegang tot die gratis lesse



As jy net eers ’n beter idee van die kursus wil vorm, klik op die prentjie hierbo

en kry instruksies hoe om twee volledige lesse gratis af te laai.

 

Vrae wat gereeld opduik


Wat het ek alles nodig vir 15-Minuut-Afrikaans?
'n Lyntjiesboek vir elke leerder, miskien ook 'n lêer om die taalreëls in te sit en dan ook toegang tot 'n woordeboek. Verder is alles vir jou ingesluit. Die storie van "Die klein kleremakertjie" skryf die kinders sin vir sin self. Jy het nie 'n bykomende boek daarvoor nodig nie.
Vir watter ouderdom is 15-Minuut-Afrikaans bedoel?
Die kursus is nie so seer ingestel op ’n spesifieke graad nie, maar is ’n volledige pakket om seker te maak enige kind se basiese kennis van Afrikaans is op ’n stewige grondslag. Ma’s wat die program getoets het, het gesê kinders van so tien jaar kon met hulp regkom, maar die twaalfjariges het dit regtig geniet. As jy ouer kinders het, laat hulle vinniger deur die dagstukkies werk. Die belangrike is om hulle fondament in Afrikaanse taalleer reg te kry.
Sê nou maar ek hou nie van 15-Minuut-Afrikaans nie?
As jy ontevrede is met jou aankoop, laat weet ons asseblief binne dertig dae en jy kry jou geld terug. Gewaarborg.
Vir hoe lank het ek toegang tot die kursus?
Vir altyd. Nadat jy ingeskryf het, het jy toegang tot die kursus vir so lank as wat jy wil. Jy kan toegang kry deur jou rekenaar, tablet, selfoon of enige ander toestel met 'n internetverbinding.
Wanneer begin en eindig die kursus?
Die kursus begin sodra jy daarmee begin en eindig sodra jy daarmee klaar is. Jy handel dit dus teen jou eie tempo af. Elke gesin kan die kursus ook oor en oor met verskillende kinders gebruik soos wat hulle die regte ouderdom daarvoor bereik.
I am a second-language user of Afrikaans. Can I use the programme?
The 15-Minuut-Afrikaans workbook can work very well for second-language learners. The teacher's guide is, however, currently aimed at first-language speakers. If your Afrikaans is good enough to follow the teacher's guide, you are more than welcome to use the programme.
Is 15 minute per dag regtig genoeg?
Ja, as julle dit getrou elke dag doen. Veral vir kinders wat nie baie van skryfwerk hou nie, is dit heerlik om te weet die werk is so nie baie nie. Maar vir jou as ma is daar die gerusstelling dat, amper sonder dat hulle dit agterkom, jou kinders aan die leer is en hulle hulle woordeskat en kennis van Afrikaans uitbou.
 

Om terug te keer na die vraag wat ek jou aan die begin gevra het:

Sit jy nog steeds en wroeg hoe om taalonderrig vir jou kinders op ’n interessante, maar tog effektiewe manier aan te bied?

Jy weet nou van hierdie stap-vir-stap manier wat nie te lank vat nie en wat jy elke dag kon volg. Dit gaan inderdaad vir jou die selfvertroue gee om Afrikaans met nuwe lus en moed te pak.

Waarvoor wag jy?

Begin dadelik!